Verkragting werklikheid

26 01 2010

‘n Meisie wat in Suid-Afrika gebore word, het ‘n groter kans om verkrag te word as wat sy het om te leer lees.  Aldus ‘n BBC berig in 2002. 

Ek het amper van my stoel afgeval toe die feit onder my neus geswaai word.  Ek aanvaar dat elke mens wat my pad kruis wel kan lees.  Moet ek nou aanvaar dat elke vrou wat my pad kruis verkrag is?  Indien sy nie verkrag is nie, dat sy wel nog verkrag gaan word?  Is verkragting ‘n geval van ‘n kwessie van tyd, iets wat wel een of ander tyd met jou gaan gebeur?  Skrikwekkende gedagte!

In 2003 was daar bereken dat 85.7% van Suid-Afrikaanse vroue bo 15 kan lees en skryf.  Met die BBC se feit, beteken dit dat 9 uit elke 10 vroue wat jy gaan ontmoet op een of ander tyd in hulle verkrag gaan word.  Die meeste mense is bewus van verkragting, maar verkies om te glo dat dit iets is waarvan jy net in koerante en tydskrifte lees.  Nie met mense wat jy ken nie.  

Dit is ‘n nare gedagte dat iemand wat jy ken ‘n verkragtingslagoffer kan wees, maar die moontlikheid kan nie buite rekening gelaat word nie.  Niemand verkondig dat hulle verkrag is nie.  Dit is makliker om dit weg te steek as om te erken dat iemand jou op die intiemste moontlike manier te na gekom het.  Vandag nog is daar mense wat dink die slagoffer dra skuld aan wat gebeur het. 

Net om ‘n paar ander statistieke te noem.  1 uit elke 3 vroue uit ‘n groep van 4000 het erken dat hulle die vorige jaar  verkrag was (dus in ‘n tydperk van 12 maande).  25% van seuns in ‘n groep van 1500 leerlinge dink gangrape is pret.  Die Mediese Navorsing raad het bevind dat omtrent 50% van mans al iemand verkrag het.  Die helfte van hulle het al meer as een vrou verkrag.  Ongeveer 500 000 verkragtings vind per jaar plaas, die meerderheid word nooit aangemeld nie. 

In 2000 alleen was daar 67 000 aangemelde gevalle van verkragting of seksuele aanranding teenoor kinders.  Daar is mense wat glo dat minder as 10% van die gevalle word aangemeld.  Suid-Afrika is die land met die meeste verkragtings en die meeste voorvalle van kinderverkragting.  Nie juis iets wat ‘n mens trots maak daarop om ‘n Suid-Afrikaner te wees nie. 

Dit troos darem dat die data 10 jaar oud is, maar ek kry niks wat aandui dat die prentjie in die tussentyd aansienlik verbeter het nie.  Dit is ‘n situasie wat nie geduld mag word nie.  Charlene Smith is ‘n verkragtingslagoffer en iemand wat haar beywer om verkragting in Suid-Afrika uit te roei.  Sy reken (in die BBC berig) dat verkragting aangespreek kan word op:

  • Die manier waarop ma’s hulle seuns opvoed.
  • Meer gemeenskap verantwoordelikheid oor die manier waarop gemeenskapslede hulle gedra
  • Beter polisiëring
  • Strenger vonnisse
  • Die hervorming van die geregtelike sisteem.

Stem jy saam met haar?  Hoe dink jy kan verkragting uitgeroei word?  Het SA noemenswaardig verbeter vandat die statistieke bekend gemaak is?  Weerspieël die statistieke die werklike prentjie of word dit oordryf?

Indien jy ‘n slagoffer is wat nie weet wat en hoe nie, lees asseblief hier

Breinvasbrand:  Wat is ‘n regmakende (corrective) verkragting? 

Breinlosbrand:  Nell was reg met aksie.


Aksies

Information

25 responses

26 01 2010
ekisanna

Jy is reg, dis skrikwekkend. Ek weet dat verkragting in die swart gemeenskappe ‘n alledaagse ding is (ek bedoel nie dit word so aanvaar nie, ek bedoel dit kom so gereeld voor). Wat my egter in die laaste tyd keer op keer skok is hoeveel vroue (onder die blankes), wat ek maar sal se “grand” vroue is, met seksuele molestering te doen gehad het in hul lewe. Moenie vra hoekom nie, want ek weet nie, maar die afgelope twee jaar het daar ‘n hele paar van hulle my pad gekruis en net vanmiddag het ‘n vrou wat as ‘n vooraanstaande in onse dorp geken word, my vertel dat twee van haar ma se vriende met haar gelol het toe sy ‘n tiener was en dat haar ma haar nie wou glo nie. Dit lyk vir my of dit ook heel algemeen in die blanke gemeenskappe voorkom maar daar is net nooit voorheen daaroor gepraat nie. Dit waarvan ek praat is nie altyd verkragting as sulks nie, maar ‘n gelollery en pogings tot verkragting.

27 01 2010
Xena Phoenix

As student het ons poppekas gaan hou om kinders bewus te maak van molestering, op ‘n mooi manier natuurlik. Natuurlik het ons eerste gemik om dit in die armer buurte te gaan doen, tot iemand ons vertel het dat dit is wat almal doen. Die kind in die vooraanstaande buurt kan net so vinnig en maklik gemolesteer word as in die swakker buurte. Behalwe dat niemand so dink nie en niemand moeite probeer doen om hulle te gaan help nie.

Ons is toe by snobbult in. By meer as een skool het die onderwysers onderwysers ons vertel dat hulle vermoed dat daar met die kinders gelol word. By die een skool was een van die onderwysers (skoolhoof of was dit nou koshuisvader, kan nie meer onthou nie) ‘n week later gearresteer gewees vir molestering.

26 01 2010
Louwie

Verkragtings is nie ongewoon in die blanke gemeenskap nie, dit is net ongewoon dat party daaroor praat. Selfs as `n pa sy eie kind verkrag hou die ma dit geheim. Hier by ons het selfs `n predikant dit probeer toesmeer toe sy hoofouderling sy dogter oor `n lang tyd seksueel misbruik het. Die hoofouderling was `n welgestelde man en het baie geld aan die kerk geskenk sien.
Dis siek!

26 01 2010
Wille Kjind Q

Siek! 4kin siek se ek jou! Daai arme kjind se hele lewe word opgedonner deur 2 persone wat veronderstel is om ‘goed’ te wees. Wag……. ek kots net gou!

27 01 2010
Xena Phoenix

Dit is skandalig dat mense in vertrouensposisies hulle magte misbruik. As laerskoolkind was ek geleer dat ‘n mens die polisie, onderwysers en predikante kan vertrou. Ek wonder of dit nog steeds aan die kinders geleer word? Dit is ‘n groot lieg.

27 01 2010
demoerin

Dit is baie hartseer. Dit is hartseer dat ouers nie meer hulle kinders ordenklik opvoed nie, dit is hartseer dat mense hulself slegter as diere gedra, en dit is hartseer dat mense te bang is om verkragtings aan te meld, of dink dit is nie die moeite werd om dit aan te meld nie.

27 01 2010
Xena Phoenix

Ek het nou die dag gelees dat die skrywer van “Dis ek, Anna” dikwels die boek saam met haar vriendinne bespreek het. Van hoe verskriklik dit was ens, sonder dat iemand ooit besef het dat sy die boek geskryf het.

Mense deel daardie gebeurtenis nie graag nie. Dit is net te traumaties. Wanneer jy wel hoor dat ‘n bekende verkrag was, het dit uitgeglip. Behalwe natuurlik as sy dit aangegee het die stelsel die stryd aanse.

In die hof gaan sy alles in die fynste besonderheid moet aanhoor en vertel. Daarby gaan die verdediging haar in flarde skeur, alles in ‘n poging om iets te kry waarop die skuldenaar vrygelaat kan word. Sy gaan uitgemaak word as ‘n slegte vrou wat daarvoor gesoek het. Alles snert, maar dit is wat keer dat vroue met hulle verkragtings na vore tree.

Daar is ook kulture waar verkragting as die man se reg beskou word. Selfs tale waar daar nie ‘n woord soos verkragting bestaan nie.

27 01 2010
Jayde

Sjoe – dis shocking !

27 01 2010
Xena Phoenix

A gloomy picture! Tog kan ons as ‘n land werklik iets daaraan doen as ons wil.

27 01 2010
Selene Phoenix

Hello julle!

Dis skokkend!!!

Vriende van ons wat donkie jare terug lede van die polisie was moes elke skooldag pouses by skole in Soweto gaan wag staan het by die meisies badkamers, want die dogtertjies (ons praat nou van graad 1’s en 2s) word keer op keer pouses daar verkrag. So toe vra die skool vir bietjie hulp om dit te probeer voorkom.

Dis regtig skokkend!!!! Groep verkragting wil ek nie eens oor praat nie… ek word sommer naar!!! Hoe kan iemand dink dis fun, of toe kyk hoe so iets gebeur?! 👿

27 01 2010
Xena Phoenix

😯 Wag staan by die kleintjies se toilette? Dit is BAD!!! Ag, nee.

27 01 2010
demoerin

😯 ing…. ongelooflik!

27 01 2010
Selene Phoenix

Xena en DMI
Jip… soos wagte! Dis hoe erg dit geraak het!
Weet nie hoe dit is vandag nie… maar ek vir een het altyd veilig gevoel by die skool. Kan jy imagine… te bang om toilet toe te gaan!!

27 01 2010
Xena Phoenix

Tweeling

Was dit seuns of mans wat die kinders in die toilet geterroriseer het? Dit is heeltemaal onaanvaarbaar dat daar mense is wat dink dit is net die normale verloop van die lewe.

28 01 2010
Skoor

Dit gaan oor opvoeding. En dit begin by die huis.

Dit gaan oor respek. En dit begin by die huis.

Ongelukkig is die siklus in sommige huise so faktap, dat dit ‘n sneeubal is tot in die derde en vierde geslag. Mens vorm mos maar jou menings en handel en wandel soos jy geleer het om te doen.

Aaklige skrywe. Of eerder aaklige topic. Aaklige waarhede.

28 01 2010
Xena Phoenix

Dit is baie waar wat baie hiervan in die huis begin. Ek het al gehoor van dogtertjies wat dink dit is normaal as hulle pa hulle verkrag. Hulle dink dit gebeur in alle huise. Hulle dink dit is hoe dit moet wees.

Hulle kry dus mans wat dieselfde doen. En laat dit toe, omdat dit so moet wees.

Hartseer. Aaklig. Maar juis hoekom vroue en kinders met kennis bemagtig moet word. Iewers moet hulle agterkom dat dit nie reg is nie. En die siklus net daar stop.

28 01 2010
Manic mary

Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. mans uit all walks of life verkrag.nie slegs diegene uit die agterbuurt nie,nie slegs die ongeleerde nie, nie slegs die kinders van verkragters of verkragders nie. oucksakes! mans uit alle walks of life verkrag. moenie opvoeding of gebrek daaraan vir alles in die lewe voor gooi nie. hoe fucked up kan dit wees?

28 01 2010
Manic mary

Die kerke het altyd n bek vol te se oor alles in die lewe. ek het nog nooit gehoor dat hulle kids seks voorligting gee nie. dis ook nie net dogtertjies wat verkrag word nie. aloemeer seuns loop deur. hoekom word kinders nie met kennis bemagtig in gr1 nie? of in kleuterskool? dan weet hulle van klein af wanneer om wolf te skree.

28 01 2010
Xena Phoenix

Hallo Mary

Baie welkom!

Jy is reg: mans van die preekstoel af tot die boemelaar op straat verkrag. En, nee, ek impliseer nie dat alle mans verkragters is nie. Net dat geen spesifieke beroep, status, inkomste of agtergrond bepaal of die man gaan verkrag nie. Net so bepaal ‘n man se beroep, status, inkomste of agtergrond nie of hy respek vir vroue gaan he nie. Sy opvoeding doen wel.

Ek vra om verskoning, my statistieke het op vroue gefokus. Die meerderheid wat verkrag word is vrouens. Ja, mans word ook verkrag en dit is vir hulle selfs nog meer traumaties as vir vrouens. Stats vir hulle is net moeiliker om te kry. Dit is vir hulle nog ‘n groter skande.

Vrouens kan ook verkragters wees. ‘n Vrou kan selfs ‘n man ook verkrag. Siek, maar nog ‘n realiteit.

Baie kleuterskole maak wel die kinders op ‘n mooi manier bewus van molestering. Dit behels iets soos niemand (behalwe Mamma) mag aan jou vat waar jou swembroek toemaak nie. Niemand mag vat waar dit nie vir jou lekker is nie. As iemand goed met jou doen waarvan nie hou nie, moet jy ‘n grootmens wat jy vertrou daarvan vertel.

Dit is teen die wet om ‘n molestering van ‘n kind nie by die polisie aan te meld nie.

28 01 2010
Skoor

So wat seg jy Manic Mary? Alle mans is dose en kerke is kak?

Wat, volgens jou dan, is die rede dat opgevoede, geleerde mans, dieselfde walglike dade pleeg as laeklas, onopgevoede luise?

Ek stem oor die kerke. As hulle geestelike en morele monderings vir kids kan uitdeel van kleins af, sal mense dalk versigtiger wees wat hulle met kinders aanvang!

28 01 2010
Manic mary

uhm, what about in die pastorie is mamma, pappa, my skat. stoel word vir jou en vir mamma uitgetrek. die deur word vir jou oopgemaak. goodness hy sal in n modder plas gaan le dat jy oorloop sonder dat gou skoene nat word. gaan sy kar om die hoek word jy gese bitch, bel daai ouho.er by die huis se sy moet f.k of ek wil n..i. goeie opvoeding wat ds sy seuntjie gegee het ne. hy verontagsaam hofbevel op hofbevel. die ou h.er by die huis, dis nou my ma, se tuinjong het beter maniere.

28 01 2010
Manic mary

ekskuus maar tuisopvoeding weersieel nie noodwendig in jou omgang met ander buite daai einste huis nie. respek? net tot mamma en pappa nie meer sien nie.

28 01 2010
Spinnekop

Ek stem saam met die dat die opvoeding wat ouers by die huis aan hulle kinders gee sal die grootste bepalende faktor wees wat sal bepaal of hy n verkragter sal wees en of sy verkrag sal word. Baie van die probleme word al van geslag tot geslag oor gedra. Baie van die ma,s wat niks doen as hulle dogters gemolisteer word was dalk self so behandel dit is hoekom sy dalk so n man gekies het om me te trou. Sy het n man gesoek soos haar pa. Net so die seuns wat mans word en dan vroue verkrag. As dit nooit in n huis gedoen was nie en dit onaanvaarbare gedrag was in die huis dan sal geen vrou toelaat dat n man aan haar slaan of nie eers aan verkrag te dink nie. So n vrou sal lank voor daardie tyd haar tas pak en trek. Maar die een wat in sulke omstandighede groot geword het sal dit verduur want sy dink dit is normaal. Om daardie siklus te breek dit is wat almal moet na poog want dit is baie moeilik vir die een wat dit aanvaar om daar uit te kom.

29 01 2010
Skoor

Mary, ek het nie regtig woorde of raad nie. Ek kan wel sien dat jy ‘n drukkie nodig het, en al wat ek kan bied is ‘n kuber druk (((MM)))

Sterkte.

29 01 2010
Manic mary

Ja spinnekop. dankie skoor. maar ek het darem nie n offerlam geword nie. my ma is my ma. sy ken van. ek het dit met genoem omdat ek weet, jou opvoeding het geen impak op jou omgang met ander nie. ek dink meeste mense mag verbaas wees oor wie die grootste varke is weg van hulle huise. dikwels is die dier in ons almal magtiger as die beste opvoeding.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: