O wat is geld . . .

17 01 2020

money-down-drain

Nou die dag begeer ek so effens op AirBnB rond.  Nie dat ek al ooit in een gebly het nie, maar dit kan mos nie skade doen om te weet wat beskikbaar is nie.

Nou moet ek noem, dat ek met ‘n swaar hart meer as ‘n R1500 / nag vir akkommodasie betaal.  As ek uitstedig is, wil ek beslis so min as moontlik tyd in die hotel of gastehuis deurbring.  Ek soek maar min – gee my ‘n skoon bed, ‘n privaat badkamer en wifi, dan is ek tevrede.  In die prysklas, kry ‘n mens gewoonlik ook ‘n puik ontbyt.

Soos ‘n mens rondkrap, rek ‘n mens se oë vir die R3000 p/n kamers en verstik jy amper oor ‘n R12000 kamer.  Mensekinders, dit is nog niks.  Hoe klink ‘n villa teen R150 000 per nag?

Goed en wel, daar kan 12 mense daar slaap – jy het ‘n uitsig oor die see en die villa kom met ‘n butler en chef.  Maar regtig?  R150 000?  Wie het soveel geld?

Vir R150 000 gaan hou ek (met ‘n maatjie) vir ‘n maand lank vakansie in Europa.  Ons sal in skoon privaat kamers, met privaat badkamers, wifi en ontbyt bly.  Ons sal die meeste besienwaardighede kan aftik, rondtoer en self aandenkings koop.

O ja, ons sal ook veroordeel word dat ons geld mors.  Baie mense sal wat gee om dit as ‘n jaarlikse salaris te kry, dit is amper 3 keer die minimum loon.  R150 000 kan ‘n Kia Picanto koop, maar nie veel meer nie.  Dit bly darem ‘n skaflike deposito vir ‘n kar.  Helaas, dit sal fyn soek kos om dit as ‘n deposito vir ‘n huis aan te wend.  Veral as jy registrasiefooie aan oordragskostes in gedagte moet hou.  Ek weet nie eers of dit genoeg is om ‘n baie basiese operasie te dek nie.

Eintlik is R150 000 niks.  Niks, maar beslis baie meer as wat in my spaarvarkie is. 

Breinvasbrand:  Watter land strek oor die meeste tydzones?

Breinlosbrand:  Olga was reg met die Haaie.    


Aksies

Information

10 responses

17 01 2020
Toortsie

Wat geld aanbetref, jy sê reg. Australië?

21 01 2020
Xena Phoenix

Geld is deesdae regtig ‘n vloekwoord.

😉 Dan is daar die mense wat hulle huise kan uithuur vir R150000 / nag. Sug!

21 01 2020
Toortsie

En hulle kry huurders, want dit is ‘n image ding. En verhuur hulle dit net vir 1 nag in ‘n jaar lag hulle alreeds al die pad.

21 01 2020
Xena Phoenix

Wel, hulle moet nog die butler en chef betaal. 😉 Dalk is die een ‘gade ‘n butler van beroep en die ander ‘n chef.

21 01 2020
Toortsie

Toen teen een.

17 01 2020
Olga

Frankryk?

17 01 2020
Olga

met daardie bedrag gaan koop ek ‘n instant dieet, wat beslis gaan werk. maw, hulle kan my boude en my maag so bietjie kleiner suig. Dit gaan darem meer as een enkele nag hou.

21 01 2020
Xena Phoenix

Gaan R150000 so ver strek? Of gaan hulle jou vet gebruik om nog ‘n vet rekening te stuur?

17 01 2020
Olga

Amerika?

11 09 2020
Anonimicus

en in ons eie land is soveel Afrikaners wat deesdae post-beurtkrag pos-covid leef op minder as R1000 per MAAND.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: