Chariots of Fire 014

2 01 2010

Algemene Kennis

  1. Aan watter universiteit word Ikeys verbind?
  2. In watter atletiek item blink Caster Semenya uit?
  3. Wie is die huidige adjunk-president van Suid-Afrika?
  4. As wie is Marvin Lee Aday beter bekend?
  5. Watter bekende se dogter, Chastity,  het onlangs bekend gemaak dat sy ‘n geslagsverandering wil ondergaan?

Uilspieel 

  1. Hendrik Cronje; Chris Linford; Heino Schmitt
  2. Kameelperd; Renoster; Buffel
  3. 16 Junie; 9 Augustus; 31 Mei
  4. Albatros; Volstruis; Emu
  5. Orpen; Satara; Varschfontein

Liedjiepret

‘n Gespanne stilte daal op die groepie hooggeplaasdes neer.  Operasie Vertakking Dagbreek se tyd het nou aangebreek.  Die generaal druk die knoppie en die troepe kilometers van die raadsaal spring in beweging.  Hulle is hiervoor opgelei en al kos dit hulle lewe moet hulle nou hulle plig doen.  Hulle is nie verniet gebore in die VSA nie.  Hulle is die helde wat verseker dat almal vanaand veilig kan slaap.

Nommer kopkrap

 3; 5;  __; __; 11

Toorwoorde

  1. Vegtenue?
  2. LAG?
  3. Wat beteken die idioom:  Maljan tussen die hoenders?
  4. _  _ L  _ _B _  _ _
  5. DAGLOOI