Bo Redelike Twyfel

5 12 2009

Ek wonder soms of ek nie ‘n goeie prokureur sou maak nie.  En ek bedoel om iemand te verdedig in die hof.  Die bewyslas is op die staat.  Jy moet net gate in hulle bewyse steek of op die minste redelike twyfel skets.  Niemand kan skuldig bevind word as daar wel redelike twyfel is nie.  Redelike twyfel het met welsprekenheid te doen en soms ‘n goeie skoot intimidasie.  Ek kan intimidasie doen. 

Jurie Els is gister vry gespreek op alle klagtes teen hom.  Die regter het ‘n paar interessante goed kwyt geraak.  Volgens Els het die waarheid geseëvier, maar ek wil graag direk hier aanhaal. 

“het ’n suspisie teen die beskuldigde, maar ’n suspisie is nie genoeg nie”.

Eerstens dat Klay beslis motief gehad het vir sy aantygings, Huisgenoot het hom R10 000 vir dit betaal.  Klay was glo ‘n patetiese getuie, wat homself weerspreek het.  Klay was die enigste getuie en dat sy geloofwaardigheid “ernstig gewankel het”. 

Klay is wel gemolesteer iewers in sy lewe.  Dr Elsabé Swanepoel kon die hof daarvan oortuig as ‘n onafhanklike sielkundige.  Die wie kan nie uit ongeloofwaardige getuienis bewys word nie.  Die hof kon hom glo ook nie as ‘n totale leuenaar afmaak nie. 

Die regter het ook genoem dat jaloesie van “een of beide partye nie uitgesluit is nie.”  Die regter het ook aangedui dat Els se breedsprakigheid hom nie beindruk het nie.  Els was glo daarop uit gewees om sy eie beuel te blaas. 

Chris Eksteen het ook uitgewys dat Els niks gedoen het om Klay te help nadat hy vermoed het dat Klay wel gemolesteer het nie.  Volgens hom het Els het as pa-figuur soveel te meer die plig gehad om die “whistle blower” daaroor te wees

Het Els regtig rede om fees te vier?  Ek dink daar is redelike twyfel daaroor.


Aksies

Information

18 responses

5 12 2009
ekisanna

Ek moet se, ek was nogal verstom oor die uitspraak, maar wat ookal die uitspraak was, altwee sal straf uitdien vir nog baie jare wat kom. Gewete is ‘n snaakse ding en spreek nie so maklik vry soos daardie regter nie en, lets face it, as die media eenkeer jou vuil wasgoed voor die hele volk gewas het kan al die water in die see nie weer die vuil seepskuim uitspoel nie.

5 12 2009
Xena Phoenix

Baie welkom in n Bos Onbekend. Ek hoop dat ons jou dikwels hier gaan opmerk.

Ek dink die afgelope 2 jaar het die media gewys daar bestaan nie iets soos lojaliteit nie. Ek dink Weideman het eenkeer genoem dat Suid-Afrikaners nie daarvan hou om smerige goed omtrent hulle eie te lees nie. Sy het duidelik van plan verander.

Ons sal nooit weet wat regtig gebeur het nie. Ek wonder wie gaan nou eerste n boek skryf: Els of Klay

5 12 2009
Wille Kjind Q

Ons regs stelsel laat veel tewense oor. Jakop regop Zoom Zoom is julle president en as hy kan wegkom met ‘moord’, dan kan die res seke ook ma.

Laat ek en jy nou gat kak aanjaag dan bevind hulle ons skuldig, sluit ons toe en moer die sleutel weg.

5 12 2009
Xena Phoenix

Is Zoom-Zoom nie ook jou president nie?

5 12 2009
Wille Kjind Q

Nee! En nogmals NEE!

5 12 2009
Olga

dalk, net dalk is ou zoom nie so vry soos ons of hy dink nie. hy lyk deesdae vreeslik bedremmeld.

5 12 2009
Xena Phoenix

As hy minder aanjaag en net goed belowe wat hy kan gee, sal hy wel kan rus.

5 12 2009
Spinnekop

Ek dink Klay het gedink dat hy gaan in die kollig kom en dat dit van hom n held gaan maak. Nou is hy maar net nog n huisgenoot pateet. As daar nou een gatmaak tydskrif is is dit die huisgenoot. Die trailer trach van Suid Afrika handleiding. Die tydskrif maak die afrikaner se naam gat ek kan nie dink dat daar nog mense is wat dit ondersteun en dit koop.

5 12 2009
Xena Phoenix

Sad but true. Sensasiegenoot was altyd n tydskrif van gewone mense vir gewone mense. Deesdae is dit net n geskinder.

5 12 2009
Olga

ek het al my opinie uitgespreek oor wat weidevrou van huisgenoot gemaak het.

7 12 2009
demoerin

Skuld/Onskuld in die hof het dikwels nie regtig veel te maak met of jy werklik skuldig is nie, maar ook hoe geod jou prokureur/advokaat was en hoe pateties die regter/landdros was……
As die hof jou onskuldig bevind is dit in die oë van die gereg, maar nie noodwendig waar nie.

7 12 2009
ingrid

Die van julle wat my ken weet, ek stem saam, redelike twyfel … Die regstelsel is pateties waar die by sake soos molestering kom en niemand steur hulle aan redelike twyfel nie.

7 12 2009
Xena Phoenix

Regswese is ‘n klug. En ek praat in die algemeen, nie oor die spesifieke saak nie

30 11 2021
Sonia

Maar is jy nie ook n regsgeleerde nie? Ek is seker ek het dit op die wingerd opgetel.

7 12 2009
ekisanna

Is daar nie ook ‘n verskil tussen “onskuldig bevind” en “vrygespreek” nie?
In die eerste bevind die hof dat jy onskuldig is op die aanklag maar in die
tweede bevind die hof slegs dat daar nie voldoende getuienis teen jou is nie
en dat daar dus twyfel bestaan oor jou skuld of onskuld.

7 12 2009
Olga

of dalkies gaan vrygespreek oor die feit dat daar niks bewys kan word wat jou skuldig maak nie. behalwe die klaer se woord. die regter sou nie vir els vrygespreek het sonder wel deurdagte gronde nie. patricia lewis en sonja herold se kennis en verswyging van n misdaad ten spyt. n dr kon geen bewyse van sodomie of konklusiewe bewyse van anale penetrasie vind nie. dit is ook n feit.

7 12 2009
Olga

ek praat onder korreksie. maar gegrond op die hof se uitspraak, het klay geen gronde vir n siviele saak nie. dit gaan n say you say me speletjie in die hof word. terwyl els nou defnitiewe gronde vir n siviele eis het om sy reis en verblyf koste te dek. ook sy verlies aan inkomste.

4 10 2021
Boeta B

Kan n mens skuldig bevind word vir seksuele molestering,nadat n dokter geen bewyse van penetrasie by die klaagster kan vind en dat sy steeds n maagd is maar die klag teen die persoon is verkragtin?

Lewer kommentaar