Oplossing 017

23 01 2010

Algemene Kennis (1)

  1. Pretty Belinda (Jayde / Maxie / Nell)
  2. Jon Venables en Robert Thompson (Maxie/Nell)
  3. Bloemfontein (Maxie/Nell)
  4. Om die identiteite van die misdadigers in hulle insetsel bekend te maak en besonderhede rondom hulle wapens te verskaf. (Maxie/Nell)
  5. Groen, geel, swart en Wit (Maxie/Nell)

Uilspieel  (2)

  1. Daleen Joubert –  Anchien Troskie is Elbie Lötter (Maxie/Nell)
  2. Zahara is Angelina Jolie en Brad Pitt se aangenome dogter en die ander hulle biologiese kinders (Maxie/Nell)
  3. Albertina Sisulu is die naam van die R21 deurpad, die ander is sokker stadions (Maxie/Nell)
  4. Sweedse dollar; Bestaan nie (Maxie/Nell)
  5. Zola Budd het Britanje en Suid-Afrika in die Olimpiese Spele verteenwoordig en die ander het net SA. (Xena)

Liedjiepret (2; bonus 1)

  1. I am who I am – Gloria Gaynor (Jayde*/Maxie/Nell)
  2. Under pressure – Queen and David Bowie (Maxie/Nell)
  3.  The gambler – Kenny Rogers (Maxie/Nell)

Bonus:  Maxie:  I am what I am – Jonas Brothers; Chances = Air Supply; Chances = Five for Fighting; Taking chances = Celine Dion; On the beach = Chris Rea; On the beach = Neil Young; On the beach = Cliff Richard; Dream = Miley Cyrus.  Nell:  Whether you like it or not – Disciple; Lazy – Latoya; Lazy Mood – Frankie Carle; Lying On A Beach – Joel Plaskett; Taking Chances – Celine Dion; I’ll never dream – Kaskade; Ever dream – Nightwish;  Against all odds – Phil Collins

Nommer kopkrap (3)

12  &  20  (Nell)  (a+a²; b+b² . . . ) (Mense wat dink hulle is so slim, is nie altyd so vreeslik slim nie: a × b; b × c . . .  werk ook.  Soos laasweek.)

Toorwoorde (1, behalwe nr 5 – 3 na ‘n leidraad net 1)

  1. Blouerige verkleuring van die vel as gevolg van te min suurstof in die bloed. (Maxie/Nell 👿 vir ‘n halwe antwoord)
  2. Persoonlike Identifiserings Nommer (Maxie/Nell)
  3. Al jou geld in een skema belê (Maxie/Nell)
  4. Maxie:  sektes; rektou; dokter; doktor; vektor; rektum; saktyd; boktor; diktes; kaktus; lektor; faktor; tiktak; sektor
  5. Vegkuns (Maxie/Nell)

Maxie:  45

Nell:  34

Jayde:  2

Xena:  Eierkop van die Jaar

Gaan asseblief die punte na en laat weet my as daar foute is.





Chariots of Fire 017

23 01 2010

Algemene Kennis

  1. Wie woon in ‘n boothuis op die rivier?
  2. Wie was skuldig bevind aan die moord op James Bulger?
  3. Waar sal jy die Nasionale Vrouemonument kry?
  4. Hoekom is E-tv gedagvaar om volgende week in die hof te verskyn?
  5. Watter kleure is voorgestel om moontlik voortaan die kleure vir sport spanne in Pretoria te wees?

Uilspieël 

  1. Elbie Lötter; Anchien Troskie; Daleen Joubert
  2. Shiloh; Vivienne; Zahara
  3. Peter Mokaba; Moses Mabhida; Albertina Sisulu
  4. Sweedse Dollar; Kanadese Dollar; Australiese Dollar
  5. Marianne Kriel; Zola Budd; Amanda Coetzer

Liedjiepret

 Ek is wie ek is, of jy nou daarvan hou of nie. So gemaak en so laat staan.  Onder druk is ek net so onbeskof soos wat ek is wanneer ek in ‘n luilekker luim op die strand lê.  Die dobbelaar in my hou daarvan om kanse te vat wat niemand ooit sal droom kan slaag nie.  Die kanse steur hulle nie aan ander se slimhede nie.  Mense wat dink hulle is so slim . . .

Nommer kopkrap

2;  6;  _; _;  30

Toorwoorde

  1. Sianose?
  2. PIN?
  3. Eiers in een mandjie?
  4. _ _K T_ _
  5. VUNGKES – vir selfverdediging