‘n Meisie wat in Suid-Afrika gebore word, het ‘n groter kans om verkrag te word as wat sy het om te leer lees. Aldus ‘n BBC berig in 2002.
Ek het amper van my stoel afgeval toe die feit onder my neus geswaai word. Ek aanvaar dat elke mens wat my pad kruis wel kan lees. Moet ek nou aanvaar dat elke vrou wat my pad kruis verkrag is? Indien sy nie verkrag is nie, dat sy wel nog verkrag gaan word? Is verkragting ‘n geval van ‘n kwessie van tyd, iets wat wel een of ander tyd met jou gaan gebeur? Skrikwekkende gedagte!
In 2003 was daar bereken dat 85.7% van Suid-Afrikaanse vroue bo 15 kan lees en skryf. Met die BBC se feit, beteken dit dat 9 uit elke 10 vroue wat jy gaan ontmoet op een of ander tyd in hulle verkrag gaan word. Die meeste mense is bewus van verkragting, maar verkies om te glo dat dit iets is waarvan jy net in koerante en tydskrifte lees. Nie met mense wat jy ken nie.
Dit is ‘n nare gedagte dat iemand wat jy ken ‘n verkragtingslagoffer kan wees, maar die moontlikheid kan nie buite rekening gelaat word nie. Niemand verkondig dat hulle verkrag is nie. Dit is makliker om dit weg te steek as om te erken dat iemand jou op die intiemste moontlike manier te na gekom het. Vandag nog is daar mense wat dink die slagoffer dra skuld aan wat gebeur het.
Net om ‘n paar ander statistieke te noem. 1 uit elke 3 vroue uit ‘n groep van 4000 het erken dat hulle die vorige jaar verkrag was (dus in ‘n tydperk van 12 maande). 25% van seuns in ‘n groep van 1500 leerlinge dink gangrape is pret. Die Mediese Navorsing raad het bevind dat omtrent 50% van mans al iemand verkrag het. Die helfte van hulle het al meer as een vrou verkrag. Ongeveer 500 000 verkragtings vind per jaar plaas, die meerderheid word nooit aangemeld nie.
In 2000 alleen was daar 67 000 aangemelde gevalle van verkragting of seksuele aanranding teenoor kinders. Daar is mense wat glo dat minder as 10% van die gevalle word aangemeld. Suid-Afrika is die land met die meeste verkragtings en die meeste voorvalle van kinderverkragting. Nie juis iets wat ‘n mens trots maak daarop om ‘n Suid-Afrikaner te wees nie.
Dit troos darem dat die data 10 jaar oud is, maar ek kry niks wat aandui dat die prentjie in die tussentyd aansienlik verbeter het nie. Dit is ‘n situasie wat nie geduld mag word nie. Charlene Smith is ‘n verkragtingslagoffer en iemand wat haar beywer om verkragting in Suid-Afrika uit te roei. Sy reken (in die BBC berig) dat verkragting aangespreek kan word op:
- Die manier waarop ma’s hulle seuns opvoed.
- Meer gemeenskap verantwoordelikheid oor die manier waarop gemeenskapslede hulle gedra
- Beter polisiëring
- Strenger vonnisse
- Die hervorming van die geregtelike sisteem.
Stem jy saam met haar? Hoe dink jy kan verkragting uitgeroei word? Het SA noemenswaardig verbeter vandat die statistieke bekend gemaak is? Weerspieël die statistieke die werklike prentjie of word dit oordryf?
Indien jy ‘n slagoffer is wat nie weet wat en hoe nie, lees asseblief hier.
Breinvasbrand: Wat is ‘n regmakende (corrective) verkragting?
Breinlosbrand: Nell was reg met aksie.
Wie runnik saam?