Die Merrieperd gevertel my altyd dat ek aan ‘n tak moet hang. Sy is ook maar lekker mal in die toon. Daar is nooit takke wanneer sy dit sê nie. Moet ek dan nou eers ‘n boom toor voorlat ek aan die tak kan hang? GRRRR!!! 👿
Gelukkig het een van die tannies hierso ‘n boom beplant. Nou kan ek die heeldag aan takke hang. Ek weet nie hoekom nie. Gmf! Ek is ‘n heks, nie ‘n voëltjie nie. Vir wat moet ek in die takke wees? Dit maak net my arms lam.
Ek kan nie vandag lank kuier nie. Tannie Ougat vervel en ek moet vir haar ‘n liedjie sing. Ek moet nog oefen ook.
Tannie Ougat vervel
Sy is 108 jaar oud
Omdat sy baie rooi koeldrank drink
En Simba tjips eet.
Totkyk Maatjies.
Breinvasbrand: Wat was die boomagtige figure wat in Lord of the Rings gekry is?
Breinlosbrand: BB was reg met Matti Makkonen.
Wie runnik saam?