Ek weet nooit wat om vir iemand te sê aan iemand wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het nie. Hier is ‘n paar woorde van wysheid. Sit gerus by as jy kan.
Voorbeeld: To live in the hearts we leave behind is not to die.
Ek weet nooit wat om vir iemand te sê aan iemand wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het nie. Hier is ‘n paar woorde van wysheid. Sit gerus by as jy kan.
Voorbeeld: To live in the hearts we leave behind is not to die.
When someone you love becomes a memory, the memory becomes a treasure.
Death leaves a heartache no one can heal, love leaves a memory no one can steal.
Life is eternal and love is immortal; And death is only a horizon, And a horizon is nothing save the limit of our sight. – Rossiter W. Raymond
Death ends a life, not a relationship. – Jack Lemmon
Love is stronger than death even though it can’t stop death from happening, but no matter how hard death tries it can’t separate people from love. It can’t take away our memories either. In the end, life is stronger than death. – Unknown
There are things that we don’t want to happen but have to accept, things we don’t want to know but have to learn, and people we can’t live without but have to let go. ~Author Unknown
There is a sacredness in tears. They are not the mark of weakness, but of power. They speak more eloquently than ten thousand tongues. They are messengers of overwhelming grief…and unspeakable love. –Washington Irving
Light a candle, it’ll help to remind you
Of your time together on earth,
and as the flame flickers, remember
Her kindness, her goodness, her worth.
So, glow little candle, that briefly,
You’ll know that her memory can’t die,
As you see her sweet face in the glowing,
Shed a tear, say a prayer, then goodbye.
Baie dankie hiervoor. As ‘n mens se woorde tekort skiet, help hierdie gedagtes om meegevoel en empatie oor te dra!
Ek weet daar is meer vrae as antwoorde wanneer iemand na aan jou sterf, maar wie is ek om ‘n vraagteken te plaas waar God ‘n punt gesit het?
Om Pappie aan die dood af te staan het ek die geleentheid gekry om in diep nadenke te besef dat ons lewe so vol was as wat ons dit vir mekaar kon maak en ons sou dit net so oorgedoen het sou ons nou weer die kans kry. Daarom se ek dankie my pappie dat jy my lewe volgemaak het en ek vertrou dat jy vol van my liefde na jou ewige rusplek binne is. Ek sal ons proses om mekaar se lewe voller te maak altyd onthou want dit is nie elke seun wat só ‘n wonderlike pa kan hê nie.
Jou boodskap aan jou pa het trane in my oë gebring.
Baie dankie vir hierdie bemoedigende woorde.Dit gee n klei nietjie troos baie dankie
Die dood is die enigste ding waarvan ons nie kan wegvlug nie, maar wees getroos dat ons eendag weer bymekaar sal wees in die lewe
ek het nie ‘n geliefde nou aan die dood afgestaan nie maar, het besluit om jou bydrae te lees. Dit het my net opnuut laat besef hoe ons ons verhoudinge met ons geliefdes moet opknap, uitbou en instand hou. Môre het iemand anders die trooswoorde hierbo nodig wanneer jyself gesterf het en jou geliefdes moet getroos word. Kom ons waardeer mekaar solank ons mekaar nog het. Pieter
Die dood is so ongelooflik finaal, die hartseer so groot dit voel soos ‘n ton wat jy moet saam dra. Die trane word later minder maar die gemis word net elke dag grooter
Sommige kere gebeur hierdie dinge in ‘n mens se lewe omdat God wil hê ons moet stop en ons weë verander en te besef dat ons nietige mense is en dat ons ons hart se deur moet oopmaak sodat Hy saam met ons maaltyd kan hou. Die Dood is regtig waar nie finaal nie want ons geliefde kommunikeer sommige kere op verskillende maniere/media’s met ons.
Hierdie woorde is ware pleisters vir die siel
Geen
Ja ..vir mense wat nog nie hierdeur is nie , is dit maklik om te praat …. die diep seer , verlange en eensaamheid kan mens nie in woorde beskryf nie. Tog verdoof dit met tyd. Ons wat agter bly se lewens moet aan gaan , ons moet al voel dit ons kan nie…. En wanneer ons beurt kom sal ander ook oor ons soo voel , sal ons plekkie ook vir altyd leeg wees … Maak nou tyd om met jou geliefdes te praat , te sê “Ek is lief vir jou” … want more is dalk te laat en verwyte help niks … beteken niks!
Opregte kinders van JESUS wat in die Waarheid uit die Woord van GOD gaan nie dood nie. Hulle slaap in n sallige rus in hul grafte tot die wederkoms van JESUS CHRISTUS tot die ewige lewe. Sondaars die gaan sterf tot die ewige dood want hul eie keerstellings is nie die Waarheid van GOD nie.
Ek sal baie graag daarvan hou as julle my net instruksies kan gea hoe om mense te help tydens dood.
Al is dit met bemoedigings boodskappe
Hi daar julle. Ek het my pa verloor en het vir hom n gedig geskryf wat my baie gehelp het. Soms het n mens nie woorde nie maar ek het my woorde omgesit in die.Ek deel graag hom met julle want dit help my tot vandag toe nog om hom soms te lees as ek hom so vreeslik mis.
Pappa
Dit is vroeg in die more, met n donker om my met n gedreun van n huilende stem.
Ek hoor dofweg jou pa is dood….dood aan n hartaanval nou net.
Kan dit waar wees die nuus wat ek hoor?
Ek sak in een met hande wat my nou omvou
Met trane wat vloei een na die een….
My pa, my pa is dood – dit is al wat ek kan se
Met n hart vol seer, weet ek – ek moet hom beheer.
Hier staan ek nou voor jou my pa
Met woorde wat uit my mond nou rol
Met trane wat weereens vloei…
Pappa waar is jy? Waar gaan pappa heen?
Liewe Heer wees my pappa genadig asseblief
Ons almal het ons foute nes my pappa
Ek vra U mooi wees my pappa genadig asseblief.
Met n sagte asem soek ek my hand
My hand wat uitrek na my pa
Pappa jy is koud….wens jy wil net praat
Maar al wat ek hoor is n stilte om ons rond.
Ek is jammer ons moes weer so ontmoet
Ek gaan pappa weer verlaat, maar weet…..
Ek het pappa tog so lief.
Pappa jy het nou gaan rus
En ek weet pappa het my oneindig lief
Dankie pappa vir al die tye saam met jou….
Pappie sal altyd onthou word
Ons sal jou nooit vergeet.
Rus in vrede pappa
Eendag ontmoet ons weer
Totsiens pappa….totsiens
Ek het jou tog so lief.
Rensia Eysele.
Dankie vir die gedig dis pragtig ons is’n paar dae terug deur dieselfde trauma. Weet nog nie hoe ons daardeur gaan kom nie. Maar eending weet ons verseker hy is op die regte plek
Ek lees julle komentaar (mostert na die maal). My pa is al 6 jaar oorlede….en ek het iets geleer….sodra ‘n dogter ‘n pa verloor…het die lewe ‘n manier om ‘n mens te boelie. Ek mis my pa ongelooflik baie…so so baie.
Afrikaans sal waardeer word.