Hoe ry die heksies . . .

22 01 2010

Ek soek ook wiele en ‘n heks kan nie besems koop met wieletjies nie.  👿 Myse ouma Heldina het altyd gevertel hoe hulle in die oudtydse dae met beestewaens gery.  Ander dag het ek mos vir Tannie-Oom Voor-ge-Stel op sy plaas gekuier.  Hy was nie daar nie, maar hulle het my baie rooi koeldrank gegee.  Rooi koeldrank wat pryse gewen het en ek het nie eers een gesien hardloop nie.  😯

Die Tannie-Oom het ‘n beestewa gehad.  Ek ken van beestewaens, Ouma Heldina het een in haar sitkamer gehad.  Sommer vir die gif en ongif het sy altyd gesê.  Ek het gedink, hier is my kans.  Ek gaan vir my wieletjies hi-jill.  :mrgreen:  Gmf!  😡  Die Tannie-Oom Voor-ge-Stel se beestewa is lekker stukkend.  Dit wou g’n niks loop nie. 

Grrr!  Ek het toe besluit dat ek die kar wil ry.  As die Merriegriet my nie wil leer nie, sal ek maar myselwers leer.  😯  Karre is nie gemaak vir heksies nie.  As ek by die voetgoed is, kan ek nie aan die wiel raak nie.  By die wiel, is die voetgoed weer te ver.  😥  Ek moet amper bo-op die wiel sit en dan agter toe kyk as ek wil ry.  Die kar is lelik met my.  Boe Hoe Hoe Hoe!!  😥  😥 😥 😥 😥 😥 😥 

Tannie Ougat het gesê net pliepers ry self.  En ons is nie nie pliepers nie.  Ons laat ander mense ons rondry.

Breinvasbrand:  Voltooi:  Aanstap rooies . . .

Breinlosbrand:  Maxie was reg met Rebecca Wells.