Julle het so pas op die geheime woud van Xena Phoenix, die Herriemerrie afgekom. Welkom.
Wie ek is, is nie ‘n maklike antwoord nie. Ek kan myself nie ‘n ‘n houer druk nie en ek daag enige iemand uit om te probeer. Ek is temperamenteel, maar nie emosioneel nie. Ek raak nie betrokke nie, maar gee tog om. Ek is onversetlik in my menings, maar kom soms vir die mees onwaarskynlikes genade kry. ‘n Rots waarteen jy te pletter kan loop, maar ook ‘n rots waarop jy kan steun.
Herriemerrie het ek al lank terug vir myself gesteel het. Dit het ‘n ontembaarheid en onverstrokkenheid wat vir my onweerstaanbaar is. Meer nog, waarmee ek identifiseer. Vuur en passie, wat ek wel het, maar te lui is om te toon. Selfs ‘n perd van vuur moet soms wei en water drink. Sy sal dus in ‘n woud gevind moet word.
Herriemerrie is net ‘n titel. Ek het ‘n naam ook nodig en die naam wat ek gekies het is Xena Phoenix. Xena omdat ek ‘n vegter is. Ek veg al is die die oorlog al lankal verby. Phoenix, want niks kry my onder nie. Ek sal altyd beter en sterker deur enige moeilikheid kom.
Aangename kennis.
Aangename kennis Xena die Herriemerrie Phoenix
Corrie Lacante (06:03:05) :
Hi,ek ken vir Trudie en ek was lank trug in kontak met ha.Ek het nou eers op die af gekom en my hart is baie seer,ek het nie n epos van ha of nommer nie dit het nou las jaar gebeer ASB ek moet weet is SY en die KIDS OK ASB,nou wat die mense se op die comments is nie reg nie hul ken ha nie sy is deur baie meer as eenage iemand wat ek al ooit tee gekom het.SY is baie lief vir ha KINDERS vir al vir LUAN HY was en is nog HA HART se PINT asb moet nie verkeerd DINK van HA nie ASB,kan jul asb my lat weet ek weet dit is n jaar later ma ek moet weet asb my. Email : lacantecorrie@gmail.com my cell: 0762984682 Groot asb. Dankie
Dis heeltemal goed vir ‘n About bladsy – jy moet eintlik nog net ‘n foto van jouself opsit.
Verkieslik met ‘n yslike swaard in die hand.
Welkom Eelt
😉 Ek sal kyk of ek aan die foto kan werk. Miskien.
Ek kon sweer ek het hier gecomment???
Niks wat ek gesien het nie. Comment maar weer. 😆
Baie aangename kennis.
Hi Herriemerrie,
Vandag weer in die land van die bloggers aangekom, loer nou gou oral in om “Hallo” te sê.
Sterkte met al die gevegte wat Xena nou gaan baklei!
Welkom terug, alma.
Xena – net om jou my epos-adres te gee sodat ons Vlam se boek kan sirkuleer. Dan kan jy my epos en ek sal posadres aanstuur.
Marelize
Waar’s jy heen?
Ek is nou ‘n fan van herriemerrie!
Aangename kennis, Xena!
Hallo Xena…..ek het sommer so toevallig op Herriemerrie afgekom, nogal lekker om so in Afrikaans met mense te kan gesels en dit oor begrafnis blomme.
Ek gesels weer, wou net eers kennis maak
Hallo Xena…..ek het sommer so toevallig op Herriemerrie afgekom, nogal lekker om so in Afrikaans met mense te kan gesels en dit oor begrafnis blomme.Ek gesels weer, wou net eers kennis maak
+1
Welkom Alec. Loer gerus weer in.
haloOo Xena.
Baie random vraag, hoe lank blog jy al? 🙂
Hi Rissie
Welkom! Ek blog amptelik vanaf Oktober 2007, maar is sedert Januarie 2008 by WordPress en sedert Oktober 2009 hier.
hi almal
ek soek raad vir swanger word enige iemand
Hi, i think that i saw you visited my blog thus i came to “return the
favor”.I’m attempting to find things to enhance my web site!I suppose its ok to use some of your ideas!!
Hiehiehie! Onverskrokke, reguit met vuur en passie.
Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sê hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/
Goeiedag, ek is mal oor die vuurfoto. Mag ek dit asb gebruik op ‘n facebook groep?