Presidensiële kwytskelding

10 01 2010

Presidensiële kwytskelding beloof om meer drama te verskaf as enige sepie of film ooit sal kan doen.  Sjoe en effens meer as ‘n jaar terug het ek gedink die COPE en ANC verwikkeling is so interessant as wat politiek kan word.  Ek het my eintlik deeglik met Zuma misgis.  Die man weet hoe om die aandag op hom gevestig te hou. 

Rapport het ‘n baie interessante artikel omtrent die presidensiële kwytskelding.  As ek dit nou regverstaan, gaan Zuma Shaik kwytskel, kom wat wil.  Om gemoedere te paai gaan hy nog ‘n klomp opspraakwekkende persone kwytskel, in die hoop dat Shaik se kwytskelding ‘n druppel in die emmer sal wees.  Onder andere Eugene de Kock om die Afrikaners se monde te snoer en die IVP ondersteuners wat vir verskeie redes in die tronk sit.

Persoonlik laat De Kock my koud.  Ek het ‘n baie vae idee wat by Vlakplaas aangegaan het.  Dieselfde geld vir die IVP ondersteuners, geen mens word vertel wat hulle aangevang het nie.  Blykbaar is hulle vrylating ‘n groter doring in die ANC se vlees as De Kock se vrylating.  (Met die dat die ANC teen De Kock en veral die IVP ondersteuners se vrylating is, sal hulle steun aan Zuma taan?) Ek hoop eintlik Shaik kry sy kwytskelding.  Sien, ‘n mens kan nie kwytgeskeld raak as jy nie oortree het nie.  Deur Shaik kwyt te skel, erken Zuma dus skuld.

Maar terug na De Kock.  Ek haal spesifiek drie van die onthullings wat in Rapport aangehaal is aan:

  • Die regering De Kock se kennis oor die mentaliteit, werking, insypeling en bevegting van onwettige moordbendes, soos regses of Moslem-ekstremiste, wil bekom en glo reeds gebruik het (ekstreme regse groepe haat De Kock hieroor) 

Dit maak inderwaarheid baie sin, De Kock het die kennis wat nie in die nuwe regering ontkiem is nie.  Deesdae moet almal maar versigtig wees vir enige ekstremiste.  Maar . . . beteken dit dat De Kock sal kan optree na eie goeddunke of ‘n aanbeveling vir iemand gee om op te tree soos hy dink dit die beste is om die situasie te ontlont?  Kom ek wees reguit, sal De Kock kan dood of laat dood soos hy goeddunk?  En sal dit nou regwees omdat dit vir die ANC regering gedoen word? 

  •  Dié harde ANC-kern gepaai sal word met ondernemings dat De Kock apartheidspolitici sal uitwys wat dan strafregtelik vervolg sal word. Hiertoe is De Kock bereid

Natuurlik is De Kock hiervoor te vinde.  Hy is die enigste een wat vervolg is vir wat op Vlakplaas gebeur het.  Na 13 jaar in die tronk, sal hy lus wees om iemand anders in die tjoekie te sien.  De Kock mos iewers opdragte, gesag en mandaat gekry het.  As hy skuldig is, is hy nie alleen skuldig nie.  Dit verander die hele kwytskeldingprentjie.  De Kock se vryheid in ruil vir groter visse.  Staatsgetuie dus en nie kwytskelding nie.    Ek gaan nou oor versoening praat, maar dit lyk vir my na vervolgingslus. 

  • Zuma die De Kock-kwytskelding sal aanbied as versoeningsgebaar jeens Afrikaners. Afrikaanse vertrouelinge verseker hom “as jy De Kock vrylaat, sal die Afrikaners jou toejuig, al laat jy Shaik vry

Huh?  Nee, regtig, as Zuma regtig versoening soek, kan ek hom aansienlik beter raad gee.  Om net een voorbeeld te noem, los die plekname uit en gee die versekering dat die dorpe en stede se name nooit verander sal word nie.  Tog lyk dit asof die die vertrouelinge ‘n punt beet het.  59% van Rapportlesers voel dat hy vrygelaat moet word, 19 % voel hy moet sit en 22% voel ‘n veer.  Skielik verlang ek weer na oom Winston.  Ek praat dan nie eers oor die reaksies op die berigte wat hieroor handel nie. 

En hier is ons nou, angstig oor die volgende episode.  Al die drama omdat Zuma alles denkbaar gedoen het om sy dag in die hof te vermy.  Lieg De Kock dalk of toon hy ware berou?  Sal tyd ons ooit leer?

Wat dink julle van die nuutste sepie in Suid-Afrika?

Breinvasbrand:  Waarvoor word Vlakplaas sedert 2007 gebruik?

Breinlosbrand:  Ents, Treebeard is een van hulle gewees.





Oplossing 015

10 01 2010

Algemene Kennis (1)

  1. Kahn Morbee, Neil Pauw, Glenn Hodgson, Paul Hodgson (Nell/Maxie)
  2. Nico Panagio (Nell/Maxie)
  3. Tugela Waterval (Nell/Maxie)
  4. Senzangakona kaJama (Nell/Maxie)
  5. Istanbul (Nell/Maxie)

Uilspieel  (2)

  1. Net een dorp in Suid-Afrika is Lichtenburg, terwyl die ander twee name twee dorpe in SA is (Maxie)
  2. Melanie Safka was nie lid van die Spice Girls nie.  (Nell/Maxie)
  3. Pietersielie is ‘n tipe kruie en die ander is speserye. (Xena)
  4. ‘n Mens kry nie ‘n Nobel prys vir Wiskunde nie  (Nell/Maxie)
  5. Francesca Johnson se rol was deur Meryl Streep gespeel en die ander was karakters van Susan Sarandon  (Nell/Maxie)

Liedjiepret (2; bonus 1)

  1. Who Says – John Mayer  (Wie sê)
  2. Eight Days a Week – Beatles   (Nell/Maxie)
  3. Manic Monday – Bangles   (Nell/Maxie)

Bonus: Nell:   Weekend – Black Eyed Peas;   Thankful- Kelly Clarkson;  It’s all in my head – Katie Melua;  I can’t win – Usher;  Hope- Dixichicks;  Hope – Jack Jackson;  Complain – Tweet, Nobody hears – Suicidal Tendencies.  Maxie:  all in the mind = oasis; weekend = scooter; sunday = bloc party;  hope = twista; hope = r.e.m.; moan = cute is what we aim for; weekend special = brenda fassie; win = david bowie; win = brian mcknight; unlucky = scarlet road; thankful = kelly clarkson; thankful = josh groban

Nommer kopkrap (3)

63 & 189 (Nell/Maxie)

Toorwoorde (1, behalwe nr 5 – 3 na ‘n leidraad net 1)

  1. Tipe slee, meestal op rollers, waarmee daar op sneeu of ys na onder gegly word (Nell/Maxie)
  2. Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (Maxie)
  3. Te laat opdaag vir iets. (Maxie)
  4. Huldeblyk (Xena)
  5. Dialoog  (Maxie)

Nell:  27

Maxie:  35

Xena:  4