Huiswerkers en Covid-19

17 03 2020
poodle lying on comfortable bed

Photo by Roberto Nickson on Pexels.com

Is dit toevallig dat Ramaphosa die land in ‘n noodtoestand omtrent die Corona virus verklaar het op ‘Ides of March’?

Goed en wel, dit is al vir ‘n paar weke aanduidings dat COVID-19 meer as net ‘n effense ontwrigting gaan wees.  Tog is dit asof die paw-paw Maandag behoorlik die fên getref het.  Vergaderings wat soos domino’s wegval, afsprake wat gekanselleer word, handreinigers wat sommer met die intrapslag by die kantoor in jou gesig gedruk word.

Suid-Afrikaners het besluit hulle moet iets meer doen omtrent die Corona uitbraak as net memes maak.  Hulle gaan nou boonop vir goud.  Alles goed en wel vir ‘n week of twee, maar wat gaan gebeur as die storie vir 6 maande of 6 jaar aanhou?  Tyd sal seker leer.

In elk geval, daar loop ek toe ‘n artikel raak dat dat Suid-Afrikaners hulle bediendes op betaalde verlof moet plaas terwyl die pandemie voortwoed.  Ek is ‘n redelike mens en kan die meriete van die saak insien.

Aan die een kant, as jou werker vir meer as een huis werk, moet jy in ag neem wat sy daar kan optel.  Al groet jy haar nie met die hand nie, werk sy met jou wasgoed, skottelgoed, bed, oppervlaktes ens.  Baie plek om die virus aan jou oor te dra, veral aangesien die virus glo vir 9 dae op ‘n oppervlakte kan oorleef.  Dit is iemand wat dus die COVID-19 op jou huis kan kom afdruk.  Wie gaan nou in elk geval alles ontsmet nadat sy haar werk gedoen het.

Aan die anderkant – as werkgewer is jy verantwoordelik vir haar gesondheid onder jou dak.  Dus, kan jy verantwoordelik gehou word as jy die oorsaak is dat sy die Corona virus opdoen.  Behoede jou veral as sy dalk sterf daarvan – al is die wet vir nou nie baie duidelik nie.

Goeie geldige argumente.  Dan kom ‘n politikus en laat jou weer oor die wysheid wonder om enigsins ‘n huiswerker te hê.  Volgens Phumzile van Damme:  “Oh, and you can clean your own house.  You can’t risk a life just because you don’t want to clean or do your own garden.”

Weet jy wat, Phumzile? Ek kan my eie huis skoonmaak; beter, vinniger en met aansienlik minder frustrasies as met my werker.  My luiheid, waarna jy so neerhalend verwys, gee ‘n arm vrou ‘n inkomste waarvoor sy haarself nie dood hoef te werk nie.  Sy is nou dalk nie die bes betaalde werker in die land nie, maar sy het min rede om te kla.  Deur my eie huis skoon te maak, besef ek dalk dat sy nie die frustrasie werd is nie.  Ek wen ‘n paar rand, sy verloor ‘n beduindende aandeel van haar inkomste.   Boonop kan ‘n snotty politikus soos Phumzile van Damme dan nie op my luiheid neersien nie.  Dit is voordelig vir my, ek sal Van Damme wys waar Dawid die wortels gegrawe het, maar dit is die werker wat vir die gelag gaan betaal.

Daar is ‘n lied wat gaan:  “Whatsoever you do, to the least of my brothers, that you do unto Me.” So ja.  Ek is die sucker wat maar weer die politieke bollie sal opvreet.  Ek sal die risiko van die werker oorweeg en daar volgens handel, sonder om haar te na te kom.

Wat gaan julle doen omtrent julle huis- en/of tuinwerkers?  Sal julle betaalde verlof oorweeg?  Vir hoe lank?  Dink julle dat dit ‘n beduidende risiko is?

Breinvasbrand:  Waar was die eerste gevalle van COVID-19 aangeteken?

Breinlosbrand:  Vuurvliegie was reg met Ragab.


Aksies

Information

3 responses

23 03 2020
Kuifie

Die huidige geskag politikusse is wereldwyd n grap. Ek sou graag wo weet hoeveel tuinwerkers en huiswerkers in hulle of dan veral in phumzile se huis rond sluip. Die virus het eerste in Wuhan China getref. Het julle geweet Zuma het ook maar buurlandburgers wat vir hom werk en dat hy hulle gereeld aanrand.

23 03 2020
Olga

Jy kan verseker rus man. As jou huiswerker weet wat Me van damme se, dan kan jy verseker weet sy kry lekker tot in haar kleintoontjies. Vertel haar om voortaan by die me te gaan aanklop vir haar werk. As ek ‘n huiswerker gehad het, het ek haar verseker hierna die deur gewys. Ek woon nou te ver van ou Bettiie, die Pedi’s se vrou. Sy sou in elk geval eerder haar agterent geswaai het en my gese het waar om die me se wortels te gaan grawe.

10 04 2020
mnrnel

betaal hulle volledig vir elke dag wat hulle mis. My werkster kom een maal in 2 weke in vir my grot en sy los hom spiekeries elke keer. Probleem: Sy het nie ‘n bankrekening nie maar sy het ‘n telefoon. haar geld wag totdat sy weer kan terugkom. lyk soos 4 dae se pay = R880. dit gaan help om sekere stukke te kan optel waarvan ek nie eers bewus is nie. Sy kry ook elke week Airtime van 120 sodat sy met haar mense in Zim kan whatsapp. Ek wil haar amper groet met ‘n diep omhelsing en ‘n kus soos in gone with the wind.

Lewer kommentaar