Algemene Kennis
- Wie was die matriekseun wat twee laerskoolkinders gered het voordat hyself in die Henly-on-Klip ongeluk omgekom het?
- Wanneer was Ruben Kruger as die Saru speler van die jaar aangewys?
- Aan watter lugredery het die Boeing 737-800 behoort wat die week in die Middellandse See by Beiroet, Libanon verongeluk het behoort?
- Oor wie se lewe handel die fliek Skin?
- Wat moet jy eet vir ‘n 25 uur dag?
Uilspieël
- Sonette Ehlers; Charlene Smith; Jaap Haumann
- Bobby Riggs; Billy Jean King; Martina Navratilova
- Beet; Kool; Raap
- Pride and Prejudice; First Impressions; Sense and Sensibility
- Chardonnay; Merlot; Shiraz
Liedjiepret
Ek is slimmer as wat ek sterk is. Tot my frustrasie is ek nie eers sterk genoeg om my eie flesse oop te maak nie. Geen deksel ontmoet my halfpad nie, hulle kry te lekker as ek my as afsukkel. Daar moet seker ‘n kunsie daaraan verbonde wees, maar dit is bokant my kaggel. Hulle kyk op hulle neuse, want dit maak nie saak nie. Ek kan altyd die buurman vra om die gunsie vir my te doen.
Nommer kopkrap
4; 8; _; _; 20
Toorwoorde
- Emendasie?
- ABSA?
- Waar Dawid die wortels gegrawe het
- _ _ C _ _ S
- LENAHALEVTAN
Wie runnik saam?