Necessary Evil

6 01 2010

Daar is tye wat ek mense wat nie eet nie kan beny.  As jy nooit eet nie, sal daar nooit skottelgoed wees nie en sal jy dit nooit hoef te was nie.  Mens kan nie van wegneemetes lewe nie.  Wel, nie as jy graag nog jou huis soms wil verlaat nie.  Papierborde help nie veel nie.  Jy moet nog steeds die houer afspoel en messegoed word ook vuil. 

Ek het nog nooit van iemand gehoor wat daarvan hou om skottegoed te was nie.  Ek is iemand wat gelukkig die minimum skottegoed het.  Ek eet net een ete ‘n dag by die huis en gebruik oor die algemeen net een koppie.  Ek het op ‘n stadium alles netjies op die wasbak gebak en my blind gehou.  Wanneer daar genoeg was om ‘n was te regverdig, het ek dit alles op een slag in vuurwarm water gewas.  In praktyk het dit beteken ek was eers wanneer ek nie meer ‘n skoon bord of bak het nie.  Nie baie higiEnies nie, baie slordig en nog steeds baie werk.  Deesdae spoel ek alles af reg nadat ek dit gebruik het.  Ek maak selde kos, dus was ek nooit kos nie.

My ma vertel ons altyd by die huis dat sy gekook het, daarom is dit nie haar plig om skottelgoed te was nie.  Dit is seker regverdig.  Sy was darem die skottelgoed wanneer een van ons skottelgoed was.  Regverdig beteken nog steeds nie dat dit ‘n plesier is om skottelgoed te was nie.  Ongeag van hoe lekker die kos was, dit sou baie lekkerder gewees het as daar nie nog skottelgoed was nie.

Ek is nie oortuig is dat ‘n skottelgoedwasser noodwendig minder moeite is nie.  Iemand moet tog alles in die apparaat pak en dit weer van daaraf uit te pak.  Ek stel voor dat ‘n mens jou skottelgoed moet eet.  Of alles breek en weggooi wanneer jy daarmee klaar is.  Dit sal ‘n heel nuwe besoedelingsprobleem skep.  Dus, ons sit daarmee.  Sug!! 

Hoe werk die skottelgoedwas in jou huis?  Wat is die beste raad om dit te vermy?  Is daar iets positief in skottelgoedwas?

Breinvasbrand:  Wie het in 1886 ‘n die voorloper van die moderne skottelgoedwasser; wat in 1893 by Chicago’s World Fair bekend gestel is; uitgevind, omdat haar bediendes die china gebreek het?

Breinlosbrand:  Maxie was reg met Lina Melina.





Jong ma’s

6 01 2010

Ek het gister ‘n vraag gevra oor Lina Medina, die wêreld se jongste bevestigde ma (sien foto hierbo).  Sy was 5 jaar, 7 maande en 21 dae oud gewees toe sy in 1939 geboorte geskenk het aan haar seun, Gerardo Menina, met ‘n keisersnit in Peru.  Haar pa was aangekla van verkragting en bloedskande, maar hy was vrygelaat weens ‘n gebrek aan getuienis.  Lina was nie in staat om te verklaar wat met haar gebeur het nie.  Die baba het as haar boetie groot geword en was 10 jaar oud gewees toe hy besef het hoe die vurk in die hef steek.  Gerardo het net 40 jaar oud geword voordat hy as gevolg van probleme aan sy beenmurg gesterf het.  Lina het net een ander kind gehad, hy is in 1972 gebore toe sy 39 jaar oud was.

Skrikwekkend soos was Lina se storie is, moet ‘n moet ‘n mens onthou dat sy die enigste bevestigde en opgetekende geval was van ‘n 5 jarige wat swanger was. Daar mag ander gevalle wees wat nie opgeteken was nie of nie onder professionele mense se aandag gebring is nie.   Sy was terloops 8 maande oud gewees toe sy begin menustrueer het.  Punt is dat 5 jariges vandag nog verkrag word, maar genadiglik raak hulle nie almal swanger nie.  So iets is dus nog moontlik, afskuwelik soos dit klink.  Ek dink ek hol weg as ek moet swanger wees, ek kan net dink hoe skrikwekkend dit vir ‘n kleuter moet wees.

Sy is nie die enigste jong meisie wat mamma geword het nie.  Ek het die interessante artikel op Wikipedia raakgeloop oor die wêreld jongste ma’s.  Nie een van hulle is al twaalf jaar oud nie.  Dit gebeur vandag nog en nie net in Derde wêreld lande nie.  Hier is die wat nie eers 10 jaar oud was nie. 

  • In Desember 2006 het ‘n meisie van Peru dmv ‘n keisersnee geboorte geskenk aan ‘n baba van 2 kg.  Sy is der twee van haar neefs verkrag.  Sy het ‘n paar dae na die geboorte 9 jaar oud geword.  
  • Hilda Trujillo het 1957  ‘n dogter van 2.7 kg gehad in Peru.  Die 9 jarige se 22-jarige neef was vir haar verkragting gearresteer.  
  •  Wanwisa Janmuk was ook 9 toe sy in 2001 in Thailand ‘n dogtertjie gehad het.  Die pa was haar 27 jarige man.  Die Thaise wet laat toe dat ouers vir hulle minderjarige kinders huwelike mag reel.  
  • n 9 jarige meisie van Singapoer se ma het gedink dat sy ‘n urieneweginfeksie gehad het maar toe was sy 6 maande swanger met haar seun.   Die baba is in 2004 gebore, sy pa was saam met die ma op skool.  
  • Desember 2005 het ‘n meisie van Rwanda die ma van ‘n seun geword.  Sy het al borste gehad toe sy 6 jaar oud was en het begin menustrueer toe sy 8 was.  Sy was verkrag deur die die bediende wat vir haar ouers gewerk het.  
  • In Apurinã, inboorlinge van die Amazone het geboorte gegee aan ‘n dogtertjie van 2.2 kg.  

Ek wonder of daar ooit ‘n dag sal kom dat kinders vry van molestering sal wees.  Geen kind, nee, geen mens behoort gedwing te word tot seksuele dade nie.   Ek hoop dat niemand ooit Lina Melina se rekord breek nie.