SMS Aasnes

Ek is nie juis geseënd met gevleuelde woorde nie.  So wanneer dit by spesiale geleendhede kom, is ek soms in ernstige nood.  Ek wil iets ouliks stuur, maar daar is niks geskiks op my selfoon nie en my kreatiwiteit is weg.  Wat dan?  Daar is nie altyd ander fone daar om van te aas nie.

Daarom het ek hier aan gedink.  Ek weet daar is websites wat in SMS’e spesialiseer en ek sal wel later hulle links gee.  In die tussen tyd, gaan ek ‘n forum skep waarmee mense hulle besonderse sms’e kan deel.  Onthou, iemand gaan dit op een of ander stadium leen.  Hopelik kry jy nie jou eie sms terug nie.

Die aanvanklike groepe waaraan ek gedink het:

Hou asseblief by een sms per comment.  Om duplikasies te vermy sal ek dit soms deurgaan en alles wat meer as een keer op is verwyder. 

Enige voorstelle, opmerkings, klagtes en besware, laat weet my gerus.

4 responses

14 02 2010
SMS AasNes « Herriemerrie

[…] SMS Aasnes […]

26 02 2010
ellablou

doen jouself ‘n guns as jy wil lag. http://www.textsfromlastnight.com. Dronk sms’e. Van hulle moet bietjie gesensor word, maar jo ek lag my dood vir daai mense!

26 02 2010
Xena Phoenix

Baie welkom hier, Ellablou.

Ek hoop ons gaan jou nog baie in die toekoms sien.

Ek sal beslis gaan loer.

24 12 2014
Nico

Ek het lanklaas so ‘n mengsel van lig en duisternis op een webtuiste gesien. Skokkend, eintlik, as jy daaraan dink. Natuurlik sal jy daarmee niks verkeerd sien nie want dit is dan ook juis hoekom jy die heilige en die diabolise so saam saam aanbied. Mag God jou help dat jy tot nugterheid sal kom voor dit vir jou ook te laat gaan wees. Die Bybel sê as jy ‘n vriend van die wêreld is, word jy ‘n viand van God en as jy die wêreld liefhet dan is die liefde van die Vader nie in jou nie. Watter gemeenskap het die lig met die duisternis en het die duiwel met Christus. As jy sê dat jy God life het maar in die duisternis wandel dan lieg jy en doen nie die waarheid nie, Aldus 1 Johannes.

Lewer kommentaar