Die Berg Tafel

15 01 2010

Daardie Kaapplek is ‘n snaakse plek.  😕 Ek dink hulle is in ‘n ander land.  Laas toe ek daar was, wou ek daardie snaakse berg wat soos ‘n klip lyk gaan klim.  Dit lyk so plat en maklik om te klim.   Aikona!  👿  Die mense daar is te lui of hulle is bang dat die wind hulle gaan afwaai.  Hulle klim die klip met draadkarretjies.   

Maatjies, julle gaan dink ek praat ‘n lieg.  😀 Ek is ‘n ordentlike heks, ek lieg nooit soos die ou Perse nie.  Dit is Olifant-draadkarretjies waarmee hulle die berg klim.  ‘n Tou trek hom tot heelbo.  Daar sit iemand binne in die draadkarretjie, hy moet hom tot heelbo bestuur.  Sonder ‘n stuurwiel. 😯  Ek kon my eie neus nie glo nie.  Die draadkarretjie draai ook al om die ronde.  Hy speel seker vrot klippe.  Hie Hie Hie. 

Die berg lieg ook maar lekker.  Dit is g’n niks plat daarbo nie.  😡  Daar groei plante en hoppels.  Ek het almal my nek geknoop omdat ek oor ‘n hoppel geval het.  Die mamparra daarbo is asemhaling.  So mooi.  Ek wil ‘n sterretjieskombuis daarso vir my bou en altyd daar bly.  Daar is see reg rondom die berg.  😯  Hulle kroek ook maar lekker.  Die regte berg is daarbo weggesteek.  Kyk, hier sit ek bo-op.

Groot skelms!  😈  Geldkoopstorie as jy my vra.  As hulle die regte berg onder sit, hoef ek mos nie draad kar te ry nie.  GRRRR!

Breinvasbrand:  Wanneer het A J S Lewis die Tafelberg kabel spoor amptelik geopen?

Breinlosbrand:  !Khoisan X.





Nuusbrokkies

15 01 2010

Die grootste bohaai van die dag is seker ‘n vrou wat eers gestop het toe die metropolisie haar band stukkend geskiet het.  Sy het op haar selfoon gepraat terwyl sy bestuur het.  Sy sou ‘n R500 boete gekry het, maar verskyn later in die hof op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, verset teen inhegtenisneming, crimen injuria, aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging.  Sy het ondermeer probeer om 3 spietkops om te ry en het een van hulle ‘n k***** genoem.  

‘n Inbreker het Jan van der Westhuizen drie keer probeer skiet, maar die skoot wou nie afgaan nie.  Van Der Westhuizen van Petrus Steyn het die oggend by die huis gekom en ‘n inbreker voor sy dogter se deur betrap.  Die inbreker het sy .38 revolwer gehad.  Hy het geld geëis en die eerste keer geskiet nadat Van der Westhuizen hom R150 gegee het.  Die inbreker het ontsnap met die geld en die dogter se selfoon, maar die wapen is buite gekry.

TUKS se krieketafrigter het homself in sy motorhuis geskiet.  Colin Dettmer het glo ‘n selfmoordnota gelos.  Hy laat ‘n vrou en twee kinders na. 

‘n Man van Leeufontein het gister omstreks 11:15 sy 21 jarige dogter doodgeskiet.  Daarna het hy homself om die lewe gebring.  Niemand weet hoekom nie. 

Caster Semenya is deur die ASA verbied om Geelbladsye-atletiekreeks deel te neem nie.  ‘n Dag nadat daar aangekondig was dat niks haar verbied om wel deel te neem nie.  Blykbaar word daar gewag tot die IAAF wel hulle toestemming gee.  Nick Davies van IAAF het aan Beeld gesê dat die IAAF geen beswaar het as sy wel deelneem nie.  Geen amptelike besluit oor haar is geneem nie.  ASA soek die versekering in skrif.

Laastens ‘n insetsel wat ek gister op Etv gesien het.  ‘n Man het sy splinternuwe sportmotor vir die karnarre by Tafelberg gegee.  Hy wil anoniem bly, maar hy wil glo nie meer besittings hê nie.  Hy het glo sy huis ook weggegee.  Die karnarre gaan die motor nie verkoop nie.  Hulle wil dit hou as ‘n aandenking van die vrygewigheid van mense.  Hulle het ‘n gleuf in die bak gemaak waar mense vir hulle donasies kan gee.