Chariots of fire – 016

16 01 2010

Algemene Kennis

  1. As wie wat !Khoisan X voorheen bekend?
  2. As wie is Louis Pepler beter bekend?
  3. Wie het Volkspele in Suid-Afrika in 1914 bekendgestel van danse wat hy in Swede geleer het?
  4. Wie was Miep Gies?
  5. Wat is J.K. Rowling se tweede naam?

Uilspieël 

  1. Joe Dawson; Richie Ryan; Adam Pierson
  2. Koning Dawid:  Julius Ceasar;  Alexander die Grote
  3. Fort Schanskop;  Fort Klapperkop;  Fort Mistake
  4. Jakaranda;  Eike; Kalander
  5. Geelkoors; Malaria; Bilharzia

Liedjiepret

Vergaderings, telefone, mense wat die heeltyd praat, drukkers, verslae . . . die rotresies is weer in volle swang.  ‘n Groot, kollossale wêreld van chaos, skarrelende  miere sonder ‘n oomblik van rus.  Verlangend na die oomblik wat jy die deur agter jou kan toetrek en die geluid van stilte kan inneem.  Droom van verre lande waar mense op sonskyn loop en nog nooit van iets soos geld gehoor het nie. 

Nommer kopkrap

 2; 6;  __; __; 30

Toorwoorde

  1. Keu?
  2. c.q.?
  3. Wat beteken die idioom:  Nat agter die ore?
  4. _ O _ _ _ R _ _
  5. VUNGKES