Verkrag! Wat nou?

Glo dit of nie, die feestyd is ‘n baie gewilde tyd vir verkragtings.  Een van die redes is die groter hoeveelhede drank wat gebruik word.  Vir enige man wat dalk nou hulle oë rol:  Meneer, jy kan ook verkrag word.  Hetsy deur ‘n man of ‘n vrou.  Dus kan jy ook hier lees, terwyl jy bid dat dit nooit met jou moet gebeur nie.  

Verkragting se definisie het onlangs verander.  In kort gestel, enige gedwonge penetrasie in enige gat is nou verkragting.  Voorheen was penetrasie in die mond of anus as onsedelike aanranding gesien wat ‘n ligter vonnis gekry het. 

Dit is glad nie ‘n aangename gedagte nie, maar ‘n mens moet darem weet wat jou te doen staan as jy verkrag word.  Wat sake vererger is dat die gemeenskap of selfs die polisie nie juis simpatiek is oor verkragtings nie.  In baie gevalle word die skuld voor die vrou / man se deur gelê, al was hulle die slagoffers.  Verkragting is nie ‘n seksuele daad nie.  Verkragting is ‘n magspel, dit gaan daaroor om die slagoffer te verkleineer en te domineer.  Dit is ‘n geweldsdaad en het niks te doen met liefde of lus nie. 

Die eerste stap is om jou so gou as moontlik na veiligheid te haas.  Dit is ‘n goeie idee om ‘n familielid of vriend te kry om jou by te staan.  Wat jy ookal doen, MOET NIE bad, hande was of ander klere aantrek nie.  Belangrike getuienis kan sodoende vernietig word.  Gaan so gou as moontlik na ‘n hospitaal of distriksgeneesheer toe.  Enige dokter is nie goed genoeg nie, aangesien almal nie opgelei is om die bewyse intesamel nie.   Die dokter moet vir HIV en ander seksueel oordraagbare siektes toets.  Die dokter behoort ook noodvoorbehoeding, antibiotika en antiretrovirale middels toe te dien.. 

Jy kan ook kies om eerste polisie toe te gaan, waar jy daarop kan aandring om met ‘n vroulike amptenaar in privaatheid te praat.  Die polisie sal jou nou ‘n distriksgeneesheer verwys as jy nog nie self daar was nie.  Die SAPD is gedwing om die verkragtingssyfer te verlaag en een manier is om minder sake te aanvaar.  Wat snert is.   Die polisie kan jou nie self ondersoek nie, hulle is nie daarvoor opgelei nie. 

Jy het die keuse om die saak net aan te meld of om formeel ‘n klag te lê.  In die eerste geval moet hulle dit in die voorvalle boek aanteken en jou ‘n OB nommer gee.  As jy formeel ‘n klag wil lê, moet hulle jou die toepaslike verwysingsnommer gee.  Jy kan ook later ‘n klag lê, alhoewel dit nie aanbeveel word nie.  Hoe langer jy neem, hoe meer bewyse kan verlore raak.

As jy ‘n klag wil lê, moet jy die volgende ingedagte hou.  Jy mag versoek dat die polisie jou verklaring by jou huis kom neem.  Jy moet in die kleinste besonderhede alles vertel wat met jou gebeur het, insluitende of jy gedrink het en of jy enige dwelms gebruik het.  Die polisie sal ‘n kort verklaring neem as jy baie ontsteld is en ‘n langer een later.  Jy mag die verklaring in jou moedertaal aflê en maak seker dat alles juis is voordat jy teken.  Die hof sal enige veranderinge nadat jy geteken het betwis.  Jy mag ‘n afskrif van jou verklaring kry. 

Nadat jou verkragter gearresteer is, sal jy hom moet uitken.  Jy hoef nie aan hom/haar te raak nie.  Die moontlikheid is groot dat hy of sy op borg vrygelaat sal word.  Borg kan in die volgende gevalle teen gestaan word.

  • Hy het jou meer as een keer verkrag.
  • Hy was deel van ‘n groep wat jou verkrag het.
  • Daar is meer as twee verkragsake teen hom.
  • Hy het geweet hy is HIV positief of het vigs
  • Die slagoffer is onder 16 of is verstandelik of liggaamlik gestremd
  • Die slagoffer is ernstig beseer tydens die verkragting.

Baie mense sukkel met skuldgevoelens na die verkragting.  Dit word veroorsaak deur die liggaam se reaksie op die verkragting.  Die slagoffer voel verkul juis omdat sy of haar liggaam saamgespeel het.  Dit is net een van die redes hoekom professionele hulp na ‘n verkragting van groot waarde is.  Die verkragting gaan waarskynlik met sy daad wegkom.  Jy is dit aan jouself verskuldig om die verkragting so gou as moontlik te verwerk en met jou lewe aan te gaan. 

Vergeet daarvan om ‘n slagoffer te bly, word ‘n oorwinnaar.

28 responses

26 01 2010
Verkragting werklikheid « Herriemerrie

[…] Verkrag! Wat nou? […]

12 07 2015
anneli

Ek was ook 2x verkrag en gaan steeds deur erge trauma. Is daar iemand wat omgee? Dit is loutere hel. Help asb!

20 07 2015
Xena Phoenix

Hi Anneli,

Ek sal jou aanbeveel om met ‘n Trauma Berader te praat. Hulle sal jou ook met praktiese raad kan bystaan. Die polisie, mediese fasiliteit en / of jou predikant behoort jou na iemand kan verwys.

Sterkte.

9 04 2010
хостинг

Hoekom nie:)

23 09 2010
seegogga

Ja, dit is sekerlik ‘n magsmisdaad, nie seksuele misdaad ni,maar wat van pedofiele? Ek se steeds: kastreer. Dan is al daardie hormone wat die ou so magtig wil laat voel, sommer ook weg. Kyk hoe mak is die os in vgl met die bul!

23 09 2010
Xena Phoenix

Interessant genoeg het hulle al pedofiele kastreer om te kyk of dit werk. Van hulle is selfs op middels gesit wat dit ook moet wegvat. Hulle het wel steeds met hulle dade voortgegaan. Die hele storie is ‘n siekte van die kop. Om dit weg te kry moet die kop weggekry word (of uitgesorteer – maar dit sukkel maar).

3 03 2011
Peggy

Dit is nie altyd so maklik om dit aan te gee nie. Ek was verkrag deur iemand wat soos ‘n kind in my huis was en die vernedering was net te groot om dit vir anige iemand te vertel. Ek was ‘n wrak en amper geknak. Maar niks kry my onder nie en ek het maar weer opgestaan en my afgestof en aangegaan. Papier is geduldig en ek het elke keer as my kop op hol gegaan het geskryf alles wat in my binneste rond gemaal het tot ek leeg geskryf was. Dan het ek dit opgeskeur in duisende stukkies en in die asblik gegooi. So het ek aangehou tot ek weer my kop kon lig en die wêreld in die oë kon kyk. Ek het natuurlik my deure gesluit gehou en gesorg dat ek nooit weer alleen saam met hom kon wees nie…toe kry ek die nuus ‘hy is dood’ en toe eers kon ek weer regtig begin asemhaal.
Dit het ‘n paar jaar gevat om daar verby te kom maar vandag so amper 15 jaar later kan ek nog steeds nie bv ‘n fliek kyk waar vroumense hardhandig behandel word of verkrag word nie….

4 03 2011
Xena Phoenix

Hallo Peggy

Ek is jammer om van jou verkragting te hoor. Onthou, dit is nog nie te laat om berading te kry om jouself te help nie.

Baie welkom by ons.

9 08 2011
bierpensBierpens

Eish … dis vreeslik … ek het nie woorde nie … ek kry mense wat aan sulke dade blootgestel was baie jammer …

29 03 2012
henkseymore

Hierdie is ‘n simpatieke artikel en ook met empatie geskryf en met meer voete-op-die-grond-inligting-en bystand-raad as wat konvensionele media aanbied.

Kyk/lees die inskrywing “Krake die bars kruis en dwars” op die blog, http://www.Joernaal-Talent-Taal.com Dit bied ‘n merkwaardige empatiese kyk na die vrou/meisie wat emosionele skade lei deur sodanige magsvertoon.

16 10 2012
Pronk

Baie waardevol, baie dankie

24 01 2013
irene

Dis nie net die persoon wat verkrag word wat daar onder lei nie. My dogter toe 15jr oud is verkrag terwyl ek nie tuis was nie en sy by my ouers moes bly vir die naweek. Sy is na vriende toe vir ñ braai en swem en daarna het 1 van haar vriende haar verkrag ook hy is ook minderjaarig. Ek verwyt myself vreeslik daaroor omdat ek nie hier was nie en eers die volgende dag haar kon help en by ñ dr. kon kry. Die medikasie was vreeslik. Buiten die stiptelike tye was sy vreeslik siek. Die saak verjaar al amper en ons wag nog om enige iets te hoor. Die seun is nog in die dorp, skool, bus en klas en bo dit alles moet hulle volgens die alfabet in die klas sit dit beteken hy sit agter haar in al die klasse. Ek voel sleg omdat ek die saak teen die kind gemaak het want hy’s ook nog jonk en moet leer en ñ toekoms bou, maar as ek na my kind se emosionele kant kyk kan ek nie anders as om hom nie jammer te kry nie. Uiterlik lyk sy ok en gaan sy aan maar die vrees vir die hofsaak lê vlak en wat kan gebeur. Sys tot al gedruig dat SY na ñ verbetering skool toe gestuur kan word en wou al die saak terug trek maar sy kom ook nie so ver om dit regtig te doen nie. Ons weet nie regtig wat om te doen nie. Dalk as dit nie ñ kind was wat ons geken het nie was dit dalk makliker.

25 02 2013
Walter

Ek kry haar verskriklik jammer. Jou dogter moet nie lat sy geintimideer word deur dreigemente. Hoeveel ander ma’s se dogter is deur dieselfde seun verkrag. Nie alleenlik gaan julle hom help om te besef waarmee hy besig is nie, maar ook keer dat hy n erge monster word wat voortgaan met verkragting. Hy(Die Seun) gaan jou dogter net aflag as sy saak terugtrek. Ek glo in vergifnis mar hy moet sy straf kry vir sy daad.

25 02 2013
Walter

Wil ook net vir irene se: Sterkte vir jou en jou dogter. God met julle

26 04 2013
werner hugo

My seun het een aand saam met n meisie uitgegaan hulle was in verhouding baie kort tyd nou beweer die ouers my kind wou haar dogter verkrag hy het nie aan haar geraak nie hy baie ontsteld ek wil weet wat staan my asb te doen kan hy tronk toe gaan en wat se bewyse moet hul he om so iets te kan doen asb ek in toestand asb die ouers het klag by polisie stasie gaan le.

26 04 2013
Irene

Al wat ek kan se is baie sterkte, my dogter se saak is is uit die hof gegooi omrede die outjie onder die invloed van drank was. Dit nadat daar op 13 Februarie 2013 deur die inspekteur gese is als lyk goed vir haar en dat die oujie tussen 5 en 10 jaar straf sal kry net op die skets van die dokter. Daar was nie eens bloed getrek vir toetse om te kyk of daar enige alkhol of dwelms gebruik is nie. Die DNA uitslag is nie eens terug nie. Hier in ons dorp doen die jong klomp elke dag net erger dinge en solank vriende getuig hulle was onder die invloed van enige middel is hulle ok en kom weg daarmee. Selfs inbrake deur die groep word mis gekyk deur ons polisie. Weet nie meer wat en waarheen nie. Die seun het nou skool gelos en dwaal dus net rond in die dorp, hier is nie werk nie veral nie as jy net Std 5. het om te bewys dat jy op skool was nie. Ons dorpie is maar klein en vergete.
Maar by dit alles gaan dit darem op die oog af goed met haar. Dankie vir die gebede en dankie vir almal wat saam staan teen verkragting.

10 07 2013
Andries Wiese

Graag verneem ek die volgende: Wanneer iemand in aanhouding gebring word weens verkragting watter prosedures word gevolg en wanneer ‘n minderjarige meisie, onder die invloed self na ‘n seun se kamer gaan terwyl ouers in huis is, en saam seun slaap, maar 2 dae later bewus raak van wat aangegaan het wat gebeur dan? Toetse! DNA asook bloed of hoe? wanneer word ‘n verklaring afgelê..graag soek ek meer inligting en wie mens kan nader…

31 08 2013
caren

Die berig is baie goed geskryf ek is 16 jaar oud en ek was verkrag toe ek 14 was en dit spook nou nog by my dit is niks lekker nie

28 12 2013
Geraldine

Ek as amper n volwasse vrou , wil net se baie dankie aan die volgende inligting wat ek deur gegaan het.
Ek was n slagoffer van 2 , eers my eie PA en daarna intussen sy Broer.
Dit is vandag nog vir my n episode wat ek nie uit my gedagte kan vermy nie. Maar ek is n oorwinnaar- tenspyte dat hul al twee vry is. Weet ek verseker hul sal gestraf bly tot die dag as hul sterf. En die ergste is , party dink vandag nog dis my skuld dat hul tronk toe is en “suffer”, oor dat eka gepraat het.
Ek weet verseker dit was die regte ding om te doen!
Baie dankie dat jul die so ondersteun wat slagoffers was en nog steets is.

29 12 2013
Olga

Baie geluk Geraldine, jy is sowaar ‘n wenner. Hulle verdien om te “suffer.” Jy het die regte ding gedoen, dink maar aan die dogters wat tans om hulle is, jy het uitgepraat sodat die dogters teen hulle beskerm kan worde.

15 04 2014
Juan

My vrou is ge hijack en die mane (3) (swart) het haar gedryg met vuurwapens en messe en beveel om in die veld in te ry skaar 5km van my af.
daar het hulle haar een vir een verkrag op die beurt af vir omtrent 2-3 ure.
intussen soek ek haar die wereld vol ek haar selfoon is buite werking.
toe ek haar kry toe kom sy uit die bosse uit gehardloop vol skrappe en doring’s.
sy wil geen sins met my praat nie en ook nie kontak maak nie.
ek verstaan sy is rou, seer en kwaad maar ek is hier om haar te help.
wat moet ek doen.

18 09 2014
Riaan

As n klein seun is ek herhaaldelik verkrag deur my een oom en twee stief broers is nou sl 48 en sukel nog soms baie om daarmee te deel. Ek het hulle al vergewe en vry gespreek. Ek preek nou al daaroor. En elke keer as ek ek daaroor preek en my storie vertel om ander te help dan is dit of ek alles weer herleef en elke keer is dit maar mooilik om weer daaroor te kom. Maar ek wil ook baie graag ander mans help wat ook daardeur is. Ek weet hoe moeilik dit is om daarmee te deel.

12 11 2014
vanessa corney

ouers pas jou kinders op of hy n seun is of meisie verkragting worry wie jy is nie. jy as ouer gaan saam met jou kind deur die probleem en dus moeilik vir hulle om aan te pas by kinders wat nie so iets deur gemaak het wat hulle moes deur maak. kyk na julle kinders al speel hy by jou bure jou oog moet tenaltyd oop wees

18 07 2016
Annely

Dis vreeslik om hierdie goed te lees. Dit behoort nie maklik te wees om daaroor te praat nie, al wat ek kan sé is Die Here is groot, goed en slaap nooit nie. Enige verkragtiger sal sy straf kry.

11 11 2016
nicholien

Hi mense ek soek ook raad weet ni hoe di ding te benader ni skies eks biekie persoonlik oor di ding mar 2 dae na my seun se geboorte (het geskeer en 17 steke gehad na sy normale geboorte wou sy pa seks he en ekt geweier want ek het steke gehad en so het hy my anal verkrag. Ek was doodbang vir hom hyt my vreeslik mishandel. Ekt wel dit reggekry om weg te kom van hom af mar skade was erg en reeds klaar daar. Nou na jare het ek iemand ontmoet en vir hom is anal seks normaal met sy vrou gewees wat nou al oorlede is en hyt dit nou by my gesoek en ek kan dit nie vir hom gee ni dis soos n spook wat elke keer (al was dit nie hy wat my verkrag het ni) net naby dai gedeelte kom dan is ek dadelik ontstoke en sommer heeltemal in baklei mode al se hy dis omdat dit ni reg gedoen was ni en al sulke snert ek isi so grootgemaak ni en sal dit nooit doen ni mar dis asof hy nie wil verstaan waardeur ek gegaan het ni dis wel al 17 jr trug mar hoe moet ek maak dat hy ophou vra vir dit ons baklei gereeld agv dat ek dit nie wil gee vir hom nie en hys andersins di beste mens wat ek ooit in my lewe gehad het mar net dit sit my heel af hoe maak ek. Enige raad asb

16 03 2017
Riaan Mouton

Nou wat gebeur asj weet vn imand wat verkrag was en dai persoon wli n saakmaak teen die man wat dit gedoen hti omdat sy bng is ha kinnes gan ha eendag verwyt oor sy hulle pa ini tronk gesit het.Ma sy wil oki imand prefossioneel gan sieni omdt sy skaam is oor wat met haar gebeur het se my wat staan jou as vriend te doen ingeval van so iets

24 03 2017
Xena Phoenix

In daardie geval moet jy haar maar net bystaan. Kyk of jy vir haar mediese hulp kan kry.

11 10 2021
Trevor

Hi
Wat kan mens doen as jy vir n feit weet jy is onskuldig? Bewerings dat ek my steifdogter verkrag het oor n tydperk van 8jaar is aanhagend teen my, ek het haar onmiddelik gevat vir n dokters ondersoek wat bevestig het dat sy nog n ‘maagd” ek neem aan die staat doen ook hulle eie ondersoeke. My punt is kan n hof jou skuldig bevind sonder enige DNA bewyse en die feit dat sy nog n maagd is.. ek het regshulp ingekry..

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: