Vrugte Verlies

24 01 2018

Composition of various exotic fruits isolated on white backgroundEk hou van vrugte.  Baie!  Dit is vir my geen straf om ‘n paar porsies ‘n dag in te kry nie.  Ek neem gewoonlik vrugte werk toe vir middagete.  Ek sal ook nooit die vrugtebak (vars of gestowe) oorsien in ‘n buffet nie.  Ek weet, die meeste mense koop brood en melk op ‘n gereelde basis.  Ek?  Ek koop vrugte en melk.

Ek moet egter erken dat ek deesdae oorweeg om vrugte van my inkopielys te skrap.  Ja, vrugte is pepperduur, maar ek kan – erg teensinnig – daarmee lewe.  Die ding wat my teen die mure uitdryf is die kwaliteit van die vrugte.

Eerstens, ek het nie die lus of die tyd om elke dag winkel toe te gaan om ‘n paar vrugte te koop nie.  Ek gaan een keer ‘n week winkel toe en dan koop ek alles wat ek die volgende 7 dae gaan nodig kry.  Ek verwag wat ek ookal koop dan vir ten minste 7 dae gaan hou.  Ek het nooit probleme met die melk nie.  Ek koop selde brood, maar ek het daarmee ook nie ‘n probleem nie.  Vrugte aan die anderkant?

Is dit regtig te veel gevra om te verwag dat my vrugte vir ten minste 7 dae moet hou?  Ek het reeds genoem dat dit pepperduur is.  ‘n Mens kan dit amper ‘n luukse item noem.  Ek kan stuipe kry as ‘n piesang (deesdae tussen R15 en R23 ‘n kilogram) na 3 dae pap en oorryp is.  Jy kan deesdae al meer as R30 vir ‘n sakkie appels betaal.  dan moet dit beslis nie na pruimedante lyk nie.  Appels se skille is nie geplooi nie.  Ek kan ‘n winkeleienaar gooi met ‘n verlepte appel.

Asof ‘n erg verlepte appel nie teleurstellend genoeg is nie . . . Weet julle hoe voel dit om ‘n byt uit ‘n lekker sappige appel te neem en dan te ontdek dat dit vrot is binne?  Ek waag dit deesdae nie meer om aan ‘n appel te hap nie.  Ek sny dit eerder in kwarte.  Of jy ‘n paar veselperskes (better bekend as mango’s) gekoop.  Wanneer jy dit skil om aan dit smul, is hulle almal vrot binne.

Hoeveel keer het julle al druiwe of perskes gekoop en twee dae later is dit vol wolle.  Ek waardeer fungusse, maar ek soek dit nie op my goue – ek bedoel duur – vrugte nie.

Ek het almal probeer.  Checkers, Pick n Pay, Fruit & Veg, Spar en selfs Woolworths.  Jy loop met ‘n trollie vol geld in, kry ‘n halwe mandjie vrugte en jy gooi twee derdes weg.

Is dit net ek?  Bederf my gesig dalk die vrugte?  Kies ek dalk vrugte soos my agterent?

Hoe voel julle deesdae oor die vrugte wat julle koop?


Aksies

Information

12 responses

24 01 2018
HesterLeyNel

Ek het dieselfde grief aan hierdie kant. Piesangs kos ‘n arm en ‘n been hier in piesangland waar hulle amper wild groei. Ander vrugte is van so ‘n swak gehalte dat dit nie die moeite werd is nie.

25 01 2018
Xena Phoenix

Ek verstaan ook nie hoekom piesangs ewe skielik ingevoer moet word nie. Was daar iewers ‘n piesangpes wat twee jaar se oeste uitgeroei het? Hoe het ek daardie een gemis?

25 01 2018
HesterLeyNel

Dis glo nog die invloed van die droogte, veral daar in Nelspruit se wêreld. Hulle oes nou net elke 14 maande in plaas van elke 11 maande, omdat die bome stadiger groei. Hierdie is blykbaar ‘n “beter” jaar, maar die verbetering het nie deurgesypel na die kleinhandelmarkte nie.

25 01 2018
Xena Phoenix

Hopelik kan ek binnekort weer Suid-Afrikaanse piesangs koop. Verkieslik nie teen R30 / kg nie.

24 01 2018
sonell

Ek stem heelhartig saam! Vermoed dat dit iets te dien kan hê met die gifstowwe teen al die goggas en swamme en ook die klimaatsverandering. Dit is goor! Persoonlik is ek baie lief vir druiwe en bessies, so ek verdeel dit deurmekaar in plastieksakkies wat ek weer kan gebruik en gooi dit in die vrieskas. Dit is ‘n heerlike en gesonde snack en kan sommer jou koeldrank ook koud hou.

25 01 2018
Xena Phoenix

Sonell, dit is dalk eerder die gebrek aan gifstowwe wat dit veroorsaak. 😉 Organiese vrugte behoort meer insekskade te hê. Die natuur behoort die swamme onder beheer te hou, maar helaas is boerdery moes in elk geval ‘n versteuring van die natuur.

25 01 2018
scrapydo2.wordpress.com

Dis maar n slegte ding. Hier kry jy klomp ingevoerde vrugte wat kliphard groen is. Dit word nie ryp nie vrot op einde weg. Smaak ook na niks. Die warmte het ook baie met die swamme en vrotsels te doen. Om so baie geld uit te gee is gladnie lekker nie. Stem saam met Sonell om dit op te sny en in porsies te vries.

25 01 2018
Xena Phoenix

Verstommend nê? Van groen tot vrot. Gebeur hier ook.

Deel van vrugte se bekoring is dat dit gryp en eet is. Vries klink na moeite. 😉 Ek doen nie graag moeite nie.

25 01 2018
scrapydo2.wordpress.com

Toemaar ek is ook so. Ek maak smoothies van die vrugte dan kan mens die goeie dele nog gebruik. Okay, dis ook werk maar darem lekker ook.

28 01 2018
Olga

Ons is hier omring deur piesang boorde met hulle bekende blou plastiek sakke. In Graskop self, betaal ons vanjaar R8.50 /kg vir piesangs. Hazyview wat die hart van die laeveldse piesang boorde is, vekoop hulle piesangs ook vir om en by R20/ kg. Dis ‘n skreiende skande. Oom Ridder het reeds anderdag gespog met SY piesangs van MY boom af. Hy weet ek het die bome geplant maar hy het my wragtig nie een gegee nie. Ook nie ‘n geelperske of vy van MY bome af nie. Vandag ook ‘n pakkie besonderse mooi rooi appels gekoop vir my koolslaai. Ook vrot om die pitte. Groen en geel appels is deesdae ouer as Metusalach as ek hulle plooie na twee dae in die yskas sien. Maar die voeltjies in die tuin geniet die Metusalach appels wat ek met hulle deel.

31 01 2018
Xena Phoenix

Die voëltjies het nie ‘n arm en ‘n been daarvoor betaal nie. 😉

20 04 2020
Ek het nie geweet dat piesangs blom nie! - Dis Ekke

[…] ‘n week of twee gelede gesels oor die prys van piesangs wat so die hoogte ingeskiet het (sien Vrugte Verlies geskryf deur Xena Phoenix). Toe wys my dogter my ‘n artikel in BBC News Battling to save the […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: