Nuusbrokkies

27 01 2010

En hier gaan ons alweer.  Die ANC wil finaal van Pretoria ontslae raak voordat die wêreldbeker afskop.  Daar word dringende gesprekke met die Minister van Kuns en Kultuur, Lulu Xingwana, gevoer om die proses so gou as moontlik af te handel.  Die ANC beskou dit as ‘n prioriteitssaak. 

Rowers het Elzabé Zietsman se gastehuis gestroop van drank en vleis.  In haar eie woorde:  “Iewers in Johannesburg maak daar vandag ’n nuwe shebeen oop met ’n klein slaghuisie langsaan.”  Die rowers is weg met 2 lammers, ‘n halwe bees en die inhoud van die kroeg.  Hulle het ‘n bottel Johnnie Walker blou in die kroeg uitgedrink.  Zietsman reken die skade is R30 000 – R40 000. 

Wetgewing rondom mediese parool gaan moontlik verander.  Tot 60% van die mense wat daarvoor kwalifiseer herstel ten volle buite die tronk.  As die wetgewing verander word, sal die wat herstel verplig wees om die res van hulle vonnis te gaan uitdien.  Die nuwe wetgewing sal nie Shaik raak nie, want die wet is nie terugwerkend nie. 

Elsa Blignaut is 2 dae na haar 83ste verjaarsdag in haar bed verwurg.  Sy was woonagtig in ‘n huis op die hoek Lange- en Tramstraat in Brooklyn.  Haar arms was met telefoonkabels vasgemaak, sy was in komberse toegedraai en met nagklere versmoor.  Niks is uit die huis uit verwyder nie. 

Duisende liter suurwater het gister vanuit ‘n ventilasie skag in die Wes-Rand begin lek. Mariette Liefferink, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, noem dit ‘n omgewingramp, een waarvan verskeie organisasies dit al vir 5 jaar lank onder die regering se aandag probeer bring.  Dit is nou egter te laat.  Die departament waterwese was glo Vrydag by die skag, maar het gemeen alles is onder beheer. 

Boeing 737-800 van Ethio-pian Airlines het gister in ‘n vuurbal in die see gestort.  90 mense was aanboord en die kanse dat enige van hulle lewend gevind sal word, is maar baie skraal.  Vuilspel word nie vermoed nie, al het die vlieënier in die teenoorgestelde rigting gevlieg as wat hy aanbeveel was.  Slegte weer het vermoedelik ‘n groot rol gespeel, maar duikers soek nog na die black box.  Tot dusver is net 30 lyke al gekry.


Aksies

Information

5 responses

27 01 2010
demoerin

Tot 60% herstel van hulle dodelike siektetoestande? 😆 Wys jou maar net daar is iewers ‘n kinkel in die kabel, of sal ons eerder sê ‘n papiernoot in die handpalm.

27 01 2010
Xena Phoenix

😉 Die tyd van wonderwerke is nie verby nie. Mens mag nooit kleingelowig wees nie. 😆

27 01 2010
Selene Phoenix

😆

Ek dink ons moet dan al die mense met dodelike siektes tronk toe stuur… die tronk weet iets wat ons nie weet nie!!

😆

27 01 2010
Xena Phoenix

Revolusionere behandeling. Gaan tronk toe om van kanker te genees.

28 01 2010
demoerin

Dink ek ook mos nou… daar is seker iets in tronk-lug ❓

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: