Nuwejaar Geevore

1 01 2010

Vanmiddag was ek genooi om by maatjies te gaan eet.  Ek het gegaan, hulle het belowe dat daar rooi koeldrank en baie kos gaan wees met lekker poeding.  Hulle sal nie alles selwers kan opeet nie en dit is ‘n sonde om kos te mors.  Ek MOES gaan help het.  My goeie daad vir 1020.

Een van die maatjies wou weet wat my nuwejaar voorvatte is.  HUH?  Ek het nog nooit van so iets gehoor nie.  Ek het hulle gevra wat dit is, tannie Ougat se woordeboek het dit ook nie geweet nie.  Hulle sê dit is iets wat ‘n mens aan die begin van ‘n nuwejaar moet doen.  Jy moet besluit hoe jy ‘n beter heksie gaan word.

Die een maatjie het gesê ek moet ophou rooi koeldrank drink vir my voorvat.  Grapgesig!  Ek was net my tand met rooi koeldrank dat dit mooi en sterk word.  ‘n Heksie mag nie die rooi koeldrank uitspoeg nie.  Grrr!!  Die tannie in die Kaapplek het my gevertel dat dit groot sonde is.  Gaan vra haar maar self, ek is nie ‘n heks wat lieg nie.  Ek moet ‘n ander voorvat kry.

Nadat ons geëet het, moes ek die babamaatjies onder die grootmens se voete weghou.  Die grootmense was seker bang hulle trap op die babatjies en hulle word dan pannekoeke omdat hulle nie voorvatte het nie.  Grootmense ken snaakse tore.  Ek het saam met hulle kartonne gekyk toe ek ‘n Eukker oomblik kry.  Daardie Tannie-Oom Poppies eet slegte groen blare uit ‘n blik uit, dan word hy sterk.  Ek wil ook sterk word.

My ouma het altyd gesê dat ‘n heks eerder slim en mooi moet wees as sterk.  Ek is die slimste en mooiste heksie wat ek ken.  My ouma het nie verder gedink as haar stert nie.  Seker omdat sy nie ‘n stert gehad het nie.  Dink net watter gevaarlike komkommer gaan ek wees as ek mooi en sterk en slim is.  Die ou perse sal moet afloop, sy sal nooit kan wen nie.

So my nuwejaar voorvat is om slegte groen blare soos spinnerakkies en brokkole te eet.  Dalk moet ek ook pyp rook soos Tannie-Oom Poppies.  Julle sal dan ‘n ding of 3 sien.  👿  😈

Breinvasbrand:  Wie het die Gregorian Kalender, soos ons dit vandag ken, op 24 Februarie 1582 bekend gestel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Robert Catesby.