‘n Toe bek is ‘n heel bek

19 01 2010

Daar was al bekendes wat gedreig het om bloggers aanspreeklik te hou vir uitlatings wat op hulle blog gemaak is.   Lagwekkend aan die een kant, maar dit is tog waar dat ‘n mens aansienlik dapperder is van agter jou rekenaar as in iemand se gesig.  Behalwe dit, jy kan op ‘n blog skree wat jy nooit in persoon sal kan skree nie.  Ek meen, hoeveel van ons sal nou ooit die president met die hand kan groet om jou mening omtrent sy regering nie van te praat nie.

Baie van ons sal bloot net om skouers ophaal en beklemtoon dat ons ‘n reg het tot vryheid van spraak.  Op enige gewone dag sal ons vryheid van spraak verdedig, maar ook gerieflikheidshalwe die prys daarvan vergeet.  Vryheid van spraak beteken nie net dat jy kan sê wat jy wil nie.  Dit beteken ‘n ander kan ook sê wat jy nie wil hoor nie.  Ons almal weet hoe dun mense se velletjies is wat dit betref.  En dan gerieflikheidshalwe vergeet dat vryheid van spraak ook vir ander geld. 

I disapprove of what you say, but I will defend to the death your right to say it

Evelyn Beatrice Hall

‘n Kort opsomming van Vryheid van Spraak is dat die individue die reg gee om inligting en idees te soek, ontvang en te deel. 

Alles goed en wel, maar daar is beperkinge aan vryheid van spraak.  Daar moet onthou word dat Vryheid van spraak nie net ‘n geval is van sticks and stones nie.  Dit is die uitdrukking van idees in enige manier, van wat jy mondeling kwytraak tot kunsvorme.  Beperkinge is dus dikwels onderhewig aan twee beginsels. 

Eerstens dat jou vryheid van spraak nie ‘n ander sal skade aandoen nie.  Die beginsel is deur John Stuart Mill geskep in dat:

the only purpose for which power can be rightfully exercised over any member of a civilized community, against his will, is to prevent harm to others.

Jy het dus die reg om pornografie te vervaardig, maar net as jy niemand kwaad aangedoen het in die proses nie.

Die ander beginsel berus op die aanstoot wat jy ‘n ander gee, juis om mense meer beskerming te gee as wat die eerste beginsel doen.  Joel Feinberg het dit as volg beskryf:

It is always a good reason in support of a proposed criminal prohibition that it would probably be an effective way of preventing serious offense (as opposed to injury or harm) to persons other than the actor, and that it is probably a necessary means to that end

Wat ons basies vandag as haatspraak ken.  Dit maak die hele storie baie meer ingewikkeld, juis omdat mense nie vir alles ewe vinnig aanstoot neem nie.  Daar is mense wat meen dat haatspraak ‘n term is wat geskep is om mense se monde te snoer oor beleide wat swak geimplementeer is sodat alles meer polities korrek kan klink.  (Vertaling uit wikipedia.)

Alles gee nog steeds geen aanduiding oor wat aanvaarbaar is of nie.  In Suid-Afrika is die volgende wet van toepassing:

10. (1) Subject to the proviso in section 12. no person may publish, propagate, advocate or communicate words based on one or more of the prohibited grounds, against any person, that could reasonably be construed to demonstrate a clear intention to –
(a) be hurtful;
(b) be harmful or to incite harm;
(c) promote or propagate hatred.                                                                                                                  

(Act No. 4 of 2000: Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act)

Jy kan ook van Crimen Injuria aangekla word, as daar bewys kan word dat jy onwettig, moedswillig en ernstig die waardigheid van ‘n ander persoon aangetas het.  Baie, baie, baie dun ys.

Ek reken dus dat ten spyte van vryheid van spraak, dat jy nie iets moet sê tensy jy bereid is om volle verantwoordelikheid daarvaar te aanvaar nie. 

Breinvasbrand:  Wat is Vryheid van Denke?

Breinlosbrand:  Selene was reg met 14 jaar.





Nuusbrokkies

19 01 2010

‘n Sesjarige seun is verlede week vasgeketting in sy pleegma se hoenderhok naby Newcastle gekry.  Sy (72) was weg dorp toe om haar pensioen te gaan haal en sy was glo bang hy loop weg.  Die kind was toe gesluit sonder kos of water.  Hy gaan ook nie skool nie.  Sy het ook ‘n aangenome seun van 7.  Altwee die kinders is in plekke van veilige bewaring geplaas. 

Terwyl ons van kinderlyding praat, in Haïti is daar geen einde aan die ellende nie.  Ek sien hulle praat noual dat daar moontlik 200 000 mense dood is.  ‘n 5 jarige dogtertjie se hand is sonder verdowing afgesit.  Die plek waar sy behandel is het bloot nie dokters of verdowingsmiddels gehad nie.   

Etv is voor die hof gedaag om die misdadigers bekend te maak met wie hulle die onderhoud gevoer het.  Die misdadigers het dit duidelik gemaak dat hulle ook munt uit die sokker te slaan.  ETv moet ook verduidelik wat van die wapens geword het wat in die insetsel gesien is. 

Kobus Snyman is voor sy gesin doodgeskiet.  Die gesin het op die stoep gekuier terwyl Snyman in die sitkamer aan die slaap geraak.  Rowers het doodluiters oor die heining gespring en hulle vuurwapens teen die 10 jarige tweeling dogters se koppe gedruk.  Die ouer dogter het haar pa geroep.  Die rowers het hom geskiet toe hy te voorskyn kom.  Hulle het gevlug met ‘n skootrekenaar en ‘n selfoon. 

En dit is al wat my rekenaar my nou toelaat.