Lunch Week 46 / 11

30 11 2011
Toorwoorde
  1. Wat is “katspoegie”?
  2. Wat beteken die afkorting “d.w.s.”?
  3. Wat beteken die uitdrukking “bul by die horings pak”?
  4. Gee ‘n sinoniem vir “magasyn” (7 letters)?
  5. Herrangskik die volgende in ‘n sinvolle woord: OKDINMILDEL (Dankie Maankind)




Bom Bedons

30 11 2011

Ek dink die gemiddelde Suid-Afrikaner vind die moontlikheid van ‘n bom half onwerklik.  ‘n Fiksie selfs.  Ons sien die in flieks of TV programme waar die omgewing betyds ontruim word of net betyds onskadelik gestel word.  Dit is ook nogal dikwels in strokiesprente waar dit altyd afgaan en alles swart, maar darem lewendig laat.  Ons lees in koerante van selfmoordbomaanvalle, dalk nog met ‘n gedagte dat die aanvaller mal is, maar vee ons daaraan af.  Dit is nie hier nie, dit is nie nou nie, dit is dus nie vir ons ‘n gevaar nie.

Daar is dalk mense wat dit beledigend vind.  In die 80s was bomaanvalle in Suid-Afrika ‘n realiteit gewees.  In 1993 was daar ‘n aanval op die St James Kerk in Kaapstad waar hulle onder meer hand granate gebruik het.   Ek onthou hoe daar in ons laerskool ‘n plakkaat met verskillende bomme was en ons was streng opdrag gegee om dit dadelik aan te meld as ons ooit een gesien het.  Die polisie en weermag het ook gereeld daaroor gepreek, maar dit het vervaag.  Die aanvallers het immers die land se regering oorgevat.

Tot onlangs.  Eers was daar iewers ‘n berig dat hulle ‘n groep malles aangekeer het wat beplan het om ‘n kerk op te plaas in Limpopo iewers.  Die volgende oomblik is daar weer ‘n bom in Eastgate Mall.  Blykbaar was daar nie ‘n bom nie, maar daar is baie mense wat hoog en laag sweer dat hulle gevoel het hoe die bom afgaan.  Goed, die polisiehoof is onder andere ‘n bomkenner, hy weet seker waarvan hy praat.  Ek hoop nou net daar is nie ‘n paar gekke wat nou lus geraak het vir bomme.

Ek sien in die koerante dat die mense half teleurgesteld is, want hulle het gehoop dit is die begin van die revolusie.  Hoekom onskuldige mense doodgemaak moet word in ‘n sogenaamde revolusie is bokant my begrip.  Dat mense dit kan goedkeur en selfs aanmoedig maak my siek.  Moet my lewe op die spel geplaas word omdat mense ‘n punt kan bewys?  ‘n Punt waarvan hulle dalk nie eers self seker is oor nie.

Ons gaan gewoonlik na inkopiesentrums, kerk, werk of byeenkomste toe met volle vertroue dat ons sal terug kom (dws as ons nie gekaap word of verongeluk nie).  Watter impak sal dit hê as daar ‘n wesenlike gevaar van ‘n bomaanval is?

Op die oomblik praat ons nog teoreties, maar dit is seker altyd goed om die teorie onder die knie te kry voor die praktiese.  Ons is net nie meer voorbereid op so iets nie, wat in ‘n mate ‘n seën is.  Aan die anderkant is dit seker ‘n dobbelspel, siende dat daar geen waarborge is nie.  Om voorberei en wakker te wees kan immers geen skade doen nie.

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wie was verantwoordelik vir die Kerkstraatbom wat op 20 Mei 1983 19 mense gedood en meer as 200 beseer het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Masaru Ibuka en Akio Morita.





Lunch Week 46 / 11

29 11 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Outsurance; Santam; Yourway
  2. Miranda; Valpre; Bonaqua
  3. Gelofdedag; Kersfees; Menseregtedag
  4. Basketbal; Sokker; Krieket
  5. Blommie; Knersus; Kwaaitjie




Tegnologiemode

29 11 2011

Ek het onlangs besef hoe baie kinders soek Blackberrys en iPads.  Ek moet erken dat ek glad nie om gaan gee vir ‘n Blackberry of selfs ‘n iPhone nie, maar ek is skaars bewus wat ‘n iPad is.  Ek het nie juis ‘n idee wat ‘n mens daarmee maak nie of waaroor die bohaai gaan nie. Ek kom goed klaar sonder een.  Moontlik omdat ek nie weet wat ek mis nie.  Diep binne in my is ek nogal oortuig dat dit nie veel is nie.

Ek moet bieg dat ek glad nie besimpel is oor gadgets nie.  Ek is jonk genoeg dat nuwe goed my nie intimideer nie en ek kan dit gewoonlik gou uitpluis.  As ek wou en eerlik – ek wil nie.  Ek het nog steeds nie ‘n skottel en DSTV nie.  My TV is nog die ou bokstipe en my DVD speler kan basies net DVD’s speel.  My hoëtroustel het ek al vandat ek op skool was en selfs toe het ek nie belang gestel aan iets wat 3 CD’s kon speel nie.  Ek gebruik padkaarte of aanwysings as ek na ‘n onbekende plek moet gaan.  Wel, as daar geen ander genade is nie, is daar altyd Google Maps.  My rekenaar is nie ‘n tegnologiese wonderwerk nie, hoewel dit die nuutste windows gehad het toe ek dit gekoop het.

Ek sien bloot net nie die nut in om iets te vervang sodra daar iets meer gevorderd op die mark is nie.  Ek dink nie outomaties dat meer gevorderd noodwendig beter is nie.  Dit irriteer my inderwaarheid grensloos dat daar die verwagting is dat ‘n mens elke jaar of twee jou elektroniese goed met vervang.  Ek sweer deesdae word die goed net gebou om ‘n jaar of wat te hou.  Dit is nou ook nie asof dit net R2 ‘n dosyn kos nie.

Eintlik is my enigste verwagting in my elektroniese toerusting dat ek nie moet sukkel nie.  As ek ‘n sekere funksie wil gebruik, moet dit blerrie werk en dit moet dadelik werk.  As ek nou wel ‘n GPS gehad het en die simpel ding het my na ‘n verkeerde plek geneem, sal ek dit net daar stukkend trap.  Dit blyk al hoemeer om ‘n onmoontlike verwagting te wees.  Ek wil beslis nie heeldag aan verskonings dink oor hoekom dit nie werk soos dit moet nie.

Ek gun elke diertjie hulle plesiertjie.  As gadgets jou hartjie laat tjoklits klop, gaan vir goud.  Persoonlik het ek net beter goed om my tyd en geld op te spandeer.  Wel, behalwe as ek tog iets MOET koop, dan kan dit netsowel die nuutste op die mark wees.

Hoe voel jy oor gadgets en die nuutste elektroniese toerusting?

Breinvasbrand:  Wie was die stigters van Sony?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met 6 Augustus 1992.





Lunch Week 46 / 11

28 11 2011

Algemene Kennis

  1. Met watter speletjie sal jy Kol Mustard; Juf Scarlett en Ds Green verbind?
  2. Wat word ‘n figuur met 3 sye genoem?
  3. In watter oseaan is Hawaii?
  4. In watter land is Mount Everest?
  5. In Snoeker, wat is die kleur van die bal wat laaste gesink kan word?




Hongersnood

28 11 2011

Dit voel half na fiksie dat mense vandag nog van die honger sterf.  Helaas is dit nie net ‘n storie nie, mense in Suid-Afrika gaan slaap nagte lank honger as daar niks te eet is nie.  Weke gelede was ek met skok en afgryse gevul nadat ek gelees het hoe twee kinders dood is van honger en dors toe hulle kilometers ver agter hulle ma aangestap het vir kos.  Die ma se jonger sibbe is ‘n paar kilometer verder gekry – waar hulle ook weens honger gesterf het.

Die storie is gelukkig nie onder die mat ingevee nie.  Verlede week was daar ‘n instelsel op die Nuus gewees.  By verdere ondersoek blyk dit dat die hele gemeenskap verhonger.  Meer as 80% is werkloos en daar is doodeenvoudig niks om te eet nie.  Gift of the Givers het gaan kos uitdeel, maar die kos sal natuurlik nie hou nie.  Die regering gaan ook ingryp deur ID’s te gaan uitdeel sodat die mense vir toelae aansoek kan doen.  Daar was vandag ‘n berig oor die geval in Rapport gewees.  Turksvy en Klippie het ook onlangs oor honger mense gewonder.

Ek kerm gereeld oor die bakhandkultuur in Suid-Afrika, die bedelaars op elke straathoek en die dekselse kindertoelae.  In die geval is dit baie maklik om sondebokke te kry.  Die regering wat toelae soos lekkergoed uitdeel, verlig net die simtome, maar die ware siekte vererger by die dag.  Arbeidswetgewing in Suid-Afrika is dalk geskryf om die werker te beskerm, maar niemand wil meer werkers inneem nie juis daaroor.  Boere kom ook eerder sonder werkers klaar, voordat die einste werkers ‘n eis teen hulle grond insit.  Die werkers kan selfs sorg dat die boere hulle lewe verloor in ruil vir werk.  In Suid-Afrika is dit mode om die hand te byt wat jou voer.  Teen R10 ‘n brood en R10 ‘n liter melk, is kos onbekostigbaar duur.  Les bes moes die ma nie geteel het as sy nie kon voer nie.

Die blaamspeletjie het dalk meriete, maar dit maak nie een honger maag vol nie.  Terwyl jy honger is, kan rede nie ingesien word nie.  Onthou die mense hoor dit is Apartheid se skuld dat hulle nie kos het nie en die blankes is te inhalig om te deel wat in die eerste plek gesteel is.  As jy met die gedagte rondloop, sou jy nie ook gehaat het nie?

Dit is dalk nie jou, my of ons verantwoordelikheid om die hongeres te voer nie.  Baie van ons doen dalk meer as hulle deel.  Tog, kan ‘n mens jou rug met ‘n rein gewete draai op ‘n mens of selfs ‘n dier wat verhonger?  As dit in jou mag is om te help, durf jy weier?

Dit is makliker om te help as ‘n mens dink.  KFC vra R2 om ‘n kind te voer.  Pick n Pay het weer ‘n stelsel waar hulle belowe om vir R10 6 mense te voer.  Hoe hulle die rande rek om dit reg te kry weet ek nie.  Maar ek vertrou hulle beslis meer as iets waar ‘n korrupte politici (wie se gretigheid en sotlikheid die brood uit die armes se monde steel – oops, daar blameer ek weer) betrokke is.  Daar is ook die Heilsleer, Gift of the Givers en Helpende Hand wat hulle bes probeer.  Jy kan dus maklik help, sonder om ‘n bedelaar in hulle kwaad te sterk.

Dink julle die gemiddelde Suid-Afrikaner gee genoeg vir hulle mede burgers om?

Breinvasbrand:  Wanneer was Gift of the Givers in opdrag van Muhammed Saffer Effendi al Jerrahi gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Advent.





Oplossing Week 45 / 11

27 11 2011

Algemene Kennis

  1. Roberts (Olga)
  2. Insekte (Olga)
  3. kleur van sy eie bloed en krokodil.  Noudat Olga dit noem, ek is seker hy was bang vir horlosies ook.  (Olga)
  4. Christopher Columbus (Olga)
  5. Johannesburg (Olga)

Uilspieël

  1. Hertzog – nie ‘n koninlike titel nie (Olga)
  2. Onderbroek – nie iets wat gewoonlik deur vrouens gedra word nie (Olga)
  3. Broeders van Adam – Nie ‘n boek van Dalene Matthee nie (Olga)
  4. Ruben – Nie Rachel se seun nie (Olga)
  5. Adidas – vervaardig nie elektronika nie (Olga)

Toorwoorde

  1. Kwansuis / kamstig (Olga)
  2. Sentiliter (Olga)
  3. Opgooi; naar word (Olga)
  4. Speeksel (Olga)
  5. Demokrasie

Couples Theraphy

  • Who wants to be a millionaire – Fione Coyne (Olga)
  •  Noot vir Noot – Johan Stemmet (Olga)
  • Fokus – Lynette Francis (Olga)
  • Telefun Quiz – Martin Bailey (Olga)
  • A Word or Two – Jeremy Mansfield (Olga)

Speletjies programme en hulle aanbieders (Olga)

Liedjiepret

  1. I can see clearly know – Johnny Nash (Olga)
  2. The lion sleeps tonight – The Tokens (Olga)
  3. In the summertime – Mungo Jerry (Olga)

Liriekeraai

  1. Hooray Hooray; It’s a Holi Holiday – Boney M (Olga)
  2. Loco Down in Acapulco – The Four Tops (Olga)
  3. The tide is high – Blondie (Olga)
  4. If it happens again – UB40 (Olga)
  5. Escape – Rupert Holmes (Olga)




Om te wag

27 11 2011

Kan julle glo dat ons vandag 4 Sondae weg van Kersfees af.  Die advent seisoen het afgeskop en daarmee ook die afwagting vir Kersfees.  Vir eeue lank het die mense gewag op die koms van die Verlosser.  Hoe geredelik is ons vandag bereid om te wag?

Light the Advent candle one

Now the waiting has begun

We have started on our way

Time to think of Christmas day

Hoe bereid is ons vandag om te wag?

Nie so lank gelede moes mens vir bykans enige iets wag.  Wag vir ‘n rekening om op te daag en wag in ‘n tou om elke liewe een te betaal.  As jy met iemand moes praat wat nie naby was nie, moes jy ‘n brief skryf en wag op ‘n antwoord.  Sou jy ‘n meisie of ‘n ou ontmoet wat jou hormone ophol jaag, moes jy wag tot jy ringe geruil het.  Dit kon eers geskiet wanneer die man kon bekostig om huis op te sit.  As jou hart tjoklits pomp vir ‘n kar, sou jy moes sente omdraai en spaar tot jy dit kon bekostig het.  Dit klink amper onwerklik.  Vandag betaal jy vooruit, ontvang jou rekeninge per epos en betaal op die internet.  Jy het nie eers ‘n verhouding nodig as lus jou dryfkrag is en met epos, Facebook en Skype kan jy binne minute met enige iemand kontak maak.  Jy kan enige iets wat jou hart begeer dadelik op skuld koop.

Gerieflik beslis en ek raak seker heel eerste van my verstand af as dit more moet verdwyn.  Tog, as ‘n mens daaroor dink, het dit met ‘n prys gekom.  Geduld, afwaging en hoop.  As iets nie dadelik gebeur nie gee ons op of krap alles anders deurmekaar.  Daar is nie die voldoening om iets waarna jy lank uitgesien het uiteindelik te kan ontvang nie.  Hoop, die verwagting en geloof dat iets gaan kom, is amper oorbodig.

Dit is dus seker geen raaisel dat so baie mense deesdae in wanhoop is nie.  Maak nie saak hoe modern en slim ons raak nie, sekere dinge kom net met tyd.  Mens kan net mooi niks daaromtrent doen nie.  Dit lyk onmoontlik om daardeur te kom:  behalwe wanneer die nodige geduld en hoop aan die dag gelê word.  Eienskappe wat ons met elke verbygaande dag besig is om te verleer.

Dit laat my dink – sou ons vandag in blydskap vir Jesus kan wag?  Of gee ons bloot net op omdat dit nie volgens ons tyd geskiet nie?  Hoeveel meer het die onmiddelike vervulling ons van beroof?





Elke hond dra ‘n sak

26 11 2011

Tannie Tossel het my huiswerk gegee en ek is ‘n heksie wat huiswerk doen.  😆  Ek het eers gedag sy is dom toe sy sê elke hond dra ‘n sak.  Maar toe sien ek vandag by Boeties so ‘n hondjie.  😯





Boeties Tyd

25 11 2011

Hallo Maatjies!!!

:mrgreen:  Oe!!  Ons gaan more weer boeties toe.  😀  Ekke kan nie wag nie!  🙂 Ek het my neus geskuur en tong geverf.  More gaan ek vir almal wegvlieg en sommer ‘n beker kry.  :mrgreen:

Weet julle nie wat Boeties is nie?  😯  Daarso is ‘n stopsel in julle opfoeter.  😈  Met Boeties trek ons ons mooiste skoentjies aan en gaan kruip daarmee.  😉  4000 m ver, kan julle glo.  😀  Ons wys daarmee dat ons weet dat daar maatjies en tannies is wat seergemaak word.

Merriegriet kroek altyd.  👿  Sy trek haar skoene uit en loop kaal hande tot die einde.  😡  Dan sê sy mos dat sy dit mos dra, al is dit in haar hande.  🙄  Tannie Ougat het dit ook al gedoen, maar sy het glad nie gekroek nie.  En Tannie Verslons en tannie Ousie en Tannie Juffrou en Tannie Eendjie en Tannie Lepel.  😡  Maar Merriegriet wou nie weer al die maatjies vertel om te kom nie.  Sy is te lui!

Tata Maatjies.