Hongersnood

28 11 2011

Dit voel half na fiksie dat mense vandag nog van die honger sterf.  Helaas is dit nie net ‘n storie nie, mense in Suid-Afrika gaan slaap nagte lank honger as daar niks te eet is nie.  Weke gelede was ek met skok en afgryse gevul nadat ek gelees het hoe twee kinders dood is van honger en dors toe hulle kilometers ver agter hulle ma aangestap het vir kos.  Die ma se jonger sibbe is ‘n paar kilometer verder gekry – waar hulle ook weens honger gesterf het.

Die storie is gelukkig nie onder die mat ingevee nie.  Verlede week was daar ‘n instelsel op die Nuus gewees.  By verdere ondersoek blyk dit dat die hele gemeenskap verhonger.  Meer as 80% is werkloos en daar is doodeenvoudig niks om te eet nie.  Gift of the Givers het gaan kos uitdeel, maar die kos sal natuurlik nie hou nie.  Die regering gaan ook ingryp deur ID’s te gaan uitdeel sodat die mense vir toelae aansoek kan doen.  Daar was vandag ‘n berig oor die geval in Rapport gewees.  Turksvy en Klippie het ook onlangs oor honger mense gewonder.

Ek kerm gereeld oor die bakhandkultuur in Suid-Afrika, die bedelaars op elke straathoek en die dekselse kindertoelae.  In die geval is dit baie maklik om sondebokke te kry.  Die regering wat toelae soos lekkergoed uitdeel, verlig net die simtome, maar die ware siekte vererger by die dag.  Arbeidswetgewing in Suid-Afrika is dalk geskryf om die werker te beskerm, maar niemand wil meer werkers inneem nie juis daaroor.  Boere kom ook eerder sonder werkers klaar, voordat die einste werkers ‘n eis teen hulle grond insit.  Die werkers kan selfs sorg dat die boere hulle lewe verloor in ruil vir werk.  In Suid-Afrika is dit mode om die hand te byt wat jou voer.  Teen R10 ‘n brood en R10 ‘n liter melk, is kos onbekostigbaar duur.  Les bes moes die ma nie geteel het as sy nie kon voer nie.

Die blaamspeletjie het dalk meriete, maar dit maak nie een honger maag vol nie.  Terwyl jy honger is, kan rede nie ingesien word nie.  Onthou die mense hoor dit is Apartheid se skuld dat hulle nie kos het nie en die blankes is te inhalig om te deel wat in die eerste plek gesteel is.  As jy met die gedagte rondloop, sou jy nie ook gehaat het nie?

Dit is dalk nie jou, my of ons verantwoordelikheid om die hongeres te voer nie.  Baie van ons doen dalk meer as hulle deel.  Tog, kan ‘n mens jou rug met ‘n rein gewete draai op ‘n mens of selfs ‘n dier wat verhonger?  As dit in jou mag is om te help, durf jy weier?

Dit is makliker om te help as ‘n mens dink.  KFC vra R2 om ‘n kind te voer.  Pick n Pay het weer ‘n stelsel waar hulle belowe om vir R10 6 mense te voer.  Hoe hulle die rande rek om dit reg te kry weet ek nie.  Maar ek vertrou hulle beslis meer as iets waar ‘n korrupte politici (wie se gretigheid en sotlikheid die brood uit die armes se monde steel – oops, daar blameer ek weer) betrokke is.  Daar is ook die Heilsleer, Gift of the Givers en Helpende Hand wat hulle bes probeer.  Jy kan dus maklik help, sonder om ‘n bedelaar in hulle kwaad te sterk.

Dink julle die gemiddelde Suid-Afrikaner gee genoeg vir hulle mede burgers om?

Breinvasbrand:  Wanneer was Gift of the Givers in opdrag van Muhammed Saffer Effendi al Jerrahi gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Advent.


Aksies

Information

7 responses

28 11 2011
demoerin

Kom ons stel dit so…as die gemiddelde Suid-Afrikaner NIE genoeg vir hul mede-burgers omgegee het nie…was daar baie meer honger mense.

28 11 2011
Olga

grieters, wat dink jy gebeur wanneer jy by die welsyn gaan aanmeld n familie is honger of n kind wovd mishandel? Kom ek jou vertel. SWEET BLUE BUGGER AWL. hulle voel eenvoudig n 4k.

28 11 2011
Olga

6/8/92.

Die anc kan begin deur aan te kondig dat geen, maar geen kindertoelaag aan enige skoolkind of minderjarige kind of kind wie se pa lewe uitbetaal sal word nie. Anc kan verder gaan en sê dat enige minderjarige swanger ma se ongebore kind se pa van statutere verkragting sal tronk toe gaan omdat sy swanger is. Die anc het die ellende gesaai. Hoe gaan hulle dit regmaak? Verwag hulle regtig dat liefdadigheidsorganisasies moet hande uitsteek terwyl hulle, die anc, beroepe tot bevolkingsontploffings goedkeur deur die ma met ‘n kindertoelaag wat nie eers genoeg is om ‘n hond aan die lewe te hou nie, beloon? Stop die kindertoelae. Sluit die pa wie nie sy kind kan of wil onderhou nie, toe. Sluit die ma wie willens en wetens swanger raak toe. Begin iewers. Stop die malligheid. Die kinders is onskuldig. Die lewe is swaar genoeg vir meeste van ons in Suid Afrika vandag. Hoekom kindertjies in die lewe bring om swaar te kry???? stop dit asb.

28 11 2011
Olga

As ek kyk na die kospakkies hierbo, hoe lank kon ‘n honger gesin daarmee klaar kom? Nee, regtig, die regering het met gulsigheid meeste plaaswerkers en huis en tuin werker van die mark af geprys met hulle “vat van witmense en befonds swartmense” beleid. Tog is dit nie die beleidmakers wie stowe in die kak wat hulle gesaai het nie. Dit is einste mense wie se dienste hulle, die anc, van die mark afgeprys het.

28 11 2011
Selene Phoenix

6 Augustus 1992

Hoeveel meer moet mens gee?? Belasting eet klaar so baie, en daai geld gaan net vir vet pense wat net steak en kreef eet! Ek kry die kinders jammer, hulle het nie gevra hiervoor nie!

Ek sal graag wil help, maar hulle moet eers hulself probeer help deur 1) Te werk! 2) Minder kinders te hê en 3) Dankaar wees! Die vet weet, bedelaars soek nie ‘n appel nie, nee hulle soek geld!

28 11 2011
J W W

Die kontinent is altyd bleddie hongor !!! Hoekom kan afrika nie vir afrika help nie…. hulle kyk al 400 jaar lank hoe blankes boer, en tog, kan hulle dit nie self regkry om genoeg kos te produseer nie….. in elk geval, daar is al 7 BILJOEN mense op die klein blou bal, en dis TE VEEL !!!!

28 11 2011
Olga

Presies net so. Hoeveel langer moet ons vir apartheid boet? Was ons nie ook maar net slagoffers van a4kenpartheid nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: