Lunch Week 45 / 11

22 11 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Graaf; Baron; Hertzog
  2. Onderbroek; Bra; Hakskoene
  3. Huis vir Nadia; Broeders van Adam; Brug van Esels
  4. Ruben; Benjamin; Josef
  5. Adidas; Panasonic; LG




Wie sal die kinders beskerm?

22 11 2011

Vrydag begin die 16 dae van aktivisme teen vroue en kindermishandeling weer.  Soos dit nou al tradisie is, gaan ‘n paar 1000 mense weer in Johannesburg teen vroue en kindermishandeling protesteer.  Die jaarlikse Sisters with Blisters waar 4 km (of 8 km) in hakskoene afgelê word in solidariteit vir al diegene wat in stilte ly.  Stilte is immers die grootste vriend van die mishandelaar en die grootste vyand van die slagoffer.  Helaas is die vernedering om die mishandeling te erken vir talle te groot.  Die vrees dat niemand die slagoffer sal glo nie of selfs vrees dat die slagoffer verwyt gaan word, beskerm stilte soos geen wag ooit sal kan doen nie.  Dit is hartseer, maar ook nie ongegrond n6ie.

Ek brom elke jaar daaroor dat die 16 dae van aktivisme deur mishandelaars gebruik word om hulle self te bemark.  Dit is amper of veral kindermishandeling dan op ‘n spits gedryf word.  Ek hoop dat 2011 die uitsondering op die vieslike reël gaan wees.  Die vet weet, as elke mishandelaar sy merk wil maak, weet ek nie of daar nog veilige, ongeraakte kinders in die land gaan wees nie.

Die jaar was nie ‘n goeie jaar vir die kinders van ons land nie.  Siende dat ons in Afrika is, moet ons seker die Afrika tradisie omarm dat die gemeenskap die kind se ouers is.  Met net ‘n vinnig oorsig, blyk dit dat die gemeenskap ons kinders gefaal het.  Erger, as ‘n mens kyk waardeur van die kinders gegaan het, wonder ‘n mens wat dit van die gemeenskap sê.  Die manier waarop kinders behandel word, moet seker op die gemeenskap weerspieël?

Daar was die Sondagverkragter, wat op Sondae – terwyl hy veronderstel was om gemeenskapdiens te verrig omdat hy vroeër tienermeisies onsedelik aangerand het – jong meisies gaan soek, verkrag en selfs vermoor het.  Hy is nou waar hy hoort, maar ander het seker les geneem.  Net een van hulle is gevang.  Daar is die ma’s wat soos hasies teel en dan die babas weggooi soos gemors.  Ek blameer nog steeds die kindertoelae.  Daar is vanjaar kinders dood van honger en dors omdat die ma pad gevat het en hulle gelos het sonder ‘n kriesel.  As ek reg kan onthou was dit nie die enigste geval nie, maar die ander kinders was betyds gevind.

Waar die gemeenskap veral harde vrae aan onsself moet stel is hoe kinders mekaar mishandel.  Selfone, kameras, internet, mxit en facebook mishandel nie kinders nie.  Dit is die kinders (en sogenaamde volwassenes) wat kinders deur dit bykom.  Seks en verkragtings self wat verfilm en versprei word.  Kinders se name wat deur die modder gesleep word en sommer in die modder versuip word.

Dit gaan verder.  Vanjaar was daar ‘n geval van jongmense wat ander vasgebind en aan die brand gesteek het.  Al word Satanisme blameer, is dit nog steeds ‘n daad wat mense ‘n ander een aangedoen het.  Laasweek het seuns in Belfast ‘n kompressor in ‘n klasmaat se hol opgedruk en dit oopgedraai.  Die seun, wat reeds gestremd is, het natuurlik baie seer gekry.

Is dit ‘n geval van ledigheid wat die duiwel se oorkussing is.  As ons strate weer veilig is dat kinders kan kom en gaan soos hulle wil, sal hulle hopelik iets beters kry om hulle self meer besig te hou.  Soos ek verstaan is dit die staat se plan teen 2030.  Hoe kinders die volgende 19 jaar (‘n hele generasie) gaan oorleef, is bo my begrip.

Al wat kan help, is genade.  Meer as wat menslik gegee kan word.

Breinvasbrand:  Wie het erken dat hy die Sondagsverkragter is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Zander Tyler