Lunch Week 42 / 11

31 10 2011

Algemene Kennis

  1. Wie is die 2011 Curriebeker Kampioene?
  2. Wat was Dick Francis eers voordat hy ‘n skrywer geword het?
  3. Wie speel die rol van Felicity in 7de Laan?
  4. Wie se opvolger is Nhlanhla Mkhwanazi ?
  5. Wat is die grootste woestyn in die wêreld?




Koerantbrokkies (Kort en kragtig)

31 10 2011

‘n Tukkie Verkrgater het deur ‘n venster in die polisie stasie ontsnap. Hy het daarna weer verkrag, ‘n 22 jarige vrou en haar skoot rekenaar en selfoon gesteel. Twee polisiebeamptes is nou gearresteer en sal hopenlik geskors word omdat hulle hom alleen toilet toe laat gaan het.

Dr. Paul Möller (60), ’n bekende wildkenner en spe­sialis op die gebied van jakkalsnavorsing, het Saterdagoggend homself in wat lyk soos ‘n fratsongeluk self dood geskiet.

Voormalige president van die Goue Leeus-Rugbyunie, Prof. Jannie Ferreira se seun is Saterdagaand oorlede. Dis nog onseker hoe, maar dit word beweer dat hy sy nek gebreuk het toe hy in die swembad geduik her.

Die Valke het glo bewyse van tenderbedrog gevind in hul ondersoek na die sake­belange van mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Glo nie Malema is nou daaroor bekommerd nie, hy sit seker nog in Mauritius.

Mnr. Fikile Mbalula, minister van sport word glo afgepers deur ‘n model wat sê sy is swanger met sy kind.

Baie geluk aan die Leeus!!!! Na 61 jaar het ons die trofee op ons tuisveld terug gekry! Tyd om die kas skoon te maak na 12 jaar! En dis hoe ons Kaptein lyk sonder sy baard… wie sou dit kon raai!

Strauss verloor baardstryd  Hy het vanjaar enduit vir sy span se eer in die Curriebeker-reeks geveg, maar die Goue Leeus se kaptein, Josh Strauss, moes ook woes walgooi ná die eindstryd om sy beroemde baard te behou. Strauss gister op ’n mediakonferensie sonder sy baard. Foto: Nelius Rademan Lees die berig

♪♫ Verjaarsdae ♪♫ Willow Smith (11) Peter Jackson (50) en Days of our Lives wat nooit einde kry nie se Deidre Hall (64)

 





Tyddeel

30 10 2011

Ek hoor deesdae meer en meer mense planne maak vir die vakansie.  Dit is een verseker manier om ‘n grootmens te kry om slapies te tel.  Almal wil graag meer gereeld wegbreek, verkieslik na plekke waar niemand jou naam ken nie, maar helaas is dit nie in almal se bereik nie.  Wel, tensy jy natuurlik die regte tyddeel aan geskaf het.

Dit aldus die mannetjie wat nou die dag tyddeel aan my probeer afsmeer het.  Die sommetjies het goed gelyk en die voordele ongelooflik.   Jy word eers vertel watse belegging dit is, maar anders as ‘n strandhuis het jy nie onderhoudswerk nie.  Jy het ook die vryheid van ‘n keuse, sonder om keer op keer na dieselfde plek te gaan.  Boonop – as jy slim werk – kan jy selfs oorsee gaan.  Die sommetjies lyk ook belowend.  Oor ‘n tydperk van 10 jaar, kan jy meer as ‘n R150 000 aan vakansies spandeer en niks daarvoor wys as miskien foto’s nie.

Maar as jy hom R50 000 gee, kan jy vir die volgende 15 jaar verniet gaan vakansie hou.  Daarmee spaar jy ‘n streepsak vol geld.  Dit is boonop ‘n belegging waarvan jy nie die waarde sal verloor nie.  Met al hulle vennote, sal jy ope arms oral in die wêreld verwelkom word.  Behalwe nou in Irak en Kuba, want wie wil nou eintlik daaruit kom.  Hy weet boonop dat min mense R50 000 het wat los rondlê, maar dit kan teen ‘n billike rentekoers befonds word.  Jy sal maar net ‘n paar honderd rand oor 5 jaar af betaal.

Glad nie sleg nie – alles in die naam van ‘n gratis vakansie nie.  Klink belowend en redelik – tot die verskuilde kostes verklaar word.  Soos ‘n jaarlikse heffing van meer as R5000 wat vir onderhoudskostes gebruik word.  (Verskoon my, maar ek dog dan jy vertel my dat een van die voordele is dat jy nie onderhoud het nie).  Die heffing is boonop gekoppel aan inflasie.

Dit is natuurlik nou een manier om dadelik my belangstelling te verloor.  Vertel my van ‘n ekstra heffing en ek wys hakskene.  Ongeag dit vir “gratis” vakansies is of gim kontrakte.  Ek het eers agterna aan die wiskunde gedink.

Een van die gastehuise wat ek gereeld gebruik vra my R550 ‘n aand vir bed en ontbyt.  Ek kan nege dae daar gaan uitkamp vir die prys van die heffing alleen.  Sonder die ekstra R50 000 wat ek afbetaal.  Boonop kry ‘n mens geen etes met die klub saam nie.  Na 15 jaar verval jou aandeel – wat dit nie juis ‘n belegging maak waarvoor jy meer as net foto’s kan wys nie.  En om alles te kroon, word ek dadelik vir ‘n antwoord gedruk.  Dit wys net, hulle kan nie bekostig dat jy daaroor dink nie.

Dan is die ou nog geskok dat ek glad nie belangstel nie.

Werk tyddeel vir enige iemand?  Ek dink vir ‘n enkeling is dit ‘n mors van geld, maar wat as dit vir ‘n gesin is?  Wat is die goedkoopste manier om vakansie te hou?

Breinvasbrand:  In watter oseaan sal jy die Bahamas kry?

Breinlosbrand:  Koos van der Merwe en dit is geen grap nie





Oplossing Week 41 / 11

30 10 2011

Algemene Kennis

  1. Frank Sinatra (Olga / Bileam / Staaltjies)
  2. aluminium (Olga / Bileam)
  3. Europa en Asië (Olga / Bileam)
  4. Krypton (Olga / Bileam)
  5. Jy het twee appels (Bileam / Staaltjies vir die in die hand)

Uilspieël

  1. Beker – Versorg nie hare nie (Olga)
  2. Hoender – het net gewebde voete nie (Olga)
  3. Werktuigkundige – is nie ‘n predikant nie (Olga)
  4. Snoek – is nie ‘n skaal dier nie (Olga)
  5. Marmite – is nie margerien nie (Olga)

Toorwoorde

  1. Arts vir inwendige siektes (Olga)
  2. telefoon (Olga)
  3. Verveeldheid laat mense droogmaak (Olga)
  4. paparazzi (Olga)
  5. Hittegolf

Couples Theraphy

  • 20 jaar – breekware (Olga)
  • 30 jaar – pêrel. (Olga)
  • 40 jaar – robyn. (Olga)
  • 50 jaar – goud. (Olga)
  • 60 jaar – diamant. (Olga)

Die tradisionele huweliksherdenking geskenke (Olga)

Liedjiepret

  1. American Woman – Lenny Kravitz
  2. Black Velvet – Allanah Myles (Olga)
  3. Dirty Dancer – Enrique (Olga)

Liriekeraai

  1. Collide – Leona Lewis (Olga)
  2. Just a kiss – Lady Antebellum (Olga)
  3. Heat is on – Isley Brothers (Olga)
  4. Dancing in the city – Marshall Hain (Olga)
  5. Big bad John – Johnny Cash (Olga)

Sing Saam

  1. Ceylon (Olga)
  2. Skip (Olga)
  3. twaafduisend (Olga)
  4. land (Olga)
  5. Verdrink (Olga)




Halloween Dipapteek

29 10 2011

Hallo Maatjies

In party plekke oor die water is dit amper weer tyd vir Halloween.  🙂  Ek het my ouma Heldina gevra hoekom hou ons nie Halloween nie.  :mrgreen:  Sy het gesê want dit is sommer simpel pretoors.  😯  Toe gaan vra ek Ouma Laviga.  Dit is wat sy my vertel het.

In ander lande het die heksies, spoke en monstertjies al die maatjies bang gemaak.  😡  Die merrierige goed!!!  👿  Ek is bly ek ken hulle nie.  😈  Nie een van die maatjies wou toe met hulle speel nie.  😈  Nee, die maatjies het hulle toe begin bang maak.  🙄  Elke keer wat ‘n maatjie hulle gesien het, het die maatjies begin skree en dan het hulle geskrik!  Njannies!!

Dit was toe tyd vir ‘n bietjie dipapteek.  😆  Die heksies en die monstertjies en die spokies moes vir die maatjies wys dat hulle eigenlik gaaf is.  😀 Toe maak hulle Halloween sodat almal saam kan speel.

Ons het nooit die maatjies bang gemaak nie en ons het nog altyd saamgespeel.  :mrgreen:  Daarom het ons nie Halloween nodig nie.

Julle het dit tog nooit geweet nie.  Sien, ek is die mooiste en slimste heksie wat julle ken.





Lunch Week 41 / 11

28 10 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie. Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil. Identifiseer dit met die sanger.)

Party vrouens het darem ook geen skaamte nie.  Kyk nou na daardie blonde Amerikaanse vrou met die swart fluweel rokkie aan.  Ek raai maar dit is ‘n rok.  Sy is darem een vuil danser.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. I’ll pick you up when you’re down
    Be there when no one’s around
    When you’re in unfamiliar places
    Count on me through life’s changes
  2. I’ve never opened up to anyone
    So hard to hold back when I’m holding you in my arms
    We don’t need to rush this
    Let’s just take this slow
  3. The charge of love is on the way
    Make it easy, make me stay
    In case you can’t hang on
    Move on, the heat is on
  4. Pleased to see another face
    At light-up time
    If you’re feeling dull and run-down
    We can really make you shine
  5. Somebody said he came from New Orleans,
    Where he got into a fight over a Cajun Queen.
    And a crash and a blow from a huge right hand,
    sent a Lousiana fella to the promise land.
Sing saam
Sommer net vir die pret – vervang die ### met die woord wat makeer.  Kom ons begin met iets maklik.
Die Kat kom weer
Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na ###.
Die ### die was gelaai met 'n ### ton.
Nie ver nie van die ### daar het die skip gesink;
en al die matrose op die skip het ###.




Voorspellings

28 10 2011

Ek het toevallig die dag by ‘n vriendin koffie gedrink.  Daar hak haar man af en kondig aan dat haar span (Transvaal of dan die Goue Leeus) die jaar die Curriebeker gaan wen.  Dit was in Junie en ek was regtig so effens uit die veld geslaan dat die groot Ossies man, so vroeg al boedel oor gee.  Toe word ek van die voorspelling vertel.

Iemand – vermoedelik Leon Schuster – het besluit dat die Lions eers weer die Currie Beker sal wen wanneer daar in Namibië sneeu.  Nie ‘n groot waarskynlikheid nie.  Hy het egter nie met aardverwarming (die IRONIE!!!) tred gehou nie.  Junie 2011 . . .

En wragtig – op 29 Oktober kan die Lions hom sy woorde laat sluk.  Ek dink dit sal ‘n klassieke voorbeeld wees van Famous Last words.

Dus, aangesien dit my tweeling se span van keuse is, wens ek hulle sterkte toe.  Sal hulle wen, sal dit die eerste keer in 63 jaar wees wat hulle dit op hulle tuisveld regkry.

Hulle moet dit geniet, want volgende jaar gaan daar Weer Probeer word om die koppie te kry waar dit hoort – Nuweland.