Bom Bedons

30 11 2011

Ek dink die gemiddelde Suid-Afrikaner vind die moontlikheid van ‘n bom half onwerklik.  ‘n Fiksie selfs.  Ons sien die in flieks of TV programme waar die omgewing betyds ontruim word of net betyds onskadelik gestel word.  Dit is ook nogal dikwels in strokiesprente waar dit altyd afgaan en alles swart, maar darem lewendig laat.  Ons lees in koerante van selfmoordbomaanvalle, dalk nog met ‘n gedagte dat die aanvaller mal is, maar vee ons daaraan af.  Dit is nie hier nie, dit is nie nou nie, dit is dus nie vir ons ‘n gevaar nie.

Daar is dalk mense wat dit beledigend vind.  In die 80s was bomaanvalle in Suid-Afrika ‘n realiteit gewees.  In 1993 was daar ‘n aanval op die St James Kerk in Kaapstad waar hulle onder meer hand granate gebruik het.   Ek onthou hoe daar in ons laerskool ‘n plakkaat met verskillende bomme was en ons was streng opdrag gegee om dit dadelik aan te meld as ons ooit een gesien het.  Die polisie en weermag het ook gereeld daaroor gepreek, maar dit het vervaag.  Die aanvallers het immers die land se regering oorgevat.

Tot onlangs.  Eers was daar iewers ‘n berig dat hulle ‘n groep malles aangekeer het wat beplan het om ‘n kerk op te plaas in Limpopo iewers.  Die volgende oomblik is daar weer ‘n bom in Eastgate Mall.  Blykbaar was daar nie ‘n bom nie, maar daar is baie mense wat hoog en laag sweer dat hulle gevoel het hoe die bom afgaan.  Goed, die polisiehoof is onder andere ‘n bomkenner, hy weet seker waarvan hy praat.  Ek hoop nou net daar is nie ‘n paar gekke wat nou lus geraak het vir bomme.

Ek sien in die koerante dat die mense half teleurgesteld is, want hulle het gehoop dit is die begin van die revolusie.  Hoekom onskuldige mense doodgemaak moet word in ‘n sogenaamde revolusie is bokant my begrip.  Dat mense dit kan goedkeur en selfs aanmoedig maak my siek.  Moet my lewe op die spel geplaas word omdat mense ‘n punt kan bewys?  ‘n Punt waarvan hulle dalk nie eers self seker is oor nie.

Ons gaan gewoonlik na inkopiesentrums, kerk, werk of byeenkomste toe met volle vertroue dat ons sal terug kom (dws as ons nie gekaap word of verongeluk nie).  Watter impak sal dit hê as daar ‘n wesenlike gevaar van ‘n bomaanval is?

Op die oomblik praat ons nog teoreties, maar dit is seker altyd goed om die teorie onder die knie te kry voor die praktiese.  Ons is net nie meer voorbereid op so iets nie, wat in ‘n mate ‘n seën is.  Aan die anderkant is dit seker ‘n dobbelspel, siende dat daar geen waarborge is nie.  Om voorberei en wakker te wees kan immers geen skade doen nie.

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wie was verantwoordelik vir die Kerkstraatbom wat op 20 Mei 1983 19 mense gedood en meer as 200 beseer het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Masaru Ibuka en Akio Morita.


Aksies

Information

6 responses

30 11 2011
Olga

umkhonto we sizwe?

30 11 2011
Olga

eerste!
Sowat n maand gelede het n buurvrou nelspruit toe gegaan en op n versperring afgekom by die riverside mall. Hulle het ook n bomdreigement gehad. Ander het weer gese dat dit die ou beproefte ‘bomdril’ was.

30 11 2011
Selene Phoenix

Ek onthou jaaaare terug het ek en my ouma in ‘n winkelsentrum geloop toe daar gesê was ons moet hol want daars ‘n bom. Ek onthou my ouma het gesê ek moet hardloop, maar ek het geweier om haar agter te los.

Darem was dit nie ‘n regte bom… as mens so klein is begrip jy nie regtig wat kan gebeur nie. Soos my Tweeling sê in teken prentjies doen die bom mos nie skade nie?

Ek verstaan ook nie hoekom iemand ander se lewens moet neem om hul punt te maak nie… blaas dan nou maar eerder jouself op iewers waar niemand anders is nie! Ek het ‘n ou geken wat bomme kon bou… nogal scary om te dink wat hy alles kon bou / doen (en ek praat nie van jou huis houdelike bomme wat elke jan trap en sy maat kan bou nie)

30 11 2011
fokker

Aboobaker Ismail, destydse hoof van Umkhonto we Sizwe

30 11 2011
JWW

Ek soek so paar groot bomme, ek het ‘n hele parlement om op te blaas, maar geld is skaars, so dit moenie te duur wees nie !

30 11 2011
Olga

wat van kunsmis en diesel???? Oee, kunsmis aan die duur kant.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: