Ek het ‘n nuwe maatjie

19 08 2017

P1440114.JPGHallo Maatjies

Dankie vir al die vriendelike tannies wat my verlede week gehelp het.  Ek het Merriegriet gevra om my te help met die leidrade.  Sy sê dit was Kaap Agulas.  Ek weet nie of sy net snaaks is nie.  Dit klink na ‘n vloekword.  He He He.

Ek het ‘n nuwe maatjie gemaak.  Ek kan nie sy naam onthou nie, hy wil net huis toe gaan.  Hy het ook snaaks gepraat.  Ken julle hom dalk?

O!  Die apie.  Die apie is eintlik baie slim.  Hy is ‘n professor nogal.  Sien julle, ek ken groot woorde.  Hy bly in Losbos, daarom kan ek hom nie vra wie ons maatjie is nie.

Ons het lekker saam met die maatjie rondgery op sy boot.  Hy het die heeltyd gesê hy wil huistoe, maar hy het deur ‘n bos gery waar al die ooms kaal was.  Ek was amper blind.   Ons is toe maar terug na Miesies Tassies toe.  Ons kon na vreeslike bekende ooms en tannies gaan kyk het, maar Merriegriet was snaaks.  Sy wou eerder na ‘n stukkende muur gaan kyk het.

Tata maatjies.





Waar loop Laviga rond

12 08 2017

Hallo Maatjies,

p12209651.jpg

Ekke het so effens verdwaal.

Ek het hierdie foto gekry en ek kan nie onthou waar dit was nie.  Kan  julle help?  Merriegriet hou haar snaaks.  Sy sê sy het my al 300 keer vertel waar dit was en as ek haar nog een keer kom vra, gaan sy my nooit weer saam met haar neem nie.

Lispiek wil net slaap – sy sê ek moet dit gogga.  Sy wil my nie vertel watter gogga nie.  ‘n Sprinkriek of ‘n muskaan?  Ek hou net van bottervliegies, maar ek kon nie een kry nie.

Weet iemand waar dit is?





Ek was in Patrys

5 08 2017

Kooeeeiiiieeee!  Tannie Ougat?  Tannie Tossel??

Ek is terug van Patrys af!  Oe!  Oe! Dit was lekker gewees.  Ek wil terug gaan, ek moet net eers ‘n nuwe besem kry.  Myne kon nie eers tot bo by die Eiffelsloot vlieg nie.

Elke oggend het ons ‘n croissarie gekry.  So vars dat die mis nog daarop uit gekom het.  Ons het ook altyd wit goed gekry wat Merriegriet sê kaas is.  👿  Ek het vir haar vertel sy jok!  Kaas is mos geel, nie wit nie.  Sy wou my net nie sê wat dit was nie, sy is mislik met my.

Ons het elke dag ook presidentjies en pannekoeke geëet.  😆  Daar was ook gelatien wat regtig net soos roomys geproe het.  Oe!  En die rooi koeldrank.  Tannie Ougat sê heksie kan net rooi koeldrank kry as die son onder is, maar in Patrys drink mens dit wanneer die son hoog sit.  Ek weet nie eintlik wanneer die son gesak het nie, die rooi koeldrank het my moeg gemaak.

Spar, ek moet gaan.  Hier is vir julle ‘n foto van langs die Eiffelsloot.

P1410487.JPGTarra, Maatjies





Koooeeewwwwwwiiiiiiiiiiiiieeeeeeee

2 10 2015

Hallo Maatjies!

P1230130

Die simpel Tannie Tossel maak mos of sy vergeet het hoe ek lyk!  Gmph!  So al asof sy my nie met die toon gegroet het nie.  Ek het ‘n foto en alles, maar Merriegriet sê ek kan julle nie  wys hoe lyk Tannie Tossel nie.

Ek wil net dat die plaat wys dat ek my besem kan vlieg!  Ek vlieg nie in bome en goed vas nie.  Buitendien is daar Tannie Tossel se heks vet.

Ek wil haar nie eintlik ken nie, maar dit is my verlangse, agtertoe, aangeklapte, verskoning van ‘n niggie Suielina.  Maatjies!  Daardie lelike heks hou van goue koeldrank en gooi altyd swart koeldrank by.  Merriegriet sê dit is groot sonde om ander koeldrank by rooi koeldrank te gooi.  Ek is ‘n goeie heks, wat reguit hemel toe wil gaan.  So ek mors nie met rooi koeldrank nie.

Soos julle kan sien, dans Laviga die mooiste heks nog altyd.  Beter as ou Suielina en Tannie Tossel.  Ek is die mooiste, slimste en oulikste heks wat julle ken.

Weet julle waar ek wegkruip?

1

2

3

Blok myself!





Gryp ‘n rooi koeldrank . . .

24 04 2015

P1340052

Ekke vervel!!!!!

Onthou!  Julle moet almal pippersente bring en vir my “Geluk Liewe Viga” sing.

Dan kan julle saam eet van my toor pot.

Bring julle dans vetertjies en laat ons op die balke swaai.

Hie ja!





1, 3, 2 . . .

28 03 2015

Hallo Maatjies

Sjoe, julle is slim.  Tannie Ougat was die regste, maar net omdat ek haar so ‘n klein bietjie gehelp het.  Tannie Rondeneusie en Tannie Skrabbel was ook reg gewees.  Tannie Tossel het die vloer gemoer omdat ek nie gesê het sy is reg nie.  So sy was ook reg, al het sy nie geraai nie.  Tannie Laken het lekker saamgespeel.

P1230808

Ek kon nie die week bitch toe gaan nie.  Boe hoe hoe!!!!  Toe gaan ry ek maar ‘n bietjie ‘n silver trein.

Weet julle waar ek is?

1

2

3

Julle is aan!





Laviga is weg

21 03 2015

Hallo Maatjies,

Sjoe!!  Julle is vreeslik slim.  Tannie Ougat was die regste regste met Der Reiterdenkmal by der Alte Feste.  Tannie Daresalaam was ook reg.  Dit is presies waar die Nasionale museum van Namibië is.  Daarom is tannie Rondeneusie ook reg – dit is alles in Namibië.  Maar nou is ek moeg vir die sand en winderige hoeke.

P1150786

Die week gaan julle sukkel.  Terwyl ek wegkruip gaan ek sommer na die dolkalyne kyk.  Hulle is so mooi wanneer hulle uit die water spring.

1

2

4

Julle is aan.





Ek is die wenner

14 03 2015

Hie Hie Hie!!!

Ekke het gewen.  Niemand kon my den kry nie.  Tannie Ougat, Tannie Skrabbel en Tannie Rondeneusie het geweet dit is in Windhoek, maar daar is baie denne in Windhoek.

Laviga Heks is ‘n wegkruipkampeerder.  Ekke was in Joe’s Beerhouse.  😯  Maatjies, daardie plek is deurmekaarder as Merriegriet se huis.  Julle moet gaan kyk as julle weer na die Winderige Hoek gaan.

P1100682

My den vandag is nie ver van die laaste den nie.  Dit is by ‘n bul sonder knolletjies.  ‘n Tannie-oom het dit lank terug met geweerdoppies gemaak, maar hy het gevergeet van die knolletjies.

Weet julle waar my den is?

1

2

3

Julle is aan!





Waar is die heksie?

7 03 2015

Hallo Maatjies!

Tannie Ougat en Tannie Rondeneusie was die meeste reg.  Merriegriet sê dat Duin 7 wel naby Walvisbaai is, so Tannie Tossel is ook reg.  Duin 7 is in die Namibwoestyn, so Tannie Skrabbel was ook reg.  Jong!  Julle is darem vreeslik slim.

Vandag gaan julle julle oor ‘n mik soek.  Nee, Tannie Ougat mag nie kroek nie.  Sy is aan, nie ekke nie.

P1100791

Dit is ‘n plek in die Winderige hoek waar heksie kan kos en rooi koeldrank kry.  Dit is ‘n vreeslike deur mekaar den, julle gaan julle dood soek.

1

2

3

Ek is weg.





Waar is my sand kasteel?

28 02 2015

Hallo Maatjies,

Tannie Hestia was reg met Alter Bahnhof Hotel in Swakopmund.  Joh, julle!  Sy is sommer baie slim.  Sy is seker ook ‘n heksie.  Tannie Skrabbel het ook geweet dit is in Sterkkoppenbek.  Reg hier op die maan.

P1110126

Ek gaan ‘n sandkasteel bou!  ‘n Baie groot een!  Grootste een!

Wie gaan my vandag kry?  Weet julle waar my sandkasteel den is?

1

2

3

Julle is aan!