Blommetjies

18 11 2011

Hallo Maatjies!!

😈  Ek hoop die ou perse het nie my rekennet vandag gesteel nie.  😥  Ek kon nie laas week kom speel het nie, omdat die perse alles op geëet het.  Sy is net neeloers.  😡

Het julle pienk vingertjies?  ❓  My ouma Heldina sê altyd iemand wie pienk vingertjies het, se plantjies groei altyde mooi.  😯  Ek wou my vingertjies pienk verf, maar my ouma sê dat my vingertjies pienk genoeg is.  😐 Hoekom sien ek dit nie?  👿

Ek was ‘n bietjie vervelig, toe gaan maak ek ‘n bietjie tuin op die bitch.  :mrgreen:  Kyk net my pragtig pers blommetjies.  🙂

Julle mag maar elkeen ‘n ou blommetjie pluk, maar moet nie alles verwoes nie.  😡  Netnou raak die blommetjies kwaad en trek.  😦 Dan gaan die ou perse lag!

Julle moet net versigtig wees vir die bytjies wat daar wegkruip.  😯  Hulle vat die blommetjies se sappies en maak heuning.  :mrgreen:  Njannies.  😆  Hulle het gesê as hulle my blommetjies se sappies mag vat, maak hulle verniet vir my heuning.  😀

Tata Maatjies





Lunch 44 / 11

18 11 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie. Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil. Identifiseer dit met die sanger.)

Ai tog, jy wen alweer.  Dit raak ‘n baie slegte gewoonte en ek is seker dat dit nie eerlik gebeur nie.  En nee, daardie buffel soldaat is geen gelukbringer nie.  Jou titel moet eintlik wees die groot voorgeër, want jy is net dop.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Ek is moeg vir die gesukkel van my dag tot dag bestaan.
    Die gewonder oor die geld as ons dalk iewers heen wil gaan.
    En die karre wat nie werk nie maak my werklik nou gedaan.
    En die deep-freeze het jou waarlik.
    Ook laasnag weer gaan staan.
  2. Maak jy jou oë toe as ons soen?
    Of loer jy oor my skouer, na iemand ‘n bietjie ouer as wat ek is.?
    Maak jy jou oë toe as ons soen?
    Of dwaal jy weg oor paaie?
  3. En al my vriende sê vir my: … “Buddy
    ‘n One night stand is mos nie trou.
    Want girls so mooi soos sy gaan nooit … Steady.
    En girls soos sy weet nie van bly.”
  4. Teen die hortjies klap die venter.
    En herinner my aan die
    Klop van jou kneukel aan my deur.
    Maar ek wet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou.
  5. Speel hy rugby, vra my pa, speel hy jou pierewaai?
    Hy ballet en kan kook daarby.
    O, pa!
    Hy’s verlief op my.




Fix it till it is broken

18 11 2011

Daar is regtig tye wat ek wonder of IT monsters niks beters het om met hulle tyd te doen nie.  Ek is altyd die eerste om toe te gee dat daar altyd ruimte vir verbetering is.  Maar verandering beteken nie altyd verbetering nie.  Dikwels is die verandering net ‘n verandering.  ‘n Pyn in die stert en iets om aan gewoond te raak.

Kom ons begin by Windows.  Elke jaar of wat is daar ‘n nuwe weergawe.  Dit is nou waarskynlik nie die einde van die wêreld as jy redelik gemaklik is agter jou rekenaar nie.  Jou oë moet maar net gewoond raak aan die nuwe uitleg en jy moet hier en daar vir ‘n ou bekende funksie soek.  Dit kan egter ‘n ramp wees as jy nie te seker van jou self is of die nodige funksies se name ken nie.  ‘n Paar jaar terug toe Vista uitgekom het, moes jy amper van voor af leer hoe om ‘n rekenaar te gebruik.   Dit het ons ook oorleef en slimmer anderkant uitgekom.

Facebook is na my sin ook heeltemal te gretig om te karring.  Dit het goed gewerk, jy kon sonder enige moeite en inspanning almal se gedagtes en idees volg.  Toe gaan besluit FB van wie jy meer hou en wie jy harder wil volg.  Ek sien nie die verbetering nie.  Hoekom moes hulle ook aan die klets funksie gaan “werk” het.  Weereens besluit hulle mos met wie jy graag sou wou praat.  Alles net meer rede om die kletsfunksie af te hou.

Mobile Sites sal my na drank dryf.  Dit is veronderstel om beter vir selfone te werk, maar dit is een vet gemors as dit nie vir jou werk nie.  Beeld dring daarop aan dat hulle elke keer in die selfoon uitsetting oop maak.  Jy sien dus ‘n maksimum van 5 berigte.  Glad nie gebruikers vriendelik as jy jou oog oor die koerant wil gooi nie.  WordPress se mobiele blad is ‘n kramp op plekke waar ek nie graag krampe wil hê nie.  Jy moet tot heelonder sukkel om dit verander en dan verander die dekselse WordPress dit ‘n dag of twee later terug.

Hoekom?  Is ek dan die enigste een wat nie die voordele van die verandering sien nie?  Daar is seker ander goed waarmee die IT mense hulle besig kan hou?

Die meeste van die veranderinge is ‘n doring in my oog wat lank vat om verwyder te word.  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Watter maatskappy ontwikkel Windows?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Topaz