Lunch Week 42 / 11

3 11 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

AG Visser; Eugene N. Marais; Totius; Ingrid Jonker; Elisabeth Eybers; O, die Pyn-gedagte; Toemaar, die donkerman; Busrit in die Aand; Skoppensboer; Amakeia

Gemeenskaplike faktor?





Nazi Kampe

3 11 2011

Aan die einde van die tweede wêreld oorlog, het die wêreld onderneem dat daar nooit weer iets soos ‘n Nazi Kamp sal wees nie.  Met goeie rede ook, die dade wat daarin gepleeg was is skreiend.  Iets wat die nageslagte van die Jode seker nooit sal vergeet nie en nog minder sal vergewe.  Hoe die wagte wat skotvry gekom het, met hulle self kon lewe is ‘n ander storie.

Ek dink egter dat daar nog steeds so iets soos Nazi Kampe is.  Hopelik sonder die vergrype waaraan die Duitsers hulle skuldig gemaak het.  Ek verwys eintlik na die sekuriteit wat ek dink by ‘n Nazi Kamp moes gewees het.  Genoeg sodat niemand kan inkom of die wat binnekom nie kan uitkom nie.

Ek praat nou nie van jou 2 m hoë heinings, wagte en kameras nie.  Ek hou niks daarvan om in of uit te teken nie, maar selfs daarvoor kan ek nog my tande kners.  Party besighede en selfs behuisingskomplekse vat dit dalk ‘n bietjie ver volgens my nederige mening.

Jy word basies soos ‘n misdadiger behandel en skuldig beskou tot anders bewys.  Die gemiddelde kwaaddoener meld mos ewe formeel by die voorhek aan en verklaar al hulle planne.  Daar word ‘n voorraadopname van alles in jou besit geneem.  Daarna word daar vasgestel wie en wat jy nou eintlik is.  Van die registrasie en deesdae selfs lisensie van jou kar tot ‘n positiewe identifikasie van jouself.  Goed, ek erken dat ek al wel in die verlede ‘n vals naam moedswillig verskaf het, maar ek het nog nooit moedswillig op ‘n ander se eiendom skade veroorsaak nie.

Party plekke reik jou selfs ‘n tydelike “permit” met foto en al uit.  Wanneer jy na ‘n voledige ondersoek weer vrygelaat word, moet die permit terug gegee word.

Wat ‘n wonderlike manier om gaste te verwelkom of af te sien.  Ek persoonlik sal kriewelrig gewees het as ek in ‘n Nazi Kamp moes woon of werk.  Genugtig, mens voel amper verplig om toestemming te kry om asem te haal.  Help ook nie jy skel die wag nie, hy / sy voer maar net opdragte uit.

Ek wonder wel of al die oordadigheid wel misdaad hokslaan?  Sal daar ooit weer ‘n tyd wees waar jy net na iemand kan ry en soos ‘n beskaafde mens aan die deur gaan klop?  In die land van barbare moet almal seker soos ‘n barbaar behandel word.

Hoe voel julle oor die tipe sekuriteit?

Breinvasbrand:  Wanneer is Heinrich Himmler gebore?

Breinlosbrand:  Olga Gerda was reg met Robinson Crusoe.  Jammer vir die tikfout, Gerda