Lunch Week 44 / 11

15 11 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Phantom of the Opera; Grease; Cats
  2. Wetnose; DDT; CLAW
  3.  Paleontoloog; Ginekoloog; Neuroloog
  4. Maputo; Lourenço Marques; Salisbury
  5. Bouler; Kolwer; Lynstaan




Alles in die naam van skoonheid

15 11 2011

Somer is seker ‘n tyd om weer uit te haal en te wys.  Nou nie noodwendig alles nie.  Maar jou voete kom nou weer in sandale, die rokkies en broekies raak korter en jy wil dalk ‘n draai op die strand maak.  Dit kan jy nie in jou winter toestand doen nie – wel, soos ek van die tydskrifte verneem.  Skielik is die gims oorlaai met almal wat hoop hulle kan die winterskade ongedaan maak.  Almal is op ‘n dieet om al die moeite in Desember ongedaan te maak.

Die oefening, diëte en die moontlike gesigs, voet en selfs hand behandeling is seker normaal en kon nie juis skade doen nie.  Skoonheidsterapeute moet darem ook lewe en ‘n Kersfees bonus sal welkom wees.  Tog is daar mense wat vir elke weird storie of belofde val.  Ongeag hoe dit met kos, sjokolade of drank mors.  Die behandeling kan selfs walglik wees, maar as dit hulle dalkies jonger gaan laat lyk, sal hulle dit gaan probeer.

Cleopatra het blykbaar altyd in melk gebad.  Ek het nog altyd by die blote gedagte daarvan gegril, terwyl ek baie lief is vir ‘n koue glas melk.  Veral as dit saam met ‘n koekie kom.  Ek hoor daar is ‘n behandeling waar jy in bier bad.  Daar is glo ook ‘n biermasker vir jou gesig.  Dit kan seker nog gaan, maar ek weet darem nie of ek vir slakslym gesigroompie sal val nie.  Daar is selfs mense wat hulle gesigte met urine was.

Masserings is ‘n perd van ‘n ander kleur.  Persoonlik hou ek nie daarvan as mense aan my druk en vroetel nie.  Daar is ook nie juis ‘n kans wat ek gaan betaal om geboelie te word nie.  Ek verstaan daar is massering mishandeling wat met sjokolade gedoen word.  Ek is nou nie die grootste aanhanger van sjokolade nie, maar wat ‘n vermorsing.  Ek sal goeie strek oefening kry soos ek dit van my rig sal wil aflek.  Dit is darem nie pynlik nie.  Daar is ‘n behandelink waar daar ‘n vakuum gevorm word met warm glasse op jou vel.  Dit is nog niks.  Hoe sal jy daarvan hou om met takke gelooi te word – alles in die naam van goeie bloed sirkulasie?  En net om seker te maak jy behou die sensasie word jy agterna met koue water gegooi.

Een behandeling wat my so fassineer dat ek dit sommer sal probeer is ‘n Thaise / Japanese Vis pedikuur.  Jy druk jou voete in die vissies se dam en hulle vreet al die dooie velletjies weg.  Blykbaar is dit glad nie seer nie, net kielierig.

Het jy van weird behandelings gehoor?  Enige van hulle al self probeer of oorweeg?

Breinvasbrand:  Wie was die stigter van L’Oreal?

Breinlosbrand:  Mense in Suid-Afrika was blykbaar altyd 07:00 gehang.