- Wat is “egoïs”?
- Wat beteken die afkorting “R”?
- Wat beteken die uitdrukking “doring in die oog”?
- Gee ‘n sinoniem vir “renons” (5 letters)?
- Herrangskik die volgende in ‘n sinvolle woord: SLIEGAHID
Lunch Week 44 / 11
16 11 2011Kommentare : 1 Comment »
Kategorieë : Fun and Games
‘n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie
16 11 2011Hier is hopeloos te veel onderwysers op WordPress. Seegogga, ‘n gewese onderwyser, het my vertel om ‘n opstel oor “’n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie” te skryf. Ek weet nie hoekom daar nou juis ‘n opstel nodig is nie. Die paragraaf gee duidelik die betekenins van die uitdrukking. Seegogga het nie ‘n bord, kryt of selfs ‘n klas nie, maar sy sal nog wragtig huiswerk uitdeel. Die Engelse praat mos van old habits die hard.
Die perfekte misdaad is glad nie so moeilik soos wat ‘n mens dink nie. Die sin moet egter baie versigtig en omslagtig hanteer word. Sien, dit is juis daardie aanname wat jou jou gat sonder ‘n spieël sal laat sien. Die polisie, nie eers die Suid-Afrikaanse polisie, is ook nie regtig so dom soos wat hulle lyk nie. Die oomblik dat jy dit dink, is die tronk jou voorland.
Nogtans is daar al in die verlede perfekte misdade gepleeg. Dit is ook nie onmoontlik om vandag iets briljant uit te voer betreffende misdaad nie. Die geheim is dat jy dit soos ‘n Top Secret Naval Operation moet doen. Vir die wat nie bekend is met Pearl Harbor nie, beteken dit dat jy iets moet doen wat niemand van te vore gedoen het of aan gedink het nie. Daarmee gaan jy nie net jou kompetisie en slagoffers ontnugter nie, maar ook die wat jou moet aankeer en tot orde roep.
Dit kos fyn dink, goed beplan en presisie in die uitvoer, maar sukses is so te sê gewaarborg. Hoekom haal die meeste mense se dade hulle een of ander tyd tog in? Die mens is nou een maal nooit tevrede met hulle sukses en met wat hulle het nie. Dit moet altyd meer, beter of slimmer wees. Kort voor lank steek die gierige gogga sy kop uit en kan dit net op een manier bevredig word.
Dit is dan ook hier waar die vloek van “n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie” te sprake kom. Persoonlik is ek meer bekend met “”n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar.” Die mens gaan altyd weer terug na wat voorheen gewerk het. Die verskil is dat die briljantheid ten minste halveer is en die nodige verweer teen die streek is in plek gestel. Die kanse dat dit weer gaan slaag, is dus aansienlik minder as die eerste keer wat dit gebeur het.
Dit is maar een voorbeeld. So oud soos die skepping, maar nogtans so waar soos nog iets. Mense haal altyd hulle ou streke van vooraf uit. Hulle vererger met die tyd saam, maar sal dit nimmer laat staan. Daar bly ‘n onderwyser, altyd maar ‘n onderwyser. ‘n Verkragter, sal weer verkrag. Die ou wat met bedrog weggekom het, sal weer probeer. En geskiedenis sal maar altyd herhaal word.
So voorspelbaar, maar dit is tog ons behoud. As jakkals sy snaar kon verander het, was daar seker aansienlik meer chaos.
Ek moet die huiswerk verder uitdeel en ek tag Tannie Gypsy dan met “Water in ‘n Mandjie dra.”
Breinvasbrand: Watter karakter in Pateet 7de Laan draai altyd sy / haar idiome om?
Breinlosbrand: Eugene Schueller
Kommentare : 10 Comments »
Kategorieë : Huiswerk
Wie runnik saam?