Trane trekkers

5 11 2011

Ek het die eerste keer van “My Sister’s Keeper” gehoor in ‘n resensie van Tannie Gypsie daaroor.  My verbeelding was dadelik geprikkel en my goeie vriendin Google het my die storie vertel.  Julle weet, net sodat ek nie vrek van nuuskierigheid voor ek die boek verslind nie.  Kort daarna het die fliek uitgekom en ek het natuurlik gaan kyk.  Kort oor lank het almal in die fliek rondom my gesnik asof hulle harte breek.  Ek kon vir ‘n verandering die hartseer insien, maar het droë-oog baie geamuseerd gedink wag net tot die einde – julle tjank julle vandag wragtig dood.

Gelukkig vir hulle het die vervaardigers die einde verander.  Moontlik gelukkig vir my ook, anders het ek dalk my rekord verloor dat geen fliek my na trane kon dryf nie.   Hopeloos te vlak daarvoor.  En glo my, mense het my al getoets en hulle moes maar erken dat daar geen salf aan my te smeer was nie.

Ek onthou die aand wat ek Pearl Harbour gaan kyk het, toe wag een van die seniors my in die voorportaal van die koshuis in.  Ek het skaars in geloop, toe wou sy my oë ondersoek – vas oortuig dat tot ek aan die grens moes gaan.  Sy moes teleurgesteld wegdraai – daar was niks.  Tot vandag toe snap ek nou nie heeltemal wat so hartseer was nie.  As jy na ‘n fliek gaan kyk oor die Tweede Wêreldoorlog gaan kyk, gaan die mense mos doodgaan.

Daar was wel al ‘n paar knop-in-die-keel oomblikke in flieks gewees.  Hier is volgens my van die hartseerste flieks / oomblikke in flieks.

  • The Notebook – Die man gaan lees elke dag vir sy vrou wat aan Alzheimers ly hulle liefdesverhaal.  Dan gebeur die onmoontlike wonderwerk en sy onthou hom en hulle lewe saam.  Hy is verheug en hulle dans saam – voordat sy weer alles vergeet en dink hy is ‘n vreemdeling wat haar molesteer.
  • Titanic – Ek sal nooit kan oe en ah oor ‘n skip wat gesink het nie.  Dit is vir my net ‘n voorbeeld van hoogmoed wat tot ‘n val kom.  Tog, in die sogenaamde trefferfliek is daar ‘n toneel wat my die wêreld uitmekaar sal laat skeur.  Die derdeklas passasiers word in die ruim toegesluit, sodat hulle nie die eersteklaspassasiers vertrap nie.  Die meeste baklei hard om daar uit te kom, maar party besef dat dit te vergeefs is.  Die een ma vat haar kinders rustig bed toe en lees hulle ‘n slaaptyd storie.  Sy probeer hulle aan die slaap kry voordat hulle verdrink.
  • The Reader – ek is ‘n sucker vir ‘n goeie storie van die Tweede Wêreldoorlog.  Daar is ‘n paar flieks wat ek nog moet sien wat seker ook die lys sal kan haal.  Die hartseerste van The Reader is die vermorsing van een mens net omdat sy nie kan lees nie.  Sy is dalk afsydig, maar haar hart klop op die regte plek.  Te trots om te erken dat sy nie kan lees nie, land sy in die tronk vir iets wat sy nie gedoen het nie.  Daar leer sy met die hulp van ‘n ou vriend haarself lees en skryf.  Maar dan verkies sy die dood bo die wêreld.
  • Artificial Intelligence – ‘n Robot seuntjie met die emosies van ‘n mens.  Hy raak lief vir sy mense ma, maar haar regte seun vir wie hy moes instaan, kan hom nie verdra nie.  Na ‘n paar jaloerse uitbarstings moet die robot geneem word om vernietig te word.  Die ma kry dit nie oor haar hart nie en sy laai hom in ‘n bos af.  Waar hy histeries word omdat hy nie kan verstaan hoekom sy ma hom verlaat nie.
  • Million Dollar Baby – Die beste fliek wat ek die meeste haat.  Daar is twee tonele wat ek hartseer kan noem, maar dit maak my seker meer kwaad as hartseer.  Die vrou vorder fluks in bokskringe.  Voordat sy enige iets vir haarself koop, sien sy eers na haar familie wat in ‘n trailer park woon om.  Toe breek sy haar nek in ‘n bokskryt en word ‘n invalide.  Sy vra vir haar familie en haar afrigter laat hulle kom.  Maar hulle daag nooit by die hospitaal op nie – tot die dag van hulle vertrek.  Net sodat sy haar bates aan hulle kan oorteken sodat hulle nie kaalgat is wanneer sy sterf nie.  Ek persoonlik voel nogal baie lekker daaroor dat sy nie teken nie.  Die tweede toneel waarna ek wil verwys kom wanneer niemand haar wil help om dood te gaan nie.  Sy probeer dan selfmoord pleeg deur haar tong te byt.
  • My Sister’s Keeper – ‘n Jong meisie wat van kanker doodgaan.  Toe sy die eerste keer gediagnoseer is, het haar ouers ‘n kind laat skep om die ideale skenker vir haar te wees.  Skielik wil die skenker nie meer saamspeel en haar nier vir haar suster opoffer nie.  Julle kry die idee, ek hoef nie verder uit te brei nie
  • The Green Mile – ‘n Groot, reusagtige man, met die kleinste hartjie denkbaar.  Hy word skuldig bevind op die moord en verkragting van twee klein dogtertjies, maar hy is onskuldig.  Die hoofwag besef dit en wil hom help om uit die tronk te kom.  Die man sien egter nie meer kans om in ‘n wêreld te bly waar mense slegte goed aan mekaar doen nie.  Wanneer hy in die elektriese stoel sit, is hy nog steeds bang vir die donker en vra dat hulle nie sy gesig bedek nie.
Dit is my lysie.  Wat dink jy is die hartseerste flieks / tonele?

 





Stukkende Speelgoed

5 11 2011

Hallo Maatjies

My ouma het soms vir my stukkende speelgoed gekoop.  😯  Njannies, sy het gesê dat dit my wisternye vraatsigheid ontwikkel!  🙄  Ek het nooit geweet my Ouma Heldina kan so vloek nie!  👿  Ouma Laviga sou haar mond met suikerklontjies uitgespoel het.  😈

Die stukkende speelgoed was vol blokkies gewees.  🙂  In alle kleure, soos rooi en geel en blou en rooi en blou en groen en pers en rooi.  😀  Die blokkies was ook verskillende klere gewees.  🙄  Ek het nooit geweet wat ek daarmee moet maak nie.

Toe eendag gaan speel ek by ‘n maatjie en die maatjie bou toe mooi klein huise met die blokkies!  😯  Njannies!  😡  Niemand het my gevertel dat ek moet goeders bou daarmee nie.  😉  Hulle was te bang ek is die mooiste, slimste heks, wat die beste kan bou!  😈

Kyk net: