Tegnologiemode

29 11 2011

Ek het onlangs besef hoe baie kinders soek Blackberrys en iPads.  Ek moet erken dat ek glad nie om gaan gee vir ‘n Blackberry of selfs ‘n iPhone nie, maar ek is skaars bewus wat ‘n iPad is.  Ek het nie juis ‘n idee wat ‘n mens daarmee maak nie of waaroor die bohaai gaan nie. Ek kom goed klaar sonder een.  Moontlik omdat ek nie weet wat ek mis nie.  Diep binne in my is ek nogal oortuig dat dit nie veel is nie.

Ek moet bieg dat ek glad nie besimpel is oor gadgets nie.  Ek is jonk genoeg dat nuwe goed my nie intimideer nie en ek kan dit gewoonlik gou uitpluis.  As ek wou en eerlik – ek wil nie.  Ek het nog steeds nie ‘n skottel en DSTV nie.  My TV is nog die ou bokstipe en my DVD speler kan basies net DVD’s speel.  My hoëtroustel het ek al vandat ek op skool was en selfs toe het ek nie belang gestel aan iets wat 3 CD’s kon speel nie.  Ek gebruik padkaarte of aanwysings as ek na ‘n onbekende plek moet gaan.  Wel, as daar geen ander genade is nie, is daar altyd Google Maps.  My rekenaar is nie ‘n tegnologiese wonderwerk nie, hoewel dit die nuutste windows gehad het toe ek dit gekoop het.

Ek sien bloot net nie die nut in om iets te vervang sodra daar iets meer gevorderd op die mark is nie.  Ek dink nie outomaties dat meer gevorderd noodwendig beter is nie.  Dit irriteer my inderwaarheid grensloos dat daar die verwagting is dat ‘n mens elke jaar of twee jou elektroniese goed met vervang.  Ek sweer deesdae word die goed net gebou om ‘n jaar of wat te hou.  Dit is nou ook nie asof dit net R2 ‘n dosyn kos nie.

Eintlik is my enigste verwagting in my elektroniese toerusting dat ek nie moet sukkel nie.  As ek ‘n sekere funksie wil gebruik, moet dit blerrie werk en dit moet dadelik werk.  As ek nou wel ‘n GPS gehad het en die simpel ding het my na ‘n verkeerde plek geneem, sal ek dit net daar stukkend trap.  Dit blyk al hoemeer om ‘n onmoontlike verwagting te wees.  Ek wil beslis nie heeldag aan verskonings dink oor hoekom dit nie werk soos dit moet nie.

Ek gun elke diertjie hulle plesiertjie.  As gadgets jou hartjie laat tjoklits klop, gaan vir goud.  Persoonlik het ek net beter goed om my tyd en geld op te spandeer.  Wel, behalwe as ek tog iets MOET koop, dan kan dit netsowel die nuutste op die mark wees.

Hoe voel jy oor gadgets en die nuutste elektroniese toerusting?

Breinvasbrand:  Wie was die stigters van Sony?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met 6 Augustus 1992.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

29 11 2011
MaanKind

Ek is GAANDE oor my Kindle, my BlackBerry en dis dit. En ook my goedkoop digitale kamera, dit gaan vir my wat jy doen met wat jy het. Ek het al meer as een prys gewen vir foto’s, het al ‘n foto op ‘n tydskrif se voorblad gehad, van my foto’s is in verskillende publikasies. Vir die res het ons ou, gewone goed. Ek gril vir oorfone in my ore, ek kyk niks TV nie behalwe ‘n fliek nou en dan, so gewone kanale. Besit nie ‘n laptop nie. My rekenaar is 6 jaar oud, maar ek bedryf al my besigheid van my rekenaar af. Ou printer. Ou scanner

DIs alles wat jy doen met wat jy het.

29 11 2011
Olga

tweeste.
Masaru Ibuka en Akio Morita.

29 11 2011
Olga

my rekenaar is sewe jaar oud. Ek het gn behoefte aan n laptop nie. My dvd speler is n duurder ene. Ek weet nt dit werk nie. Veral nie vir my nie. Ek het ook maar n sony 😉 ericsson yari. Maar glo my, as ek iets gedoen wil he, dan neem ek my 3 en n half jaar oue sony ericsson w610i, wat terselde tyd ook my toegang tot die internet is. Ek upgrade oor 6 maande en as daar nokia 3310 te kry is, weet jul wt my volgende foon is.

29 11 2011
Olga

ek het vergeet, ek het ook n slimfoon, n sony ericsson xperia. Dit le in die laai, heeltemal bokant my vuurmaakplek.

29 11 2011
Selene Phoenix

Ek moet sê, ek geniet my blackberry – sal nie sommer ‘n ander foon kry nie. Ek kyk nou na ‘n beter bb, maar hulle batterye hou maar ‘n dag as jy lucky is!

Ek sal nie omgee om ‘n iPad of iets soortsgelyk te het nie, maar moet se dit pla my nie nou juis nie.

29 11 2011
klippie

Om my sit mense met allerhande elelktroniese goed sodat hulle in voleing met almal en alles is. Maar nou ja, nadat ek my blog getik het en ‘n paar blogs gelees het, het ek genoeg gehad van tegnologie.

29 11 2011
Gogga

ek is gadget mal. Ek is mal oor my iPhone. Ons het ‘n rekenaar by die huis wat baie goeters kan doen maar ek het ook ‘n macbook laptop wat altyd orals saam toer. Dan het manlief ‘n kindle wat nou lekker raak met al die afrikaanse boeke. Ek het ook vir kersfees vir hom ‘n iPad geklop maar hy weet dit nog nie. Ek het gadgets wat goed kan charge on thé go en ek het gadgets vir net mooi alles. ek lief gadgets baie

29 11 2011
JWW

Wel, as mens nie vandag stinkryk is nie, sal jy altyd outydse tegnologoe hê… die goed gaan so vinnig, daar word gesê as jou computer 3 maande oud is, is hy al erg “outdated” en so gaan dit aan….. in die beskaafde lande soos europa en japan en america, is dit bekostigbaar om gereeld te upgrade, maar in die uitgebuite kontinent afrika, is die prentjie effens anders….. en onthou ons geld is basies useless in vergelyking met ander geld eenhede !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: