Lunch Week 44 / 11

14 11 2011

Algemene Kennis

  1. Wie het homself in 1990 as ”Prins Alexander, kroonprins van Liechtenstein” en is later spottensgewys die “Prins van Pretoria” genoem?
  2. Watter voertuig se naam is afgelei van “General Purpose”?
  3. Waarvoor staan OJ Simpson se voorletters?
  4. Met watter reeks woord die ruimtevaartuig – The Enterprise – verbind?
  5. Wie het kaal deur die strate gery om haar man, Earl of Mercia, te oortuig om die belasting minder te maak?




Die Galg Skop Weer

14 11 2011

Die Galg van C-Max Gevangenes in Pretoria is gerestoureer en die keer is die publiek welkom.  Seker nuus wat baie Suid-Afrikaners met groot vreugde sal begroet, maar net totdat hulle hoor dat niemand gehang gaan word nie.  Wanneer die galg op 8 Desember geopen gaan word, gaan dit net ‘n kykie op die verlede wees.  Daar word immers gehoop dat mense sal besef dat die staat nooit die reg moet hê om ‘n lewe te neem nie.

Dit is bykans al ‘n tradisie om geweldadige misdaad aan gebrek van die doodstraf toe te skryf.  Amper asof ‘n swaaiende lyk mense sal verhoed om ‘n kind te verkrag, ‘n kind te vermoor, ou mense te martel of sadistiese genot te put uit ‘n ander te verneder, aan te rand en hulle dood te maak.  As ‘n mens na die ywer kyk waarmee sommiges graag die galg weer in gebruik wil sien, is daar maar min verskil tussen hulle denke en die een wat op die galg staan gemaak word.

Anders as wat ons graag onsself wysmaak, is Suid-Afrikaanse tronke glad nie ‘n piekniek nie.  Dit is ‘n walglike nes waaruit enige normale mens wil bly.  Niemand spring op en af om tronk toe te gaan nie.  Kyk maar hoe word daar alles in die stryd gewerp om daar uit te bly en hoeveel ontsnap pogings daar is.  Tronke is oorvol en die doodstraf kan dalk die oorbevolking (oor jare) hokslaan, maar dinge is nie so eenvoudig nie.

Die blote feit dat jy die doodstraf verdien, beteken nie noodwendig dat jy dit gaan kry nie.  As ‘n mens na statistieke kyk (ek praat van wat ek kan onthou), is daar amper ‘n 50% kans dat jy nooit aangekeer gaan word wanneer jy ‘n misdaad begaan nie.  Die kanse dat jy skuldig bevind word, is maar iets soos 20 %.  Ek is seker dat ‘n misdadiger nie juis daaroor slaap gaan verloor nie.  Selfs wag daar ‘n galg aan die einde van die pad, is daar ten minste ‘n 80 % kans dat jy dit gaan vermy.  Voordat die regstelsel opgeknap gaan word, gaan ‘n moontlike doodstraf niks verander nie.

Dit is ook nou nie dat die regstelsel sonder foute is nie.  Mense word nog steeds onskuldig tronk toe gestuur en selfs onskuldig terreggestel.  As dit gebeur, is daar geen manier om die veroordeelde te vergoed nie.   Ek dink ook nie dat dit moord is, wanneer jy ‘n aanvaller dood om jou of jou geliefdes se lewe te red nie (soos wanneer iemand jou aanval).  Die Suid-Afrikaanse regstelsel verskil van my.  Sou die galg weer in gebruik geneem word, gaan die selfverdedigers – maklike veroordeeldes – waarskynlik swaai.  Die geregtiges gaan gestraf word en die skuldiges gaan nog meer beskerm word.

Wat my veral koue rillings gee betreffende die doodstraf, is die korrupsie wat in Suid-Afrika hoogty vier.  Ek is glad nie so seker dat die doodstraf nie aangewend sal word om ‘n pyn in iemand se gat te verwyder nie.  Die staat het al hoeveel kere bewys dat hulle horende doof en siende blind is vir logika.  Gaan hulle gestuit word was hulle voel iemand kom hulle te na?  Of daar ‘n geldige saak is of nie?

Tog, watter ander straf is gepas vir ‘n kinderverkragter of kindermoordenaar?  Veral waar iemand in ‘n vertrouensposisie die skuldige is?  Mense wat doodeenvoudig nie rehabiliteerbaar is nie?

Goeie vraag, een wat ek nie kan beantwoord nie.  Ek moet egter erken dat ek die rede vir die doodstraf kan insien.  Maar wanneer alles opgeweeg word, is ek teen die doodstraf.  Ek is nie bereid om die laksman te wees nie of ‘n ander se lewe te neem nie.  Ek verwag dit ook nie van ‘n ander nie.

Hoe voel julle daaroor?  Hoe sal julle moord definieer?

Breinvasbrand:  Veroordeeldes in Suid-Afrika was om middernag ingelig dat hulle die oggend gehang sou word.  Hoe laat was hulle terreggestel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met McFadden