Om te wag

27 11 2011

Kan julle glo dat ons vandag 4 Sondae weg van Kersfees af.  Die advent seisoen het afgeskop en daarmee ook die afwagting vir Kersfees.  Vir eeue lank het die mense gewag op die koms van die Verlosser.  Hoe geredelik is ons vandag bereid om te wag?

Light the Advent candle one

Now the waiting has begun

We have started on our way

Time to think of Christmas day

Hoe bereid is ons vandag om te wag?

Nie so lank gelede moes mens vir bykans enige iets wag.  Wag vir ‘n rekening om op te daag en wag in ‘n tou om elke liewe een te betaal.  As jy met iemand moes praat wat nie naby was nie, moes jy ‘n brief skryf en wag op ‘n antwoord.  Sou jy ‘n meisie of ‘n ou ontmoet wat jou hormone ophol jaag, moes jy wag tot jy ringe geruil het.  Dit kon eers geskiet wanneer die man kon bekostig om huis op te sit.  As jou hart tjoklits pomp vir ‘n kar, sou jy moes sente omdraai en spaar tot jy dit kon bekostig het.  Dit klink amper onwerklik.  Vandag betaal jy vooruit, ontvang jou rekeninge per epos en betaal op die internet.  Jy het nie eers ‘n verhouding nodig as lus jou dryfkrag is en met epos, Facebook en Skype kan jy binne minute met enige iemand kontak maak.  Jy kan enige iets wat jou hart begeer dadelik op skuld koop.

Gerieflik beslis en ek raak seker heel eerste van my verstand af as dit more moet verdwyn.  Tog, as ‘n mens daaroor dink, het dit met ‘n prys gekom.  Geduld, afwaging en hoop.  As iets nie dadelik gebeur nie gee ons op of krap alles anders deurmekaar.  Daar is nie die voldoening om iets waarna jy lank uitgesien het uiteindelik te kan ontvang nie.  Hoop, die verwagting en geloof dat iets gaan kom, is amper oorbodig.

Dit is dus seker geen raaisel dat so baie mense deesdae in wanhoop is nie.  Maak nie saak hoe modern en slim ons raak nie, sekere dinge kom net met tyd.  Mens kan net mooi niks daaromtrent doen nie.  Dit lyk onmoontlik om daardeur te kom:  behalwe wanneer die nodige geduld en hoop aan die dag gelê word.  Eienskappe wat ons met elke verbygaande dag besig is om te verleer.

Dit laat my dink – sou ons vandag in blydskap vir Jesus kan wag?  Of gee ons bloot net op omdat dit nie volgens ons tyd geskiet nie?  Hoeveel meer het die onmiddelike vervulling ons van beroof?


Aksies

Information

4 responses

27 11 2011
murphy

Ons werktempo het ook ontsettend toegeneem met die tgenologie. En niemand is amper meer bereid om vir enigiets te wag nie!

27 11 2011
Toortsie

Dgnkie Xena. Soms is ‘n bietjie wag net wat jy nodig het!

27 11 2011
Olga

Ons padre het vanmore in sy homily ‘n soortgelyke vraag gevra. Hy wou weet hoe sou ons voel sou Jesus die kerk binnestap.

28 11 2011
Nadia

Hierdie is so waar Xena, meeste van ons knor en byt as dit by wag of ‘n gesukkel kom, want op so baie vlakke is ons gewoond aan alles is net ‘n kliek of ‘n oproep weg. En met die tempo van die wereld op die oomblik is daar nie tyd om werklik na te dink oor enige iets, wat nog te hoop en te wag ……

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: