Hê ‘n lekker daggie

29 11 2010

Ek wonder soms of ek soos ‘n baba lyk.  Hoekom ander dring mense daarop aan om met my in die verkleinvorm te praat.  “Vul gou vir ons die vormpie in.”  “Staan gou in die rytjie.”  “Ek stuur vir jou ‘n epossie.”  “Haai, jy het ‘n rokkie aan!”  Dan die absolute ergste.  “Juffroutjie”, “Xenatjie” en selfs “Xenatjietjie”.

Baba se voet.  Ek is seker die kleinstes en jongstes onder ons word met die verkleinwoordjietjies tot in hulle diepste sieletjies afgepis.  Dit is asof die spreker dink dat jy vertraag is en gepaai moet word of daar gaan ‘n maniese aanval wees.  Hulle stel hulle verseker bo-oor jou aan, die dat hulle aanspreekvorm verkleinerend moet wees.  Anders het hulle self nooit hulle babataal afgeleer nie. 

Hoe moeilik kan dit wees? 

Ek verkies om die vorm in te vul, in die ry te staan (goed, nie regtig nie, maar julle weet wat ek bedoel) en sal vir jou epos wag.  Ek is beslis nie op enige manier klein en fyn nie, dus sien ek glad nie die juffroutjie na wie jy verwys nie.  Xena is doodreg, dankie, en ek sal ‘n lekker dag hê as jy goeie Afrikaans praat.

Hoe voel julle oor die verkleinerende mense?  Hoe sit ‘n mens hulle op hulle plek?

Breinvasbrand:  Op watter webbladsy het daar geheime dokumente van die Amerikaanse regering gelek?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Alec Issigonis.


Aksies

Information

19 responses

29 11 2010
Olga

eerste!

29 11 2010
Olga

dit grief my tot in my diepste siel. Die daggie veral grief my oneindig diep. Dis n grootse geskenk direk van ons hemelse Vader af. Hoe, maar hoe kan dit klein wees! Dink watse groot geskenk is dit vir n veroordeelde? Nee, mense, kry asb jul prioriteite of opvattings reg. As jy dit nie met 1 hand kan toevat nie, dan is dit nie klein nie.

30 11 2010
Xena Phoenix

Ek wil nog iemand ontmoet wat daarvan hoe om so mee gepraat te word.

30 11 2010
demoerin

wikiLeaks

30 11 2010
demoerin

Ek kannie onthou dat iemand al so met my gepraat het nie… ek dink egter ‘n vreindelike reghelp sal hulle die idee gee. As iets jou grief, wees eerlik daaroor.

30 11 2010
Xena Phoenix

Ek helpies hulle gewoonlik reg, wel dalk nou nie vriendelik nie. I don’t have a gun, but I do have sarcasm. 😉

30 11 2010
demoerin

Iemand het my eendag vertel dat sy so begin terugpraat het met iemand, en hulle het opgehou.

30 11 2010
JWW

Aag nee man – Xena(tjie) jy is net te fyngevoelig ! 😆

30 11 2010
Xena Phoenix

Dinkies jy so, Bottietjie?

30 11 2010
cinderella

goeie mre! ja wragtag dit pis my net so af! weet jy wat pis my net so af as iemand se hello tanie goeie dinges ek lyk ni soos n tanie ni en dan is di een wat vi my tanie se net so oud soos ek 4kit!

30 11 2010
Xena Phoenix

Ek sal nooit aan tannie gewoond kan raak nie.

30 11 2010
Selene Phoenix

Goeie more julletjies! 😉

Ons praat glad nie baba taal met AL nie, want my ma glo nie daaraan nie!

Daar het ‘n ou saam my ma gewerk wat altyd so gepraat het – dink nie hy het van sy baba taal ontgroei nie – “Ek gaan gou my truitjie aan trek” of “Ek is nou lus vir ‘n appeltjie” ens – ons het onself dood gelag!

Ek sê baie “Lekker daggie” maar bedoel dit nie so in die vorm dat dit nie iets groots is nie… nog nooit so daar aan gedink nie. O well.

30 11 2010
Xena Phoenix

Ek sien regtig nie die nut in om babataal met ‘n baba te praat nie. Hulle dink seker ook dit is simpel.

30 11 2010
toortsie

dit irriteer my net so. maar nou dink ek ek het al gepraat van Xenatjie (dan was dit dalk om ‘n rede) of olgatjie of goggatjie of so iets. dan het dit betrekking op die storie gehad dat ek so gepraat het. maar as dit jou gegrief het – sorry!!! sal probeer om dit nie weer te doen nie. in die algemeen praat ek darem eintlik nie so nie! jammer vir die dierbaretjies onder onsies wat so praties

30 11 2010
Xena Phoenix

Al daardie stroop moet iemand naar maak. Hoekom werk hulle altyd vir dokters?

30 11 2010
Son

O bliksem, ek gooi sommer op oor my keyboard. Ek het nooit met my kinders babataal gepraat nie, ook nie met my hond nie, ook nie met my kat nie. Dis so ‘condescending’. En as iemand my eers begin ‘tjie, dan raak ek mos stom en doof tegelyk. 👿

30 11 2010
Xena Phoenix

Dit is boonop ook swak Afrikaans.

30 11 2010
Olga

nog iets wat my two times twice afpis is wanneer n terloopse kennis my ‘my skat, my engel, ens. 4kit! Hoe naar is ek nou.

1 12 2010
Charms

Ek is ‘n tjie/kie victim. Wat is dit met mense dat hulle so praat? Dalk het hulle sig-probleme.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: