Skuld vereffen?

1 11 2010

Ek dink menige mens in die land was baie verlig toe daar aangekondig was dat Barbara Hogan vir Manto as Minister van Gesondheid vervang.  Persoonlik het ek nie ‘n idee gehad van wie dit was nie, maar my goeie vriendin Google het my gou-gou die nodige gegee.

Ek het geen ooghare vir die ANC nie en hulle “struggle” kry nie juis simpatie van my nie.  (Kruisig my gerus daaroor – en nee, ek is nie ‘n voorstaander van apartheid nie).  Wat ek egter van Hogan gelees het, het my nogal respek vir haar gegee.  Sy in in 1976 by die ANC aangesluit na die Soweto opstanding.  As ek dus tussen die lyne lees, het sy dus ‘n hart vir kinders, ongeag wie of wat daardie kinders is.  Die ANC was toe lankal reeds ‘n verbode organisasie gewees.

Hogan moes die blanke ANC lede koordineer; deelneem aan openbare politiese veldtogte en inligting oor ondergrondse bedrywighede aan die ANC in Botswana deurgee.  In 1982 is sy gearresteer omdat sy die doelwitte van ‘n verbande party bevorder het.  Sy was vir ‘n jaar lank in afsondering aangehou waar sy geondervra en by tye erg mishandel is.  Sy is die eerste blanke vrou wat aan hoogverraad skuldig bevind is en is vir 10 jaar lank tronk toe gestuur.

Hogan is, soos al die politieke gevangenes, in 1990 vrygelaat.  Sy is hier en daar deur die ANC besig gehou, maar was nooit vir haar tyd in die tjoekie beloon nie.  Tot 2008, toe sy as ‘n minister aangewys is.

Hogan as Minister van Gesondheid was ‘n verrassing, juis omdat sy geen mediese agtergrond gehad het nie.  Sy het wel ‘n sterk ekonomiese agtergrond en is nou betrokke met vigs organisasies nie.  Buitendien was ou Manto ‘n vlees en bloed dokter en ons almal weet wat het sy aangejaag.  Niemand kon meer strooi aanjaag as daardie vrou nie en Hogan het nie teleur gestel nie.

Niemand sou gekla het as sy na die verkiesing as Minister van Gesondheid aangebly het nie, maar dit was nie ‘n slegte skuif om haar Minister van Openbare Ondernemings te maak nie.  Sy het kortom gekry wat haar toegekom het.  Nie net oor die prys wat sy in die struggle betaal het nie, maar ook omdat sy bevoeg vir haar rol was.

Die ANC het seker gister besluit dat wat hulle haar skuld, is nou ten volle vereffen.  Sy het haar beurt in die soeklig gehad en nou moet sy weer skoert waar sy nie vir Cosatu in die gevreet kan vroetel nie.  Boonop is huiwer haar tong nie om te sê wat gesê moet word nie en soos ons weet is die ANC geen aanhanger van vryheid van spraak nie.

Dis nou wat ek noem stank vir dank.  Ek dink regtig Hogan moet haar posisie ernstig in oënskou neem en dalk na groener weivelde soek waar sy kan doen wat gedoen moet word.

Of dit moontlik, weet geen mens nie.  Sy is getroud met Ahmed Kathrada wat saam met Walter Sizulu na die Rivonia Verhoor tronk toe is.  Dit is diep ANC bloed.  Dalk die rede hoekom Barbara Hogan nog verdra word?

Kom soek my maar in Pretoria Sentraal as ek verdwyn.

Breinvasbrand:  Wie was president toe Barbara Hogan Minister van Gesondheid geword het?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Werkersdag.





Kuiervuur

1 11 2010

Olga het vir my huiswerk gegee om ‘n paar gevleuelde woorde oor vuur te spreek.

Vuur is seker een van die elemente wat die mensdom nog altyd gefassineer het.  Dalk omdat vuur op ‘n stadium al was wat die kos kon gaar kry en wat so ‘n bietjie die donkerte verjaag het.

Ek het nogal heelwat los gedagtes omtrent vuur.  Veral hoedat dit vriend en vyand kan wees.  Vuur wat in baie gevalle noodsaaklik vir die ekologie is (ek dink aan proteasade wat net ontkiem nadat dit gebrand het), kan dit ook ‘n hele omgewing se ekologie uitwis.  Hoedat kinders wat met vuurbrand in hulle beddens gaan piepie en grootmense hulle vingers gaan brand.  Vuur bring erge verwoesting en is genadeloos in sy eise, maar vuur is ook die vonk waarmee vriendskap gevier word.

Daar is niks so lekker in die Winter as ‘n kaggelvuur wat gesellig saam knetter nie.  Sit nou daarby ‘n lekker, dik bredie (of sop as jy verkies) en ‘n paar uitsoek DVD’s.  Gooi die DVD’s of TV by die deur uit en speel bordspeletjies.  Sluk alles af met ‘n goeie rooi wyn of amper beter nog, sjerrie of port.  As dit nie jou tone laat krul nie, warm sjokolade of koffie gaan ook goed werk.  Eintlik is die spyskaart en aktiwiteit van minder belang.  Die kaggelvuur maak die vertrek snoesig en die samesyn in die tyd is ‘n natuurlike bymiddel.

As dit sommer is, beteken dit glad nie dat die vure nou geblus moet word nie.  Dit is dan weer tyd vir waatlemoen, swempartytjies en natuurlik braaivleis.  Hoeveel van ons lewens slyt ons nie langs ‘n braaivleisvuur nie?  Hoeveel nuwe vriendskappe word nie om ‘n braaivleisvuur gesmee of hernieu nie?  Kuier in die somer sonder braaivleis is amper ondenkbaar.

Daar is dan ook nog kampvure en ‘n groep vriende wat om die vuur sing en / of stories uitruil.  Ons het as studente een keer saam gaan kamp.  Na ete het ons ook ons sit langs die vuurgekry en kort voor lank het ons alles en wat nog gesing.  Die een leier (die een wat veronderstel was om ouer en heelwat verantwoordeliker te wees) het ‘n “gat” in sy blikbeker gehad.  Dit wou net nie vol wyn bly nie.  Hoe meer iemand dit met wyn probeer stop het, hoe groter het die gat geword.  Hoe groter die gat, hoe meer het hy Bohemian Rhapsody gesing.

Ek wonder of dit toevallig was omdat die Idiane rondom ‘n vuurtjie die vredespyp gerook het?

Ek deel nou vuriglik huiswerk aan Nell; Knipoog en Demoerin uit.





Lunch Week 18

1 11 2010
  1. Op watter dag word Haloween gevier?
  2. Wie is die Curriebeker kampioene vir 2010?
  3. Wat is Gwen Ramokgopa se nuwe pos in die kabinet?
  4. Wie was die wenner van SA Got Talent 2010?
  5. In watter boek van JRR Tolkien maak Bilbo Baggins sy debuut?

 





Koerantbrokkies

1 11 2010

My dae van rondloop is helaas nou vir ‘n paar weke op ‘n einde.  Maar julle wil nie my lewe hier lees nie.

Zuma het gister die kabinent herskommel en 7 ministers in die pad gesteek.  In hulle plek is daar onder andere plek gemaak vir twee voormalige jeugleiers.  Natuurlik is daar heelwat mense verheug oor die wat in die pad gesteek is, maar daar is byvoorbeeld ook kommer oor Barbara Hogan en Malusi Gigaba wat haar vervang.  Die DA sê dat Hogan seker die bevoegste minister in die kabinet is en dat Gigaba wat basies in een omstrendenheid na die ander gedompel is.  Ek dink die DA kan seker vir Hogan ‘n plekkie skep.  Zille, De Lille en Hogan.

Jan-Friederick Bredenhand (30) is gister deur leeus opgevreet in die Addo Croc and Lion Ranch langs die Addo Olifant Park.  Hy was omtrent ‘n maand lank daar werksaam.  Hy het op die heining van die leeukamp geklim om sy medewerker te wys hoe groot die leeus word.  Een van die mannetjies het hom daar afgetrek en begin verskeur.  Die medewerker het gaan hulp soek, maar met hulle terugkeer het die leeus al aan die ribbes gekou.  Die betrokke leeus is doodgeskiet.

Wees versigtig in NW as jy daar ander motors wil waarsku oor ‘n spoedlokval en/of padversperring.  As een van die spietkops jou vang sluit hulle jou summier toe vir dwarsboming van die gereg.  Ek dink die spulletjie raak nou regtig hopeloos te vol van hulle self.

Die 1time passasiers van Johannesburg na Kaapstad gister 09:45 het effens meer opwinding gehad as waarop hulle gehoop het.  Daar was rook sigbaar aan die enjin links en hulle moes haastig ontruim.  Blykbaar was die lugwaardinne histeries en van die passasiers het van die vliegtuig na die aanloopbaan gespring.  Dit blyk toe dat alles ‘n oorreaksie was.  Die rook was veroorsaak deur ‘n vreemde voorwerp in die engin en daar was geen eksterne brand nie.  Dalk tyd om julle noodprosedures op te skerp.

‘n 35 jarige pediater is Saterdag omstreeks 02:00 in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein verkrag.  Sy was Saterdag 02:00 oppad na die neonatal afdeling waar sy deur 3 mans oorval is.  Een het haar met ‘n baksteen in die gesig geslaan.  Al drie het haar verkrag.  Die polisie het ure later 2 mans en ‘n 16 jarige seun in verband met die voorval gearresteer.

Ek wil nie oor die rugby praat nie, ja, ek is suur. Baie geluk aan die Sharks.  WP sal maar volgende jaar Weer Probeer.

Ten slotte:  Die kring om die son word veroorsaak deur die yskristalle in die cirrus wolke.

Verjaarsdae:  Die sistynse Kapel se plafon wat deur Michaelangelo geverf is, is vir die eerste keer in 1512 vir die publiek ten toongestel.  In 1604 is Othello die eerste keer opgevoer. Die eerste kaalbors foto van ‘n vrou verskyn in die National Geographic.  Seabiscuit het War Admiral in die perdewedloop van die eeu in 1938.

Larry Flynt; Lyle Lovett (eerste Mnr Julia Robberts); Rick Allen (Def Leppard); Jenny McCarthy en Toni Collette.





Trekarbeiders sonder naam

1 11 2010

Die term trekarbeider is geensins nuuts nie.  Dit is waarskynlik so oud soos die berge.  Van die Boere maar gebruik van trekarbeiders wanneer dit oes of skeertyd is.  Ek het al gelees van families wat van plaas tot plaas trek waar hulle hande ookal benodig word.  Ek is nie seker of hulle ‘n huis het nie en of die ooppad hulle huis is.

Ek kan die myne ook noem.  Dit is ‘n standard praktyk dat baie van hulle werkers hulle huise en lande agterlaat om te kom goudgrou.  Daar is natuurlik ‘n paar interessanthede en nog ‘n paar onheile wat daaruit voortvloei.  Basies gaan die man na die myne terwyl die vroue die pot by die huis aan die kook moet hou.  Sy sien haar man net eenkeer ‘n jaar.  Party stuur seker getrou maandeliks ‘n paar sent weg en ander neem een keer ‘n jaar wat oorgebly het huis toe.

Deesdae is daar ‘n derde groep wat begin kop uitsteek.  Ouerige blanke mans wat om een of ander rede hulle werk verloor het en nou moet rondtrek agter werk aan.  Die mans word nie eers vir moontlike poste oorweeg nie, juis as gevolg van hulle velkleur.  Hulle is wel goed genoeg om die wa deur die drif te trek en word sonder skroom daarvoor aangewend.  Op ‘n tydelike grondslag.  Sou die kontrak verval of die moontlikheid bestaan dat dit dalk permanent moet raak, word hulle in die pad gesteek.  Daar is heelwat ander wat bakstaan vir die tydelike pos.

Weens die werklikheid is dit bloot net nie prakties om huis op te pak en te verhuis na waar die werk is nie.  Dit is onnodige onkostes en dit is tydelik van aard.  Dit is bloot nie die ontwrigting werd nie.  Boonop het die vrou ook ‘n werk, wat dalk nie genoeg is om in al hulle behoeftes te voldoen nie, maar wat beter sekuriteit bied.  Hiermee is die mans wat in die buiteland werk natuurlik ook ingesluit.

Alles goed en wel as dit skaars vaardighede is wat nie onder elke bossie benodig word nie.  Ek weet van iemand wat 200 km weg van sy huis in ‘n Drankwinkel werk.  Hy moes uit die stad na die platteland “verhuis” om nogtans ‘n bydrae tot die gesin se onderhoud te maak.

Die mans moet ons die erkenning gee wat hulle verdien.  Dit is so maklik om boedel oor te gooi en die regering te blameer.  Intussen doen hulle tog hulle bes om die pot aan die kook te hou.

Breinvasbrand:  Wanneer is Werkersdag?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Dublin, Ierland.





Oplossing Week 17

1 11 2010

Algemene Kennis

  1. Sally Hayfron (Demoerin)
  2. Gebore in Spanje (Demoerin)
  3. Alice (Demoerin)
  4. Mg (Demoerin)
  5. 25 Desember (Demoerin)

Uilspieël

  1. Lemmetjie – die ander 2 het pers blomme (Demoerin)
  2. Johannesburg – die ander 2 in Noord-Kaap (Demoerin / JWW)
  3. Kajak – die ander 2 is vlieguie (Demoerin / JWW)
  4. Kapok – die ander 2 is honde (Demoerin / JWW)
  5. Nederburg – die ander 2 is bier (Demoerin / JWW)

Toorwoorde

  1. Een van die heilige boeke van die Hindoes – volgens die HAT.  Dit beteken wel wysheid.  (BB)
  2. professor (BB)
  3. vroeg opstaan om baie gedoen te kry (BB)
  4. aandryf
  5. pennevrug (BB)

Dankie BB vir al jou interessanthede.

Couples Theraphy

  • Queen Latifah – Dana Owens
  • Lil’ Kim – Kimberley Jones
  • Eminem – Marshall Mathers
  • Snoop Dogg – Cordozar Calvin Broadus
  • Vanilla Ice – Robert Van Winkle

Rappers en hulle regte name.

Liedjiepret

  1. One word – Kelly Osborne
  2. If it’s love – Train
  3. Stay the night – James Blunt

Liriekeraai

  1. Waterloo – ABBA
  2. Thorn in my side – Annie Lennox
  3. Dead ringer for love – Cher / Meatloaf
  4. Red Red Wine – UB40
  5. Mine – Taylor Swift