Lunch Week 20

19 11 2010

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Dinge wat my pa gesê het is nogal wyd.  Van die boemelaar op straat na konings en koninginne, van almal kon hy lesse leer en versprei.  Een se lyding lyk dalk na ‘n ander na net nog ‘n dag in paradys, maar beelde kan verwarrend wees.  Krap dieper as jy die hele prentjie wil verstaan.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Once I had my share of losing
    for they locked me on a chain
    Yes they tried to break my power
    oh I still can feel the pain
  2. You see my old man’s got a problem
    He live with the bottle that’s the way it is
    He says his body’s too old for working
    I say his body’s too young to look like his
  3. I was once like you are now, and I know that it’s not easy,
    To be calm when you’ve found something going on.
    But take your time, think a lot,
  4. The rain will fall and baptise
    Our strongholds, our sheltered lives
    Closed blinds, drawn curtains
    And vinyl floors can’t hide
  5. When we all give the power
    We all give the best
    Every Minute of an hour
    Don’t think about a rest




Wie is nou eintlik skuldig

19 11 2010

Rome brand by my en in my haas om die malvalekkers bymekaar te krap, kom ek nie by die koerant uit nie.  Wie is in elk geval op ‘n Vrydag lus om koerant te lees?

Soos ek my oog oor die artikels gooi, sien ek dat ene Pastoor Cedric Miller van New Jersey die gebruik van Facebook gelyk stel aan egbreuk. Dikwels word MXIT, SMS’e, EPOS en seker ook Twitter en blogs in die mengsel gegooi.  Wie is nou eintlik te blameer?  Die selfoon of rekenaar wat eintlik net ‘n taak verrig?  Of is dit die persoon wat voor die rekenaar of met die selfoon in die hand sit?

Persoonlik amuseer dit my altyd dat tegnologie die skuld van verbreekte verhoudings moet dra.  Tegnologie is mos immers nie kneg, tegnologie doen niks as iemand dit nie gebruik tot ‘n doel nie.  Sou Meneer of Mevrou ontrou gewees het sonder Facebook?  Waarskynlik.  Maak Facebook dit makliker?  Waarskynlik, veral om hulle uit te vang.  Maak Facebook ‘n getroue persoon ontrou?  Nee.  Facebook doen net wat jy self daarop doen.

Ek voel sterk daaroor dat sosiale netwerke nie voor die voet verbied moet word nie.  Mens kan dalk geleer word om dit met meer integriteit (of dalk skelmheid?) te gebruik en daar is spesifieke grense wat gestel moet word.  Tog hang dit alles van die persoon wat dit gebruik af.

Gee die skuld aan die een wat skuldig is en moenie vir die skuldige verskoning soek nie.

Hoe voel julle?





Besig vir die somer

19 11 2010

Blykbaar weet ons hoërskool maatjies nie meer hoe om hulle te vermaak met hulle klere aan nie.  Ek sidder om daaraan te dink, maar daar is selfs laerskoolmaatjies wat dink as hulle verveeld is, moet die klere waai.  Of jy moet ten minste met jou lewe speel. 
Die maatjies moet blykbaar deesdae soos kleuters 24 uur ‘n dag onder toesig gehou word.  Wel, ten minste dan net besig gehou word.  Behoede hulle daarvan om boek te lees.  Of dalk moet hulle eerder nie lees as dit is wat lees hulle leer.  Daar is al weer ‘n maand of langer vakansie op die stoep en om ons self van kastige verkragting dramas of tienerswangerskappe te beskerm, moet ons die maatjies bietjie raad te gee. 
Dieretuine, botaniese tuine, museums en so aan is goed en wel, maar dit kan nogal aan ‘n mens se sak kou.  Veral as ‘n mens plekke soos Gold Reef City ook in gedagte neem.  Daar is wel kinders wat meer sakgeld kry as wat party mense se salarisse is, maar ‘n mens moet seker in ag neem dat daar ouers is wat hulle kinders op minder as dit moet groot maak.  Duidelik weet die maatjies ook nie van sit en kuier nie.  So wat bly oor?
My eerste gedagte sal die vrywillendheid van iemand neem, want dit is ook nie van die goedkoopste nie.  Baie mense glo dat dans die vertikale van die horisontale aktiwiteit is.  Wel, as dit maatjies van die horisontale weg hou, hoekom nie.  Dans is ‘n groeiende sport, wat nie net pret is nie, maar ook baie tyd in beslag neem.  Skoolsale staan vir weke lank leeg en kan netsowel vir iets goeds aangewend word.  Stel dit oop vir danslesse en miskien sal die dansgogga van hulle byt en dan vir die volgende paar jaar besig hou.
Dit is dalk ook nie ‘n slegte idee om na ouer tipe vermaak te gaan soek nie.  Baie mense is baie huiwerig om ‘n groot boom af te kap, met die gevolg dat daar self in stede groot groen reuse is.  Gaan soek die klimbares en gaan droom tussen die blare.  Dalk kry iemand ‘n idee vir ‘n boomhuis of ‘n foefieslide.  Mense betaal honderde rande om toere in die boomtoppe te doen, dus is die hoërskool kinders beslis nie te oud daarvoor nie.  Hulle kan natuurlik ook soos Gogga aan skattejagte deelneem.  Kaskarre mag dalk uit die mode wees, tot die eerste kind se kar klaar gebou is.  Almal anders gaan dan ook karre soek en gou-gou gaan stukkende knieë weer hoogmode word. 

‘n Mens het ook nie ‘n groot erf nodig om in tuin te maak nie.  Ek het al gelees dat ‘n 1 m × 3 m meer as genoeg plek is vir ‘n volhoubare tuin vir ‘n gesin is.  ‘n Tuin is ook baie werk, maar werk wat gewoonlik vir die tuinier groot vreugde bring.  Jy sal egter nie weet of jy groenvingers het voordat jy probeer het nie. 

Die paar weke wat oop is, is natuurlik ook die ideale tyd om ‘n paar sent te maak.  Vakansiewerk is nie meer volop nie, maar baie winkels neem tog tydelike werkers oor vakansies in.  Jy sal nou wel nie ‘n kar kan koop met wat jy verdien nie, maar min mense gaan hulle neuse optrek vir ‘n paar ekstra sente.

Wat kan tieners nog doen om die Desember vakansie besig te bly?  Wat het jy altyd in jou vakansies gedoen?

Breinvasbrand:  Hoe lank is ‘n kolfblad in krieket?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “dominance influence steadiness conscientious”