Versteekte talent?

4 11 2010

Hande op!  Wie het ooit gedink jong mense word op universiteit geskaaf om uitstaande burgers van die land te word?  Burgers in wie se monde botter nie kan smelt nie en wat nooit as te nimmer ‘n wet sal oortree nie?

Goed, ek sien darem nie sulke hande nie.  Julle almal het seker al ‘n opregte student met die hand gegroet.  ‘n Student, veral ‘n koshuisstudent leer vinnig dat daar net een reël is.  “Doen wat jy wil, maar moet net nie gevang word nie.”  Dit is dalk wat hulle wel die leiers van die toekoms maak.  Hulle het die reël tot in die fynste besonderhede verfyn en sorg dat hulle nie gevang word nie.

Ek het al baie pryse in my lewe gewen, maar die een wat met die meeste moeite gekom het was:  “The most likely to appear on crime stop.”  Laat ek verduidelik.  As ‘n trotse inwoner van ‘n koshuis is dit jou plig om of jou koshuis buite die grense te versprei of om trofees vir jou koshuis in te palm.  Die eers genoemde behels gewoontlik ‘n emmer verf, maar daar is ander metodes.  Jy gaan verf dan iets om jou koshuis te bemark, as ‘n ongevraagde guns oor ‘n mans koshuis, om ‘n ander koshuis se ongevraagde bemarking te befomfaai, jou (en medestudente se) oë teen arc eyes te beskerm of sommer net omdat jy lus het.

Ek het selde aan die verfgoed deel geneem, dit het te veel na vandalisme geruik.  Ek het eerder goed gaan vaslê – dit kon miskien eendag onbeskadig terug besorg word.

Jy is ‘n student en nie ‘n misdadiger nie.  Jy kan nie alles waarop jy jou oë neersit steel nie.  Daar moet ‘n doel wees agter die diefstal.  Enige iets van sentimentele waarde van ‘n ander koshuis is rede genoeg.  Enige iets wat jou net min of meer aan jou koshuis laat dink behoort in die koshuis.  Padtekens was ook nogal gewild.  Jy kan ook iets steel om geld te spaar vir jool of ‘n funksie.

Of dalk om geld mee te spaar vir jool.  So besluit ons mos eendag dat die koshuis twee spaarblikke vir jool benodig.  Daar is 300 meisies in die koshuis, daarom het ons groot spaarblikke nodig.  Asblik grote.  Matrone sou ons afslag as ons die koshuis se asblikke verminder, toe moes ons maar elders gaan soek.  Ons het twee redelik skones gekry en van die kampus af laat verdwyn.  Dit het ons mooi geverf en netjies gedoop ook.  Dit is nog steeds in die koshuis – maar helaas doen as asblikke diens.

Dit bring my by ‘n onsteelbare HK bord van ‘n sekere manskoshuis.  Ons moes vroeg een oggend verby hulle vol klubhuis stap en het die bord binne 30 sekondes afgehad.  Dit was weer verby die klubhuis gevat om uit die koshuis te kom.  Die beste van alles?  Toe ons inkom om die bord te steel was een van die ander koshuise ook daar met dieselfde plan.  Hulle het gedink dit is die ouens en gaan wegkruip.  Ons het hulle buit onder hulle neuse uitgesteel.  Die ouens was beindruk dat ons dit kon steel, hulle het nie gedink ons is snaaks nie.

Daar was ‘n sekere mans koshuis wie se eerstejaars moes wag staan dat hulle nie besteel word nie.  Ons is een jaar agter in en het ‘n massiewe marmerbord en voorsitterplaatjie gesteel, terwyl die jarre wag gestaan het.  Ek is bly dat ek nie een van daardie jarre was wat moes verduidelik wat van die voorsitterplaatjie geword het nie.  Ek betwyfel of hulle ooit agter gekom het dat die marmerbord (wat twee meisies moes dra) weg is.  Dit is nou nog in my koshuis se besit.

Ek kan julle nog baie stories vertel, maar dan sal ek julle moet dood maak.  Kom ek vertel julle eerder van ander se diefstalle.  Daar was die geval toe die seniors ‘n stripclub se sleutels gesteel het.  Die volgende groep is amper toegesluit oor daardie einste sleutels.  Terwyl hulle nog mooi broodjies bak, steel die ander helfte die plek se gordyne.  Ek het al gehoor van koshuise wat ‘n robot, ‘n kamera en selfs ‘n kanon gesteel het.

Ek sal afsluit met die legendariese dief van TUKS.  Die onopgeloste raaisel waarvoor baie mense baie geld sal betaal om dit op te los.  Maroela het twee Maroolsies gehad wat waggestaan het by hulle voorportaal.  Een vakansie het iemand ‘n Maroolsie kom gaps.  Nou is daar net Maroolsie en Mavoete.

Wat het julle al gesteel?

Breinvasbrand:  Van waar was die Mona Lisa 0p 22 Augustus 1911 gesteel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met angelier.





Lunch week 18

4 11 2010

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

The Apprentice; Ryan Seacrest; Survivor; Phil Keoghan; Joe Rogan; The Amazing Race; Fear Factor;  Jeff Probst;  Donald Trump; American Idol.

Gemeenskaplike faktor?






Koerantbrokkies

4 11 2010

Die regering het Exxaro se Mooifontein myn in Mpumulanga laat sluit.  Dit volg nadat Exxaro ‘n reuse vlei van 88 ha uitgemyn het.  Exxaro moet nou die vlei rehabiliteer.  Sipho Nkosi, hoofamptenaar van Exxaro, is ook die Kamer van Mynwese se president.  Die rehabilitasie gaan tot R400 miljoen kos.  Wonder hoe gaan dit op sy CV lyk?

Barbie se gat in die tronk is nie genoeg vir twee van haar slagoffers nie.  Hulle eis elkeen R600 000 skadevergoeding.  Die dames, vandag onderskeidelik 24 en 19, was in 2002 nog tieners gewees toe hulle in die gespuis geland het.  Hulle moet vandag (8 jaar later) nog steeds “mediese en verwante” behandeling kry.  Visser se pa het die eise as belaglik afgemaak.  Wat die meisies deurgemaak het is onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie.  Ek wonder net of hulle erger af is as die kinders wat jare lank op ‘n gereelde basis gemolesteer en verkrag was.  Hoe oorleef die slagoffers?  Ag jammer, ek kyk deesdae nie meer Pateetlaan nie.  Hulle verloor hulle varkies nadat hulle jare lank normaal was.  (Ek sal gou ‘n Piering melk gaan drink).

‘n Graad 10 leerling van Hoërskool Vereeniging se pa het namens hom ‘n klag van aanranding teen ‘n medeskolier gemaak.  Nadat hy verlede Maandag aangerand is, het sy pa ‘n beskermingsbevel gekry.  Hy was egter weer aangerand en het onder andere harsingskudding en gesigbeserings opgedoen.  Daar was glo op sy kop getrap ook.  Die skool het die betrokke leerlinge ingeroep en aangepraat en die seun se pa is tevrede met hulle stappe.  Ek neem regtig nie die pa en seun kwalik vir die aanrandingsklag nie.  Die boelies het daarvoor gesoek.  Ek wonder net wat sou gebeur het as die boetie die boelie bloedneus geslaan het – letterlik nou?

Nou het ek ook wragtig alles gehoor.  Sigeunerin van Roemenië is in die wolke met haar nuwe kleinkind.  Die feit dat haar dogter as ‘n 10 jarige gekraam het is van minder belang.  Die ouma verstaan nie hoekom die mense geskok is nie.  Die ouma, wat in haar 30’s is, het vertel dat die pa glo ‘n 13 jarige van Roemenië is.  Dit is glo hulle gebruik om jonk te trou, al is dit teen die wet in Roemenië.  Meisie kan daar op 16 met hulle ouers se toestemming en op 18 sonder toestemming trou.  In Spanje is dit onwettig om met iemand jonger as 13 seks te hê.  Is hulle ernstig?  Net 13?

‘n Tweejarige wat alleen by haar huis in Slovo Park, Mthatha, was, was verkrag. Toe haar ma by die huis kom, was ‘n 14 of 15 jarige seun besig om haar te verkrag.  Hy het daarna gevlug.  Wat besiel iemand om ‘n tweejarige sonder toesig te los?

Die ANC moet aan die inligtingswet timmer sodat dit by die grondwet pas.  Uiteindelik het daar iets by hulle ore uitgekom.  Die parlementêre ad hoc-komitee gemoeid met die wetsontwerp het die wetskrywers gister beveel om die bepaling dat staatsinligting in “nasionale belang” geklassifiseer kan word, uit die wet te haal.  Hulle moet ook kyk na kommersiële inligting en nasionale veiligheid beter omskryf.  Fluitjieblasers moet glo ook beter met die wet beskerm word.

Ten slotte:  Krieket Suid-Afrika win regshulp in oor Gibbs se boek.  Ek wonder nou of die waarheid seermaak en of Gibbs nie ‘n goeie boek met feite bederf het nie.

Verjaarsdae:  In 1970 is Genie, ‘n wilde kind wat vir omtrent 13 jaar op ‘n potjie vasgemaak is, in LA gevind.  Barack Obama het in 2008 die eerste swart president van die VSA geword.  Evelyn Johnson (Mamma Bird) is vandag 101.  Jeff Probst; Sean Diddy Combs en Matthew McConaughey verjaar saam met haar.