Rolmodel

10 11 2010

Van tyd tot tyd kom rolmodelle ter sprake.  Wie jy bewonder, na wie jy opsien.  Miskien self op wie se lewe jy jou eie wil baseer.  Gewone vlees en bloed mense, wat dalk met ‘n bietjie meer wysheid of oortuiging opgetree het.  Dalk iemand wat sonder verskoning gelewe het en nie vir die duiwel self stuit nie.  Hulle die leier en jy die volgeling.

Ek het gister die volgende op Shout se Facebook bladsy raak geloop.

You are already a Role Model… the question is, what kind?

Dit is nogal ‘n nuwe happie.  Skielik is jy die leier en ander die volgelinge.  Die een wie se lewe as ‘n inspirasie vir ‘n ander moet dien.  Hopelik vir die goeie natuurlik.

Watse tipe rolmodel wil jy wees?  Wat in jou lewe is dit wat ‘n ander maar kan navolg?  Anders gestel kan ek seker vra waarvoor wil jy onthou word die dag wat jy nie meer jouself op die aarde kan verteenwoordig nie?

Stel jy ‘n voorbeeld met wat jy vir ander doen, gee of dalk net beteken? Party mense veg graag vir diegene wat nie hulle self kan beskerm nie terwyl ander tog net teen alle koste vrede wil bewaar.  Daar is groepe wat met hulle wysheid Salomo kan opdraande gee en ander wat werk sodat die mure skaam kry.  Daar is die wat goed bou, ander wat wanopvattings en vooroordele opbreek en vernietig.  Miskien is dit hoe jy jou lewe sonder verskoning leef of hoedat jy nie terugstaan vir konflik wanneer dit regverdig is nie.

Tog lê die waarde van jou rolmodelskap nie aan wat jy jouself toedig nie, maar eerder in wat ander mense in jou sien.  Sal hulle dieselfde waardes as wat jy geëien het identifiseer?  Erger nog, die goed waarop jy jouself wil roem is dalk waarop ander jou verag.

Nogtans ‘n goeie rolmodel, van hoe iemand nie moet wees nie.

Breinvasbrand:  Wie het tydens die tweede wêreldoorlog as Edda van Heemstra bekend gestaan?

Breinlosbrand:  Dr. Joseph E. Murray en J. Hartwell Harrison het die eerste suksesvolle oorplanting in 1954 gedoen.  Murray het daarvoor ‘n Nobel prys gekry.





Lunch Week 19

10 11 2010

Toorwoorde

  1. Gee ‘n verklaring vir:  ”kastraat”?
  2. Wat beteken die volgende afkorting:  ”pv.”?
  3. Wat beteken die volgende uitdrukking:  ”iemand in koue water bad”?
  4. Gee ‘n sinoniem met die gegewe aantal letters vir:  ”maai – met 4 letters”?
  5. Skommel die volgende in ‘n sinvolle woord (die eerste letter is reg):  GALGMIL

 





Koerantbrokkies

10 11 2010

Maggie Sotyu, nuwe adjunkminister van polisie, reken dat Suid-Afrika se regstelsels is rassisties en moet drasties getransformeer word.  Volgens haar het ‘n blanke boer wat ‘n man agter sy bakkie aangesleep het met R10 000 beboet en ‘n swart man wat ‘n blanke vermoor kry lewenslange tronk straf.  “Dis hoog tyd dat ons howe besef dit is nou die nuwe Suid-Afrika.” – wat dit ook al beteken.

Tommy Fourie (51) van Musina het gisteraand net na 7 homself geskiet.  Fourie was glo betrokke by die onwettige verkoop van renosterhoring.  Hy was in September in die hof oor die verkopery, maar is op R5000 se borgtog vry gelaat.  Hy het ‘n vriend gebel en gesê dat hy gaan selfmoordpleeg en het homself daarna met ‘n jaggeweer geskiet.

Zulqarnain Haider het glo vir sy lewe gevlug – die dat hy soos ‘n groot speld verdwyn het voor die laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan.  Hy het glo geweier om die uitslag van die laaste twee wedstryde te knoei.  Die paaltjie wagter was met die 4de wedstryd deur ‘n onbekende man benader en vertel om saam te speel of ernstige probleme te verwag.  Hy is van Doebai na London toe waar hy vir sy eie en sy gesin se veiligheid pleit.  Hy het ook sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig en wou hom nie uitlaat of ander spanlede ook betrokke is nie.

Gwen Ramokgopa word in opdrag van Zuma ondersoek om te sien of sy verantwoordelik gehou kan word vir die wanbestuur van Pretoria.  Daar is glo hardnekkige ongerymdhede en sy gan vanaf Januarie 2007 ondersoek word.  Mens sal nou dink dat so ‘n ondersoek moet gebeur voordat jy met ‘n ministerspos beloon word.  Daar was glo grootskaalse gekonkel met tenders.

Stephanie Bigbee Fleming (22) van Florida is aangekla omdat sy haar 8 weke oue seun verkoop het. Haar ma het alles gereël en die transaksie sou aanvanklik $75 000 beloop het, maar het dit na $30 000 verlaag toe die voornemende koper nie ‘n lening kon kry nie.  Flemming sou $9000 ontvang het en daarmee ‘n kar gekoop het.  Ek wonder nogal wat van res van die geld geword het.  Haar ma, Patty Bigbee (45) en dié se kêrel, Lawrence Works (42) is verlede week in hegtenis geneem.

Die grootte ANCYL het weer gepraat en die keer moet Paul Kruger van kerkplein af skoert vir Chris Hani. Plaas gaan leer hulle eerste om hulle neuse skoon te hou.  “oom Paul Kruger en sy generaals” moet verwyder word “omdat hulle ’n apartheidserfenis verteenwoordig en ’n bedreiging vir ons gemeenskap en toekoms inhou”.  Koste is glo ‘n bysaak, want“Die koste kan nie vergelyk word met die skending van menseregte wat ons mense gedurende die apartheidsera ervaar het nie.”  Kan iemand hulle tog net inlig dat Oom Paul daar was jare voor apartheid?  Hani kan elders ‘n toilet vir die duiwe word.

Verjaarsdae:  Tim Rice; Brittany Murphy en Eve.