Hanna Reitsch

11 11 2010

Snaaks hoe dinge werk . . .  Ek soek nou die dag ‘n spesifieke spelling van ‘n naam.  Kliek hier, kliek daar en siedaar.  Nog ‘n baie interessante karakter uit die Nazi geledere.  Eintli ‘n baie tragiese figuur.

Hanna Reitsch is in 1912 in Hirschberg Duitsland gebore.  Haar pa was ‘n oorarts (soos in die dokter wat in oë gespesialiseer het) en wou gehad het dat Hanna in sy voetspore moet volg.  Hanna het toe wel ook medies gaan studeer, met die idee – waarskynlik geinspireer deur haar ma – om ‘n vlieënde, sendeling dokter in Afrika te word.

Vlieg was van kleins af haar passie gewees.  Sy het selfs toe sy 4 was eendag van die balkon afgespring om te kyk of sy so sal kan vlieg.  Waarskynlik sonder veel sukses.  Na die eerste wêreld oorlog was Duitsland verbied gewees om vegsvliegtuie te vervaardig.  Reitsch kon wel in 1932 met sweefvliegtuie begin speel.  ‘n Jaar later is sy ‘n pos as ‘n sweeftuig vlieënier en instrukteur aangebied en het sy haar studies laat vaar.  Sy het soms ook waaghals toertjies vir films gedoen, maar het veral in kompetisie uitgeblink.

Reitsch het in 1937 onder die Nazi’s se aandag gekom.  Reitsch het as ‘n toetsvlieënier gewerk.  Sy het onder andere Junkers Ju-87 and Dornier Do-17 getoets, beide op duikrem toetse.  Op ‘n besoek aan Focke-Wulf het sy saam met Karl Franke in die Focke-Achgelis Fa-61 gaan vlieg.  Dit was die wêreld se eerste praktiese helikopter.  Na die vlug was Reitsch genooi om dit te vlieg en anders as Franke het sy geen probleem gehad om die helikopter stil te hou nie.  Dit het haar natuurlik ook die eerste vroulike helikopter vlieënier gemaak.

Sy was aangemoedig om meer met die helikopter te gaan vlieg en vertroud te raak daarmee.  Sy het gou begin toertjies met die helikopter uithaal en daarmee saam die aandag van die Nazi’s op haar gevestig.  Sy het ook nie juis die oë seer gemaak nie en was gou ingespan vir Nazi propaganda.  In 1939 het Reitsch Skarlaken koors ontwikkel, maar het na haar herstel gehelp om ander vliegtuie te ontwikkel.  Met die aanvang van die oorlog het sy as ‘n toetsvlieënier vir die Derde Ryk gevlieg.

Reitsch was die enigste vrou wat die Yster Kruis Eerste Klas en die Luftwaffe Gekombineerder Vlieënier Waarneming Wapen in Goud en diamante te kry.  Vergewe my as ek verkeerd vertaal het.  Intussen het Reitsch ook begin werk aan die Leonidas – ‘n selfmoord eskader wat seker sou maak dat vliegtuie met bomme die teiken tref (en hier dog ons al vir jare dit was die Japanese se idee).  Hitler was aanvanklik nie mal oor die idee nie, maar Reitsch het hom anders oortuig in 1944.  Die Luftwaffe offisiere was ‘n ander saak.

Ten spyte van die idee het Reitsch nog in God geglo toe sy vir Heinrich Himmler ontmoet het.  Sy het sy kop vir hom gewas oor die Jode en hy het dit afgemaak as ongegronde propaganda van die vyand.

Reitsch was romanties verbind met Robert Ritter von Greim wat die adjunkhoof van die Luftwaffe was.  Iewers het sy ook God vir die Vaderland verruil.

In April 1945 het dit duidelik geraak dat Rusland Duitsland gaan oorwin.  Hitler en van sy gesante het in ‘n kelder in Berlyn weggekruip en Reitsch het Greim op 26 April na hom geneem.  Hitler sou hom glo die hoof van die Luftwaffe gemaak het.  Hulle was geskiet en Greim was in die voet gewond, maar Reitsch het nogtans veilig geland.  Op 28 April 1945 het sy die laaste Duitse vliegtuig uit Berlyn gevlieg op Hitler se aandrang.   Saam met haar het sy die Hitlers en Göbbels se testamente geneem.  Wie sal nou ooit weet, dalk het sy vir Hitler saam geneem.

Reitsch het haar self op 9 Mei 1945 (2 dae nadat Duitsland oorgegee het) haarself aan die Amerikaanse Intelligensie oorgegee saam met Greim.  Hy het op 24 Mei 1945 selfmoord gepleeg omdat hy nie kans gesien het om verder gemartel te word nie.  Reitsch was 18 maande deur die Amerikaners aangehou en ondervraag.  Daarna was sy vry gelaat – ook maar om ‘n lewe van eensaamheid te sluit.  Haar minnaar was dood en haar pa het die hele gesin dood gemaak in die einde van die oorlog toe die Pole hulle uitgeskop het.

Reitsch het in Frankfurt gaan woon.  Aanvanklik mag die Duitsers nie gevlieg het nie, maar teen 1952 kon Reitsch weer sweeftuie gevlieg het.  Sy het verskeie kompetisies gewen en verskeie rekords opgestel.  Van die rekords staan vandag nog.   Sy kan vandag selfs as een van die beste vlieëniers gesien word.  Sy het ook heelwat boeke oor haar lewe geskryf.  Sy is in 1967 aan ‘n hartaanval dood in Oostenryk.  Sy het nooit getrou of kinders gehad nie.

Mens sal graag wil glo dat Reitsch alles in haar mag gegee het om haar lewensdroom uit te lewe.  Tog het sy werklik aan Hitler se ideale geglo en het nooit berou gehad oor haar Nazi jare nie.  In haar eie woorde:

“Many Germans feel guilty about the war. But they don’t explain the real guilt we share – that we lost.”

Breinvasbrand:  Watter jaar was die Nazi party gestig?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Audrey Hepburn.





Erfenis

11 11 2010

Ek is ‘n liefhebber van stories.  Ware stories, mooi stories, vlak stories, diep stories, onaangename stories en selfs liegstories.  Solank dit ‘n goeie storie is, het iemand my aandag.  Waar kry jy dan nou juis beter stories as in die geskiedenis?  The good, the bad and the ugly.  Ek is dus ook baie lief vir geskiedenis.  Dit vertel immers die verhaal van hoe volke en nasies.  As die mens eendag die lesse van Geskiedenis te harte neem, sal die foute van Geskiedenis nie herhaal word nie.

Ek gee toe dat Geskiedenis nie heeltemaal op die waarheid gebaseer is nie.  Soos met alles in die wêreld moet jy na altwee kante luister van die verhaal en self die waarheid gaan soek.  Terselfde tyd dink net ‘n dwaas dat Geskiedenis dood en sonder waarde is.   As die mens eendag die lesse van Geskiedenis te harte neem, sal die foute van Geskiedenis nie herhaal word nie.  En dit is juis waar tasbare voorbeelde van Geskiedenis ter sprake kom.  ‘n Standbeeld, ‘n monument, ‘n gedenkteken wat skree om nie vergeet te word nie.

Dit is hoekom ek gewoonlik – om dit liggies te stel – die bloublesbliksem in raak as een of ander sot ‘n standbeeld, monument of gedenkteken beskadig, vernietig of verwyder.  Behalwe van die Geskiedkundige waarde, is daar ook ‘n kultuur en kunswaarde waarmee daar ook gekarring word.  Goed wat nie in geld gemeet kan word nie.

Kom ons neem nou byvoorbeeld die nuutste sotlike voorstel om Paul Kruger te verwyder.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy is beslis nie een van my helde nie.  Ek beskou hom as domastrant.  Hy was – mens kan amper sê – genadeloos onder die buitelanders.  Tog het ‘n buitelander, Sammy Marx, uit eie oorweging die geld vir ‘n standbeeld geskenk.  Hoekom?  Duidelik moes hy Paul Kruger bewonder het.  Die standbeeld is deur een van die voorste Suid-Afrikaanse beeldhouers, Anton van Wouw, ontwerp.  Die buitelandse toeriste gaan kyk graag na Oom Paul in Kerkplein.  Hoekom de hel hom dan daar verwyder?

Terloops, as ek nou reg kan onthou, was Chris Hani nie eers ‘n ANC lid nie.  Ek gee wel toe dat hy wel ‘n geskiedkundige figuur van Suid-Afrika was, maar kan hy nie op sy eie ‘n toeriste aantreklikheid word nie.  Maak gerus ‘n standbeeld van hom en sit dit argumentsonthalwe by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal.  Maak verdomp standbeelde van die hele ANC, maar kry vir hulle hulle eie voetstukke.  Nog ‘n plek waar die toeriste heen kan gaan sal tog nie skade doen nie – inteendeel.  Dit is onnodig om bestaande goed te vervang met nuwes.  Daar IS plek vir altwee.

Eintlik maak dit seker nie saak of Paul Kruger geskuif word nie.  Die meeste blankes is te bang om hulle voete in kerkplein te sit.  Paul Kruger is immers ook al 3 keer in die verlede geskuif – so hy kan seker maar skuif na waar sy volk hom sal besoek.  Sy volk het hom immers al klaar versaak.

Tog moet daar iewers ‘n lyn getrek word.  Ek verstaan dat daar al meer as 300 monumente in die slag gebly het.  Wanneer is genoeg, genoeg?  Neem standpunt in en doen dit nou.  Bepleit die behoud van die monumente, standbeelde en gedenktekens.  Nie net wanneer dit in die gedrang kom nie.  Gaan besoek dit, maak jouself daarmee bekend, maak dit deel van jou.  Dan kan jy die stryd met liefde in jou hart – met passie! – bestry en nie net omdat jy in die gesig gevroetel voel nie.

Ek daag dus elkeen wat ‘n blog het uit om ook hulle gevoelens oor die saak te lig.





Lunch Week 19

11 11 2010

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Danie Craven; Herrie; Liewe Heksie; Bliksem; Neels Langenhoven; Boesman; Adolf Hitler; Mattewis; Trompie Toerien; Blondi

Gemeenskaplike faktor?

 





Koerantbrokkies

11 11 2010

Nicole Lohmann (6) is deur haar tannie, Rene Pretorius, wat ‘n obsessie oor die kind gehad het, vermoor.  Nicole se ma wat Pretorius se suster en is sowat 4 jaar gelede dood.  Pretorius het daarna haarself om die lewe gebring.  Nicole se pa het eers geweier dat Nicole Saterdag saam met Pretorius gaan ná ’n geskiedenis van onmin tussen hulle en ’n obsessie wat Pretorius oor Nicole ontwikkel het.  Welsyn beamptes het hom aangeraai om die kind te laat gaan omdat sy en haar tannie ‘n band het.  Pretorius het vooraf haar diere uitgesit en R250 000 getrek.  Die geld is in koeverte by hulle lyke in ‘n hotel by Gold Reef City gevind.

Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, is ook maar lekker agter die klip.  Die saak wat sy aangehaal het oor blankes wat ligter strawwe kry, moet nog in die hof voorkom.  Die man is op R50oo borgtog uit – en hy het nie eers die werker aan die bakkie vasgemaak nie.  Dit skeel Sotyu maar min:  “Daar is talle, maar (ek) kan dit nie (nou) onthou nie. Dit kan nie betwis word nie: Dis ’n feit dat ons regstelsel nie getransformeer is nie.”  Sy soek ‘n swart regsbank en basta.

Markus Hofmeyr, hoof van veeartsenydienste van die Krugerwildtuin, het al gesien hoe word hy seekoeikos.  Hulle het ‘n verdowingsmiddel op seekoeie getoets die 13de Oktober.  Die seekoei was die 20ste een wat getoets het en daar was nooit voorheen probleme nie.  Dit is besonders moeilik om seekoeie te verdoof, want hulle hardloop by die water in en verdrink dan.  Die seekoei het dan ook in die vlak water sy bewussyn verloor.  Terwyl hulle aan hom gewerk het, het sy kop in die water gesak en het die seekoei vermoedelik water in sy neus gekry.  Dit het hom weer bygebring en toe breek die hel los.  Die seekoei moes op die einde geskiet word.  Die veeartse sal in die gevolg ook die diere se bekke toebind voor hulle aan hulle werk.

Verjaarsdae:  Rhodesia het in 1965 hulle onafhanklikheid aan Engeland verklaar.  Angola het in 1975 onafhanklik geword.  Magda Goebels; Demi Moore; Calista Flockhart en Leonardo DiCaprio.