Is sport goed vir jou?
Die advokate van sport is baie passievol oor die voordele van sport. Sport verminder jou massavet; versterk jou bene; verbeter koordinasie, balans en buigsaamheid; verbeter uithouvermoë en konsentrasie en beveg angs en depressie. Dit is dus oor die algemeen goed vir jou gemoedstoestand en jou gesondheid. Daarmee saam beveg dit ook jou kanse op hartsiektes.
Ek kan seker nie daarmee stry nie. Ek wonder net teen watter prys kom die voordele en of die prys nie dalkies te hoog is nie.
En ek praat nie noodwendig net van die kostes nie. Glo my, ongeag van jou keuse van sport, is dit oor die algemeen nie goedkoop nie. ‘n Goeie paar tekkies begin hier by R500 en meer. Dit is die minimum omtrent. Daarmee saam het jy die geskikte klere en ander toerusting nodig. Wat enige iets van ‘n paar honderd tot ‘n paar duisend rand kan kos. As jy aan ‘n klub wil behoort, gaan dit jou kos. As jy iewers van ‘n geskikte “veld” wil gebruik maak, gaan jy ook hoes. Kompetisies kos ook geld, veral as jy nog boonop ‘n amateur is.
Sport is ‘n multi biljoen rand onderneming. Ek praat hier nou spesifiek van professionele sport wat deesdae amper soos ‘n godsdiens is. Troues, begrafnisse en selfs in sommige gevalle mense se lewens word rondom belangrike sport gebeure beplan. Miljoene rande word in sport gestort, alles vanuit die verbruiker se sak. Of die verbruiker van die betrokke sport hou of nie. Voeg daarby branding en kaartjies en enige mens moet insien dat geld ‘n groot geldmaker is.
Ek dwaal egter af – dit was nie die finansiele sy is eintlik van minder belang. Ek praat eintlik van ander kostes wat nie regtig aan rand en sent gekoppel kan word nie. Die hoogste prys is natuurlik mens wat hulle lewens verloor met sport. Hoeveel seuns is al net nie op ‘n rugbyveld dood nie? Hoeveel mense het net nie al tragies tot ‘n einde gekom in ‘n swembad of op ‘n fiets nie? Hoeveel mense het hulle kwaliteit van lewe nie as gevolg van ‘n sport verloor nie? Mens wat vandag as ‘n gestremde gesien word, alles danksy een of ander sport.
Dit is seker die ongelukkige gevalle wat ek hier noem, maar dit val my deesdae meer en meer op hoeveel mense wat een of ander tyd ernstig oor ‘n sport is, lewenslank die prys betaal. Mense wat sukkel met hulle knieë, nek, rug, elmboog ens. Wat of in daaglikse pyn moet lewe of pyn medikasie hulle konstante metgesel moet maak.
Daar kan seker aangevoer word dat moontlike beserings nie die nodige aandag gekry het nie of dat die persoon nie reg afgerig is nie. Dit het beslis meriete, maar is dit al rede? Is die mens gemaak om soveel impak op hulle liggame te verduur wat sport op hulle sit? Word die liggaam dalk nie in te veel onnatuurlike posisies gedruk nie?
Wat help goeie gesondheid tog as jy dit nie kan geniet as gevolg van chroniese pyn nie?
Wat weeg swaarder: ‘n Lang lewe vol skete of ‘n korter lewe met gemak?
Breinvasbrand: Wie is die afrigter van die Proteas?
Breinlosbrand: Kgalema Motlanthe (wat aangestel is nadat Mbeki bedank het).
Wie runnik saam?