Verkrag of toe nie?

18 11 2010

‘n Week of wat gelede was die land in afgryse gedompel nadat twee meisies van Jules Hoërskool bedwelm en een van hulle verkrag is.  Boonop was die daad op die sportveld op verskeie leerlinge se selfone verfilm.  Daar was twee seuns aangekeer, maar die saak teen hulle is laat vaar.  Gister was al drie die leerlinge egter in die hof.  Al drie op ‘n klag van statutêre verkragting.

Hierdie is ‘n baie sensitiewe saak, maar ek gaan nogtans ‘n paar gedagtes daaromtrent deel.  Vir die Nasionale Vervolgings Gesag om ‘n klag teen die meisie te lê, beteken dit dat hulle oortuig is dat sy vrywillig aan die seks deelgeneem het.  Was sy 10 jaar ouer, was dit as ‘n orgie gesien en was daar ‘n klein moontlikheid van ‘n openbare onsedelikheid teen die groep.

Baie mense en groepe het hulle skok en afgryse met die besluit uitgespreek.  Ek wil ook glad nie die moontlikheid uitsluit dat die meisie aan ‘n heksejag onderwerp word nie.  Dit sal nie die eerste keer in die geskiedenis wees dat so iets gebeur nie.  In daardie geval behoort die NVG saam met die verkragters brandstapel toe te gaan.  Die meisie het genoeg drama, sy hoef nie nog aan die opper gesag se giere en onbevoegdheid bloot gestel te word nie.

Aan die anderkant – veronderstel, net vir ‘n oomblik, dat die meisie willens en wetens saamgespeel het en toe agterna spyt gekry het?  Sal ook nie die eerste keer wees dat so iets gebeur nie.  Sy besef dalk dat die onderwysers, haar familie en ouers haar wilde kant kan sien.  Sy wil haarself verontskuldig en skree dan verkragting.

Let wel, ek sê nie dit is wat gebeur het nie.  Dit is egter iets wat ‘n mens nie buite rekening kan laat nie.  In daardie geval het sy nie net die twee beskuldiges te na gekom nie.  Sy het elke ander meisie wat dalk ‘n slagoffer van ‘n verkragting by die skool of ‘n bende verkragting is in die voet geskiet.  Wie sal hulle glo as sy nou dalk uitgevang word?

Is ‘n aanklag van statutêre in die laaste moontlikheid regverdig?  Miskien, maar ek dink daar behoort dan sterker stappe geneem te word.  Lieg oor verkragting is omtrent die laagste wat ie





Lunch Week 20

18 11 2010

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Mercedes GP; Sebastian Vettel; Ferrari;  Robert Kubica; Red Bull;  Lewis Hamilton; McLaren; Michael Schumacher; Fernando Alonso; Renault

Gemeenskaplike faktor?





Koerantbrokkies

18 11 2010

Oor die kinders van Jules Hoërskool:  ek het baie daaroor te sê.  My mening dan later.

Ek verklaar hiermee plegtig dat ek niks te doen gehad het met die man wat op die muur tussen die tierkampe gaan sit het nie.  ‘n Man in sy 20 het gedink dit is ‘n goeie plan om oor ’n heining om twee tierkampe geklim en op ’n muur tussen die kampe gaan sit het.  Die tiere was eers vermaak deur hom, maar toe hy nie sy ry kry nie, het hulle honger geraak.  Die dieretuinpersoneel moes hulle na hulle nagkampe toe lok en een van die tiere moes met ‘n pylgeweer verdoof word.  Toe het die man nog geweier om af te klim.  Eers toe ‘n wag ook oor die heining geklim het, het hy plan gemaak.  Ek hoop hy (hulle) het darem die geleentheid gebruik om ‘n bietjie rommel in die kamp op te tel.

‘n Siamese tweeling is Maandag in die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal gebore.  Hulle ma is net 15 jaar oud.  Die babas is aan die bors en maag aan mekaar verbind.  Een uit 2,5 miljoen geboortes lewer Siamese tweelinge op en die meeste van die kinders sterf binne 24 uur.

Adam Habib, viserektor van die Universiteit van Johannesburg (UJ), reken regstellende aksie is die rede vir swak dienslewering in die land.  Ek haal aan:  “Die probleem is dat swart mense in kernposte geplaas word omdat hulle kamerade is, ongeag of hulle vir die poste kwalifiseer.”  Die staatsdiens is dalk swarter, maar:  “Dit het wel die kleur van openbare dienste verander, maar ’n krisis veroorsaak deurdat vaardighede en mentorskap nie oorgedra word nie.”

Verjaarsdae:  In 1307 het William Tell die appel van sy seun se kop afgeskiet.  In 1926 het Bernard Shaw geweier om sy Nobel Prys te aanvaar met:  “I can forgive Alfred Nobel for inventing dynamite, but only a fiend in human form could have invented the Nobel Prize.”  In 1963 is die eerste drukknoppie telefoon in gebruik geneem.  En in 1993 het 21 partye in SA die nuwe grondwet goedgekeur.  Owen Wilson.