Hallo Maatjies
😯 Ek het altyd gedink die Kaapplek het net ‘n blou dam. Ek het nog nie die blou dam gesien nie en Merriegriet wil my nooit gaan wys waar dit is nie. 👿 Sy is so sturrip, sy sê die see is die blou dam. 🙄 Weet sy dan nie dat die see baie groter as ‘n dam is nie.
Hierdie dammetjie is in ‘n silwer myn. 😀 Ek weet van silwer, in Blommeland is daar ‘n silwer angelier wat opgepas moet word. 😡 Die perse wil dit altyd steel omdat sy jaloers is.Â
Ek wou nog vissies vang by die dam, maar ek het so ‘n klein bietjie my vistang by die huis gevergeet. 😳 Die vissies wou nie kom toe ek hulle geroep het om met my te speel nie. 😦 Hulle vlieg ook te vinnig vir my om hulle te vang. 😈 Simpel goed.Â
More moet ek blasies gaan soek. 😯 Merriegriet het my nie vertel ons gaan weer Kaapplek toe nie. Dit is al waar ek blasiegoed gesien het.
Tata Maatjies
Wie runnik saam?