Vrydagmiddag maak of jy werk

5 11 2010

Goed, terwyl almal nou een oog op die deur het, kom ons kyk of dit gaan werk.

Ken julle name, vanne, diere, dorpe?

Ons begin bo die alfabet en werk deur tot z.  As ons dalkies Z haal, begin ons van voor af.  Jy gaan aan met die volgende letter.  Gestel nou iemand het met D gespeel (dus die laaste kommentaar was met D) – gaan aan met E.

Ek sal begin:  A

Naam:  Andre

Van:  Appel

Dier:  Adder

Dorp:  Alberton

Nou vir B.  As ons dalk weer by ‘n spesifieke letter kom, mag jy nie die name, vanne, diere, dorpe herhaal nie.

Wie kan die meeste letters doen?





Lunch Week 18

5 11 2010

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Jy mag dalk dink ek hardloop na jou, maar dit, my vriend is waar jy die dom fout maak.  In ‘n oomblik soos die is daar moord in my hart en soek ek bloed op my hande.  Jou bloed en niemand anders s’n nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. If her daddy’s rich, take her out for a meal
    If her daddy’s poor, just do what you feel
    Speed along the lane
    Do a turn or return the twenty-five
  2. I don’t want to take you dancing
    When you’re dancing with the world
    Well You can flash your caviar and your million dollar car
    I don’t need that kind of girl
  3. Baby I’m your slave
    I’ll let you whip me if I misbehave
    It’s just that no one makes me feel this way
  4. In my imagination
    There is no hesitation
    We walk together hand in hand
  5. So I play along when I hear that favourite song
    I’m gonna be the one who gets it right.
    You better know when you’re swingin’ round the room
    Look’s like magic’s solely yours tonight




Koerantbrokkies

5 11 2010

Johan (54) en Anne lise Greyvenstein se lyke is by hulle bakkie op ‘n verlate pad gekry.  Die egpaar van Mesina se inkopies was nog agter op die bakkie toe hulle lyke gekry is.  Hulle buurman het gister die polisie gekontak nadat hy sedert Dinsdag niks van hulle gehoor het nie.  Hulle was nog in dieselfde klere wat hulle Dinsdag dorp toe gedra het.  ’n Zimbabwiër wat by hulle op die hoewe gewerk het, is sedert die moorde soek.

3 Seuns van tussen 14 en 15 is aangekeer nadat hulle ‘n beton blok van ‘n brug op ‘n motor gegooi het. ‘n Vrou is in die bruggooiery dood.

Gautengse lykshuise kry al hoemeer babas wat in vullisblikke en ashope gelos is.  Dit is nog onseker hoekom.  Die Mediese Navorsings Raad en Unisa het die onnatuurlike dood syfers ontleed.  Geweld was die hoofoorsaak (32,4%), gevolg deur padongelukke (28,7%) en selfmoord (11,3%)

Verjaardae:  Guy Fawkes het sy ontstaan in 1605 gekry.  Ike Turner; Art Garfunkel; Bryan Adams; Tatum O’Neil; Sam Rockwell en Kevin Jonas.