Troustories

21 11 2010

Soos julle al seker tussen die lyne verneem het, was dit die naweek Selene se troue.  Ek gaan julle nie veel daarvan vertel nie.  Die bruid was asemrowend, die bruidegom het nie afgesteek nie en die strooimeisie was ook pragtig.  Die lokaal was pragtig en die kos uitstaande.  Kortom was daar niks om oor te skinder nie. 

Dit is natuurlik die uitsondering eerder as die reël by troues.  Daar is gewoonlik ‘n geskinder van die oomblik wanneer die mense in die kerk sit.  Niks is veilig van die skerp tonge nie.  Ewe eens kan troues maar ook vreemde gedoentes wees.  Alle vorme word in ‘n sosiale situasie saamgegooi waar die drank ook gewoonlik vloei.  Dit lei gewoonlik na konsternasies. 

Die weirdste wat ek al beleef het?  Dit was ‘n oggendtroue gewees wat gevolg sou word met verversings in die kerksaal.  Mense het dae lank gewerk aan die eetgoedjies en van vroeg af was alles na die kerksaal karwy.  Heerlike eetgoed waarvoor ‘n mens jou oogtande sal gee.  In elk geval, die bruid se ouers het nie eers gewag om die nuwe getroudes met confetti te strooi nie.  Die predikant het skaars amen gesê en toe is hulle weg.  Saam met die res van die familie.  Die rede?  Hulle wou gaan drink en kon dit nie op die kerk se perseel doen nie.  Daar is toe die kerksaal vol kos met amper niemand wat dit kon waardeer nie.  De hel met almal se onkostes en moeite daarmee. 

Vandag wil ek by julle hoor wat die vreemdste troue was wat julle al beleef het?  Of sal ons dit eerder troues maak?  Miskien is jy dapper genoeg om te vertel wat het alles met jou troue verkeerd geloop.  Dalk moet ons sommer teruggaan na die henneparty en ramparty.





Oplossing Week 20

21 11 2010

Algemene Kennis

  1. Hanna Reitsch (Demoerin)
  2. Sport (Demoerin)
  3. Beeldhouer (Demoerin)
  4. Stigting van Facebook (Demoerin)
  5. Platinum (Demoerin)

Uilspieël

  1. Colgate – nie ‘n produk vir ongewensde hare nie (Demoerin) (Behalwe as daar hare op jou tande is – ook van DMI)
  2. The Terminally Ill – Nie ‘n fliek met Tom Hanks nie (Demoerin)
  3. Supa Stuck – Nie ‘n bandvoorsiener nie. (Demoerin)
  4. Peru – Is nie in die Noordelike Halfrond nie
  5. Gholf – Is nie ‘n rakket sport nie (Demoerin)

Toorwoorde

  1. in die eerste plek (Mariana)
  2. Laer graad (Mariana)
  3. Iets begin (Mariana)
  4. du (Mariana)
  5. veerboot (Mariana)

Couples Theraphy

  • Ferrari – Fernando Alonso (Demoerin)
  • Red Bull – Sebastian Vettel (Demoerin)
  • McLaren – Lewis Hamilton (Demoerin)
  • Renault – Robert Kubica (Demoerin)
  • Mercedes GP – Michael Schumacher (Demoerin)

F1 spanne met hulle jaers (Demoerin)

Liedjiepret

  1. Things my father said – Elvis Blue / Black Stone Cherry (Demoerin)
  2. Kings and Queens – 30 Seconds to Mars (Demoerin)
  3. Another day in paradise – Phil Collins (Demoerin)

Liriekeraai

  1. Una Paloma Blanca – George Baker Selection (Demoerin)
  2. Fast car – Tracy Chapman (Demoerin)
  3. Father and Son – Cat Stevens (Demoerin)
  4. Safe as houses – aKing (Demoerin)
  5. Life is Life – Opus (Demoerin)