Karkoop

28 11 2010

Perdkoop is een ding, maar Boetie, dit is niks teenoor kar koop nie.  Veral as jy in die gebruikte motormark rondkrap.  Met ‘n nuwe motor is jou grootste bekommernis basies of jy die paaiement en versekering kan bekostig.  Daar is so effense gemoedrus in die naam van ‘n 100 000 km / 3 jaar waarborg.  Verder is jy verseker daarvan dat niemand die kar voor jou deur hulle asse getrek het nie. 

Gebruikte motor koop is nie vir diegene wat swak van hart is nie.  Daar moet tog ‘n rede wees hoekom gebruikte motor verkoopspersone voor die voet as skelm beskou word.  Niks is seker wanneer jy ‘n kar kies nie.  Die kilometers wat so goed lyk was moontlik in ‘n werkswinkel aangepas.  Dieselfde kon seker met ‘n vol diensrekord gebeur het. 

Dit is net die admin.  Jy kan nie verwag dat hulle jou sal vertel wat alles met die kar fout is nie.  Jy beter sorg dat jy alles op jou eie kan uitpluis of jy gaan met die kat in die sak sit.  Jy moet bid dat jy ‘n kar kry wat wens begeerte verkoop is.  Nie die een wat begin probleme gee het waarvan daar vinnig ontslae geraak moes word nie. 

Ek het toevallig vandag die advertensie gesien:

Siende dat die bank ‘n lisensie soek voordat hulle jou ‘n lening gee, wonder ek hieroor.  Wie gaan die finansiering doen?  Ek sien hemelhoë rente en mans wat jou bofbalkolwe besoek as jy 5 minute laat is met jou betaling. 

Vandag wil by julle weet hoe was julle al ingeloop?  Van watter inloop stories het julle al gehoor?  Het julle al ‘n eerlike verkoopspersoon met die hand gegroet?  Enige raad van hoe om nie jou kop te stamp nie?

Breinvasbrand:  Wie het die eerste Mini ontwerp?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Clifton Hangbrug in Bristol.





Oplossing Week 21

28 11 2010

Algemene Kennis

  1. Edward Teach (Demoerin)
  2. Bobby Riggs (Demoerin)
  3. K. Sello Duiker-prys (Demoerin)
  4. Reserwebank (Demoerin)
  5. Suidelike Halfrond (Demoerin)

Uilspieël

  1. Tony Blair – was die enigeste een wat nie in sy termyn dood gemaak is nie (Demoerin*)
  2. Skelonk – is nie ‘n tipe woning nie (Demoerin)
  3. Spookasem – word nie van eiers gemaak nie (Demoerin)
  4. Swahili – nie ‘n amtelike taal van Suid-Afrika nie (Demoerin)
  5. Tornado – nie ‘n tipe neerslag nie (Demoerin)

Toorwoorde

  1. melk wat in ‘n velsak suurgemaak is.
  2. Totale fertiliteitsyfer
  3. lieg
  4. knaap
  5. funksie

Couples Theraphy

  • Hoender – Eiers (Demoerin)
  • Vark – Spek (Demoerin)
  • Perd – Vervoer (Demoerin)
  • Beeste – Melk (Demoerin)
  • Skaap – Wol (Demoerin)

Diere en hulle produkte (Demoerin)

Liedjiepret

  1. Dancing in the city – Marshall Hain (Demoerin)
  2. Last Christmas – Wham! (Demoerin)
  3. I know him so well – Elaine Page en Barbara Dixon (Demoerin)

Liriekeraai

  1. Don’t Stop Me Now – Queen (Demoerin)
  2. We don’t need another Hero – Tina Turner (Demoerin)
  3. The Animal Song – Savage Garden (Demoerin)
  4. Never Gonna Give you up – Rick Ashley (Demoerin)
  5. Raise your glass – Pink (Demoerin)




Gee talent

28 11 2010

Kan julle glo dat vandag al weer die eerste Sondag van Advent is?  Ons gaan weer om elke hoek en draai herinner word dat dit ‘n tyd is om te gee.  Verkieslik in kontant, maar nuwe speelgoed en klere sal ook help. 

Ek luister nou die dag weer na “The little drummer boy”.  Die seuntjie stertjie agter die wyse manne aan om na die baba Jesus te gaan kyk.  Hy moes seker geintimideer gevoel het met die geskenke wat hulle vir Jesus gehad het.  Hy het weinig meer gehad as sy drom.  Nie dat hy iets meer nodig gehad het nie.  Sy geskenk aan die baba Jesus was sy allerbeste spel op sy dromme.  Daarvoor was hy met ‘n glimlag van Jesus af beloon. 

Ons glo dikwels dat gee beteken dat ons beursies dunner moet word.  Daar is ‘n paar van ons wat glo dat ons tyd moet opoffer om werklik te kan gee.  Tog dink ons selde daaraan hoe ons ons Godsgegewe talente kan aanwend om te gee.  Dalk is ons net te gewoond aan sekere dade van liefdadigheid om ‘n bietjie verder te dink.  Net omdat die manier waarop ons wil help dalk nie die gewone manier is nie, beteken dit nie dat dit ‘n slegte manier van help is nie.

Elke talent moet tog na goed lei.  Trek ‘n lys van jou talente op en kyk hoe jy dit vir een of ander liefdestaak kan aanwend.  As jy dalk goed is met konflik, daar is baie mense daar buite wat verontreg was en wie jy kan help om te baklei.  As jy dalk weer goed is met administrasie – daar is baie organisasies waar die werkers bloot nie by die admin uitkom nie.  As jy mal is oor tuinmaak, kan jy sekerlik iewers help om ‘n tuin te vestig.

Help mense / diere / omgewing / wat ook al deur met jou talente te woeker.  Dalk nie net met Kersfees nie, maar met elke tydperk, seisoen of selfs dag in die jare vorentoe.





Dit lyk net so verkeerd

28 11 2010

Ek lees iewers oor die naweek dat 1 uit elke 3 Suid-Afrikaanse mans al verkrag het.  Dit is absoluut skokkend!  Daar was ook al gesê dat ‘n vrou in Suid-Afrika ‘n groter kans het om verkrag te word as om te leer lees.   Verkragting is seker nog steeds in die meeste gevalle ‘n stil misdaad.  Baie mense voel dit is bloot nie die vernedering werd om die saak aan te gee nie.  Kinders wat van jongs af verkrag word kan met die idee groot word dat dit normaal is.  Hulle kan dit dan eendag weer met ander kinders herhaal.

Dan kry ‘n mens die gewone gevalle van mishandeling.  Nog iets wat die slagoffer te vernederend is om oor te praat.  Wat sommige seker as normaal aanvaar.  Mens kan nooit weet wat agter geslote deure aangaan nie. 

Jakaranda het weer hulle jaarlikse insameling teen vroue- en kindermishandeling ingesamel.  Almal is seker verheug daaroor dat hulle meer as R300 000 ingesamel het. 

Tog . . . .  Met hulle telethon vir Renosters het hulle oor ‘n miljoen rand ingesamel.  Goed, renosters skree dalk harder.  Hulle baklei vir oorlewing en elke renostermoord haal die nuus.  Hulle ly nie in stilte nie.  Maar renosters gaan nie in die toekoms onder ander renosters stroop nie.