Laviga en die kolwers

12 11 2010

Hallo Maatjies

Ek het nou die dag na die kolwers gaan kyk.  😯 Ken julle kolwers?

Kolwers is ‘n heksie se beste maatjies. 😛  Hulle bly eintlik in die see, maar kom kuier ‘n baie groot swemgat vir die maatjies. 😀  Die maatjies klap hande en dan doen die toertjies.  Hoe meer die maatjies hulle cheat, hoe hoger spring die kolwers. 😆

Hulle lyk soos visse, swem soos visse, maar kolwers is soogdiere!  😯  Sien julle hoe slim is ek?  :mrgreen: Ek weet van soogdiere, die skoolkabouter het ons van hulle geleer.  🙂 Visse lê eiers, maar soogdiere se babatjies kruip in hulle magies weg.  As hulle groot genoeg is, dan kom hulle uit en drink aan hulle Mamma melkies.  😉  Nou is julle ook slim.

Maar ek wil julle nog van die kolwers vertel.  🙂  Hulle spring baie hoog en dan gee die tannies vir hulle vis omdat hulle so mooi spring.  😉  Wanneer hulle moeg is, dan waai hulle met hulle stertjies.  😯  Ander kolwers kom wys dan dat hulle eintlik slimmer is.  Daar was ook ‘n kolwer wat kon sing.  😯

Ek hou van die kolwers, volgende keer gat ek saam met hulle swem. 

Tata Maatjies





Makiti

12 11 2010

As ‘n mens op die N3 sien jy so ‘n snaakse plekkie tussen niks en nêrens.  Goed, tussen Villiers en Warden sal jou as reisiger seker beter help om die plek te vind.  Dit is sowat 34 km van Warden af.  As jy so ‘n nuuskierige siel soos die uwe is, is dit net daar waar jy die afrit neem om te gaan rondneus en spyt sal jy nie wees nie.

Ek is geen liefhebber van die Vrystaat nie.  Ek dink dit is ‘n vermorsing wat ‘n baie goeie binnelandse see kon gewees het.  As ek dus lofsgesange oor iets in die Vrystaan aanhef, dan moet julle weet dat dit die moeite werd is. 

Die plek het selfs oornagsfasiliteite en glo vir my dat dit glad nie vergesog is nie.  Daar is soveel interessante hoekies om te gaan krap, dat jy maklik van die see kan vergeet en eerder oorbly. Hulle spog met ‘n kunsgallery, ‘n restaurant, ‘n herdenking winkeltjie, ‘n tuisnywerheid en ‘n slaghuis.  Die mense is vriendelik en die pryse is billik. 

 Ons was op ‘n Sondagmiddag daar – net betyds vir hulle buffet.  Dit het voorgereg, hoofgereg en nagereg ingesluit.  Die hoofgereg het bestaan uit twee soorte vleis, twee slaaie, ‘n stysel en twee groentes.   Vingerleklekker.  Teen R55 per kop kan ‘n mens dit amper oorweeg om op ‘n Sondag deur te ry. 

Buitekant is genoeg om enige woelwater gelukkig te hou.  Plaas sonder om stadsjapies te intimideer.  Daar loop kalkoene, hoender en twee vet honder rond.  Daar is selfs ‘n emu in ‘n kampie.  Orals is daar vreemde, interessante voorwerpe neergesit om die verbeelding te prikkel. 

Die beste van alles is dat die mense nie omgee as jy hulle plek net geniet nie.  Die geldmaak deel is maar ‘n bysaak, wat ironies genoeg ‘n mens lus maak om te koop.

Volgende keer as jy verby jaag, doen jou self ‘n guns en stop ‘n bietjie.  Jy sal nie spyt wees nie.





Lunch Week 19

12 11 2010

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Elkeen het ‘n wilde droom wat onwerklik is.  Ek wens ek kon vlieg, wel dit is nie asof ek my eie vlerke soek nie.  Op die vlerke van ‘n nagtegaal sal ook werk.  Kom saam, kom jaag karre en verdien so jou vlerkies.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. I want to wake up in a city, that never sleeps
    And find I’m a number one top of the list, king
    of the hill
  2. Oh what a night,
    You know I didn’t even know her name
    But I was never gonna be the same
    What a lady, what a night!
  3. Took the hand of a preacher man
    and we made love in the sun
    But I ran out of places and friendly faces
    Because I had to be free
  4. Her husband, he’s off to work and the kids are off to school,
    And there are, oh, so many ways for her to spend the day.
    She could clean the house for hours or rearrange the flowers
  5. Now there’s no point in placing the blame
    And you should know I suffer the same
    If I lose you
    My heart will be broken




Koerantbrokkies

12 11 2010

Kots waarskuwing:  Fikile Mbalula, nuwe minister van sport, wil wit rugby transformeer. Met Saterdag se wedstryd was daar 5 spelers van kleur op die veld gewees.  Mbalula wil met skole rugby begin omdat die kwotastelsel nie werk nie.  Hy wil glo sien dat wit skole teen townshipskole speel en ook LO terugbring skole toe.  Volgens Mbalula:  “Enige teenstander van transformasie is die vyand.”  Plaas vaardig hulle net ‘n wet uit dat wit mense nie aan SA sport mag deelneem nie en kry klaar.

Die man wat die Honda Civic bestuur het en die ongeluk met Baba Ruben veroorsaak het, het homself aan die polisie oorgegee.  Die 24 jarige man het nie eers ‘n bestuurslisensie nie.  Hy was glo geskok en het daarom van die toneel gevlug.  Hy het glo ‘n bus gevang en by ‘n vriend in die ooste van Pretoria gaan skuil.  Hy sal Maandag in die hof verskyn.

Dirk Prinsloo se appèl in Belo-Rusland is van die hand gewys. Daar is nog lande wat nie tyd het vir kaartmannetjies nie.  Hy sal sy vonnis van 13 jaar in  ’n strafkolonie in Belo-Rusland onder streng voorwaardes moet uitdien.  Die hof het ook gelas Prinsloo moet die koste van sy verhoor vergoed, ’n bedrag belasting aan die staat betaal en vergoeding van 5 miljoen roebel aan sy slagoffers betaal vir hul “morele en materiële skade” weens sy dade.

As iemand dalk omgee:  Koert en Dunay gaan nie voor hulle troue saam bly nie.  Hulle veroordeel glo nie mense wat dit wel doen nie, maar voel dat dit die regte ding is om te wag tot met die troue.

Verjaarsdae:  Prinses Grace; Benni McCarthy; Ryan Gosling en Anne Hathaway