Nell het nogal iets interessant kwyt geraak ten op sigte van mense wat soms soos narre op optree:
Ek wonder net soms hoe ver mense sal gaan om aandag te trek? Sulke uitbundigheid is regtig raar as inherente karakter eienskappe van mense.
Ek moet seker die skoen aantrek en erken dat ek nie die mees spontane mens ooit is nie. Skaam, terughouend met ‘n stok in die agterent is nogal ‘n raak beskrywing. Aan die anderkant is skuheid nie juis ‘n remskoen vir my nie. Ek kan my man net so goed so goed as iemand met ‘n sterk sosiale persoonlikheid staan. Daarby ken my familie en vriende my as iemand wat ‘n nar is, wat nie juis stuit vir enige iets nie.
Is dit my intense, onuitgesproke, dringende behoefte om aandag op myself te vestig? Ek beskou myself nie as iemand wat nie kan lewe as al die aandag nie op my gevestig is nie. Terselfde tyd intimideer aandag my glad nie. Ek hoef nie vir aandag te soek nie, mense neem na my mening meer as genoeg kennis van my sonder dat ek moeite hoef te doen. Tog trek my narstreke aandag op my. Hoekom doen ek dit?
Elke diertjie het ‘n plesiertjie en myne is om mense te ontleed. Die narstreke vermaak my en wie ookal in my geselskap is. Ek beskou dit as skoon, veilige pret wat niemand kwaad doen nie. Goed en wel, ek dring my dalk vir ‘n oomblik ongenooid in mense se aandag in, maar dit kos hulle niks. Hulle kan die oomblik saam geniet sonder dat dit hulle enigsins iets kos.
Maar kyk nou net hier . . . Hier EK, EK, EK; ek en Herriemerrie gaan mos nie oor EK nie. Daar is ‘n rede hoekom mense nie van aandagsoekers hou nie. Aandagsoekers kan met parasiete vergelyk word. Hulle het ‘n suier wat jou beet kry en jou van elke ons energie leegtap. Die suiers wat hulle gebruik is skrikwekkend.
Daar is diegene wat alewig met een of ander skeet loop. Jammer hulle skryf nie dagboeke vir mediese rillers nie, almal weet hulle praat snert, maar ‘n daar is mos nou ‘n reël dat ‘n mens nie sommer iemand in hulle gesig kan vertel hulle lieg nie. Daag hulle uit en alles word op die dokter se skouers gepak en ‘n dag later ly hulle aan ‘n ander toestand.
Patete is vir my ook sulke parasiete. Die geval van kry my net jammer want almal is teen my en vertrap my. Nuusflits. Jy laat toe dat iemand jou soos ‘n vloerlap behandel en jy hou seker ook nog daarvan. Anders het jy dit al lankal stopgesit. Daar is diegene wat so verskriklik arm is dat hulle nie eers kan bekostig “to pay attention” nie. Party mense is so ryk dat hulle heeldag moet loop en uitdeel sodat almal tog net moet kennis neem. Daar is goeie parasiete (soort nie beskrywing nie), die emosionele parasiete, die meule parasiete, die kok parasiete ens. Ek kan ure lank aangaan.
Hoe voel julle oor aandagsoekers? Is jy dalk self so ‘n parasiet? Watter parasiete laat jou die vlaktes in hol? Wat is die beste manier om die parasiete te behandel?
Breinvasbrand: Waarvoor staan die akroniem “DISC”?
Breinlosbrand: Cecily von Ziegesar
Wie runnik saam?